AGS Dinamika
AGS Dinamika Preke
Preke van AGS Dinamika
Author
AGS Dinamika
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Donkie 24.03.2024 26:25
Palm Sondag is die begin van Jesus se laaste week voor Sy kruisiging op Goeie Vrydag. Al die detail rondom die gebeure wys net weereens hoe God in beheer is van alles - ook van jou lewe!
Klippe kou 17.03.2024 23:28
Ons het al almal klippe gekou in die lewe. Klippe kan groei; wat as ‘n klein klippie in jou skoen begin, kan as ‘n rots in jou hart eindig. In plaas daarvan om klippe in jou hart te dra, kies liewer om te staan op die rots van die eeue. Ps. 95:1 sê: “Laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind”.
OUD...NUUT! 10.03.2024 27:37
Jesus het gekom met die NUUT... maar hou ons nie dalk teveel vas aan die OUD nie? Jesus die VOLHEID van God het alles namens ons gedoen sodat ons naby aan God kan wees.
Minder as wat jy dink... 03.03.2024 22:32
Ons kan so maklik dink ons lewens is lank. Die Bybel leer ons om ons dae te tel en te doen wat ons moet. Daar is minder dae oor as wat ons dink, kom ons los ons merk, kom ons raak mense se lewens aan met Sy liefde.
Woestyn Journey 25.02.2024 28:47
Dis in die Alleen in die Woestyn tye wat die Here ons ontmoet... Maar die ontmoeting is nie altyd soos ons verwag nie. God kom stoei met Jakob, en in die proses verander sy identiteit.
Die Dapper Doen 18.02.2024 24:41
Die lewe is nie altyd maklik nie. Daar kom moeilike tye en dan is dit nodig om DAPPER te wees. Dapper beteken om sterk gewortel en geanker te wees in God se Woord en dade. Moses stuur 12 verspieders om die beloofde land te gaan verken: 10 kyk na die mense en word bang, Josua en Kaleb bly dapper! Mag ons dapper wees in moeilike tye.
Hoe DOEN mens dit? 11.02.2024 20:39
Jy en ek het iets by die Here gekry om te DOEN. Die vraag is nie WAT jy gekry het nie maar HOE ek en jy dit doen is die belangrikste. Kom ons wees mense wat altyd ons beste DOEN.
Watter dag is dit? 04.02.2024 19:38
Waarop bou jy jou lewe? Ons het een van 2 keuse: Sand of Rots. Die belangrikste van alles is om te DOEN wat die Here van ons vra en aan Hom gehoorsaam te wees- dis wat intelligente mense doen.
Die MIDDELSTE DOEN 28.01.2024 25:34
Aan die begin van 'n nuwe projek of seisoen is mens opgewonde en gemotiveerd. Aan die einde tel jy die slapies en weet dis amper klaar en jy is gereed om sterk te eindig. Dit is maklik om moeg te word in die middel. Die MIDDELSTE DOEN is soms die moeilikste, ons sien dit in die lewens van Abraham en Josef. Hou aan om die regte ding te doen in die lang middelste tyd!
2024 Doen 21.01.2024 22:45
Wat is jou droom/wens/begeerte vir 2024? Miskien is dit nie so moeilik om te bereik nie. Die Here vra van ons om net te DOEN. Ons moet net ons beste te gee en Hom eer. Kom ons wees DOEN-mense in 2024.
In die begin 14.01.2024 27:09
In die begin het God Sy lewensasem in die mens geblaas. Dit is waar alles begin, by God. Ook in 2024 is HY die Alfa en Omega . Ons kan kies of ons God se plan wil volg en of ons wil torings bou, soos die mense van Babel. Kies in 2024 om alles wat jy aanpak en elke nuwe dag in God te begin!
Psalm 24 07.01.2024 27:59
Ons probeer soveel keer God se aanvaarding verdien... MAAR! Dis JESUS wat dit namens ons behaal het, en IN HOM sien God ons as Goed Genoeg om in Sy teenwoordigheid te staan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.