RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Wie is ek? 9 Januarie 2026 09.01.2026 22:08
Ons kyk na die verskil tussen angsaanvalle en paniekaanvalle, en na sielkunde van “selfies” en sosiale media-filters.
Wie is ek? 2 Januarie 2025 02.01.2026 21:08
Wat beteken dit om werklik te verander? Hoekom is selfdiagnose gevaarlik?
Wie is ek? 26 Desember 2025 26.12.2025 21:27
Help TikTok-terapie, of mislei dit? Kry jy paniekaanvalle in 'n groep?
Wie is ek? 19 Desember 2025 19.12.2025 22:01
Hoe hou jy op om te “oor-dink”? Hoe stel ek gesonde grense?
Wie is ek? 12 Desember 2025 12.12.2025 21:57
Hoe hanteer jy rou oor die feestyd? Hoe kalmeer jy jou liggaam vinnig, en hoekom is dit nodig?
Wie is ek? 5 Desember 2025 05.12.2025 22:05
Wat is emosionele intelligensie? Hoe werk gewoontes in ons brein?
Wie is ek? 28 November 2025 28.11.2025 22:13
Wat is uitbranding? Hoe werk anti-depressante?
Wie is ek? 21 November 2025 21.11.2025 22:22
Hoekom ontwikkel mense fobies? Hoekom lyk depressie by mans anders?
Wie is ek? 14 November 2025 14.11.2025 21:57
Daar word soveel negatiewiteit aan jalousie gekoppel, maar wat is die doel van hierdie emosie? Wat gebeur met ‘n persoon tydens ‘n dissosiatiewe episode?
Wie is ek? 7 November 2025 07.11.2025 18:27
Hoe werk groepsdruk op ons brein? Kan kwesbaarheid ’n krag wees?
Wie is ek? 31 Oktober 2025 31.10.2025 18:59
Hoe voel dit om “afgesny” van jouself te wees? Wat kan ouers doen wanneer hulle kinders in ‘n verhouding is, wat duidelik negatief vir hulle is?
Wie is ek? 24 Oktober 2025 24.10.2025 21:40
Waarom doen ons dinge wat ons eintlik nie wil nie? Wat is die verskil tussen “gaslighting” en emosionele mishandeling?
Wie is ek? 17 Oktober 2025 17.10.2025 21:41
Hoe kan ’n jy op ‘n psigiese vlak toets om te kyk of jy oukei is? Waarom is mans minder geneig om hulle emosies te wys?
Wie is ek? 10 Oktober 2025 10.10.2025 20:48
Hoe herken mens subtiele manupilasie? Kan ‘n persoon herstel van ‘n persoonlikheidsversteuring?
Wie is ek? 3 Oktober 2025 03.10.2025 19:44
Hoekom sukkel ons om vir hulp te vra? En, wat doen konstante “doomscrolling” aan jou brein?
Wie is ek? 26 September 2025 26.09.2025 21:17
Hoe hanteer jy frustrasie? Ons kyk na wat dit is, en die impak wat dit het.
Wie is ek? 19 September 2025 19.09.2025 21:23
Wraak-slaaptyduitstel verwys na die gewoonte om laat in die nag wakker te bly as 'n manier om beheer oor 'n mens se tyd te herwin, dikwels ten koste van broodnodige slaap. Hierdie gedrag is algemeen onder individue met besige skedules, angstige mense en ouers. Vind uit hoekom hierdie gedrag uiters ongesond kan wees.
Wie is ek? 12 September 2025 12.09.2025 21:37
Slaap is 'n belangrike aspek van ons lewe, en speel 'n deurslaggewende rol in ons fisiese en geestelike welstand. Navorsing beklemtoon die belangrikheid van slaap in die handhawing van goeie gesondheid, met studies wat wys dat ;n slaaptekort kan lei tot verswakte kognitiewe funksie, ‘n verhoogde risiko van chroniese siektes en geestesgesondheidsprobleme.
Wie is ek? 5 September 2025 05.09.2025 21:49
Wie moet jy gaan sien wanneer dinge nie meer reg voel nie?
Wie is ek? 29 Augustus 2025 29.08.2025 21:31
Indringersindroom is die gevoel 𝐨𝐦 𝐯𝐚𝐥𝐬 𝐭𝐞 𝐰𝐞𝐞𝐬, 𝐨𝐟 𝐨𝐧𝐯𝐞𝐫𝐝𝐢𝐞𝐧𝐝𝐞 𝐬𝐮𝐤𝐬𝐞𝐬 te hê, in weerwil van bewyse van bekwaamheid. Ons ondersoek hierdie sielkundige verskynsel waar individue twyfel aan hulle prestasies en soos indringers voel.
Wie is ek? 22 Augustus 2025 22.08.2025 21:31
Ons bespreek mede-afhanklikheid in verhoudings, waar een persoon 'n ander persoon se verslawing of ongesonde gedrag moontlik maak, of ondersteun. Daar is kundige insigte en praktiese raad om jou te help om mede-afhanklike patrone in jou eie verhoudings te herken en aan te pak.
Wie is ek? 15 Augustus 2025 15.08.2025 21:37
Ons kyk na die belangrikheid van vriendskappe in ons lewe, en beklemtoon die impak daarvan op geestelike en emosionele welstand. Daar is praktiese raad om jou te help om betekenisvolle vriendskappe te kweek en te koester. Vriendskappe bied emosionele ondersteuning, verminder stres en verhoog gevoelens van behoort en geluk.
Wie is ek? 8 Augustus 2025 08.08.2025 21:34
Lyfstraf is 'n onderwerp van voortdurende debat. Navorsing dui daarop dat dit nie net ondoeltreffend is om gedrag in volwassenes te verander nie, maar ook skadelik kan wees vir kinders. Oor die algemeen is die konsensus onder kenners dat lyfstraf nie 'n effektiewe of aanbevole metode van dissipline is nie. In plaas daarvan is positiewe dissiplinebenaderings, wat fokus op die onderrig en leiding va...
Wie is ek? 1 Augustus 2025 01.08.2025 21:23
Jou verhoudings werk nie uit nie. Jou vriendskappe hou nie lank nie. Mense is nie juis opgewonde om saam met jou te werk nie. Klink dit bekend? Wie se skuld is dit? Is jy nie goed genoeg nie? Is almal anders verkeerd? Hoe kan jy balans vind in hoe jy jouself sien, en hoe ander jou ervaar?
Wie is ek? 25 Julie 2025 25.07.2025 21:25
Munchausen-sindroom, ook bekend as feitelike versteuring wat op die self opgelê word, is 'n psigiese versteuring waar individue doelbewus simptome van siekte produseer of oordryf om aandag en simpatie te kry. Dit word nie gedoen vir eksterne gewin nie (soos finansiële voordele), maar eerder om 'n sielkundige behoefte te vervul. Munchausen per volmag is 'n geestesgesondheidstoestand waar jy voorgee...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS