RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Sterre en planete 12 Mei 2024 12.05.2024 28:40
Daar was onlangs ’n gebeurtenis op die son waar vier uitbarstings binne minute van mekaar ontspring het. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe dit gebeur dat sulke statisties onmoontlike kettingreaksies gelei het tot ’n nuwe nis-wetenskap. Ons gesels uitgebreid oor die vloot satelliete wat ons naaste ster, die Son, voortdurend bestudeer. In ons besoek aan die argiewe, luister ons hoe inbelprogramme dest...
Sterre en planete 5 Mei 2025 05.05.2024 27:22
Matie en Willie gesels uitgebreid met Jim Adams oor Boeing Starliner, wat as alles goed verloop, op Maandag 5 Mei vir die eerste keer ruimtevaarders na die Internasionale Ruimtestasie sal neem. Ons gesels ook oor ‘n video van die Juno-ruimtetuig van ‘n lawameer op die maan, Io. NASA het die groen lig gegee vir nóg ’n helikopter, dié keer op een van Saturnus se mane.
Sterre en planete 28 April 2024 28.04.2024 28:13
Ons sit ons reeks voort van klanke uit die Sterre en Planete-argief, maar dié keer met ’n effense kinkel. Na Lafras Smit ons op hoogte bring van wat ons in die naghemel kan sien, en waar om te soek vir komeet Pons-Brooks, bespreek ons hoekom dit so lank neem voor mense weer die maan sal kan besoek.
Sterre en planete 21 April 2024 21.04.2024 28:17
Ons sit ons reeks oor die geskiedenis van die Sterre en Planete voort. In die derde deel verneem ons die skoknuus van dr. Japie van Zyl se dood op 26 Augustus 2020, en luister na uittreksels uit ’n huldeblyk-program. Ons ontmoet ook vir Jim Adams, Lafras Smit en dr. Stefan Lotz. In hierdie week se Ruimteraai beantwoord ons die vraag: Wat is die hemelewenaar?
Sterre en planete 14 April 2024 14.04.2024 27:54
Ons wy die helfte van die program aan huldeblyke vir Hennie Maas, wat op 4 April 2024 oorlede is. In Deel 2 van die geskiedenis van Sterre en Planete, hoor ons weer die stemme van Kobus Olckers en dr. Japie van Zyl. Dr. Stefan Lotz van SANSA in Hermanus vertel van die “weer” op die son en in die ruimte. Hy beantwoord ook vandeesweek se Ruimteraai: Hoeveel aardes moet ons op mekaar stapel om by die...
Sterre en planete 7 April 2024 07.04.2024 26:33
Die span praat oor verduisterings. Ons hoor van verduisteringsjagter Paul Maley, wat die algehele sonverduistering van 8 April oor Amerika vanaf ’n passasierskip gaan waarneem. Matie onthou hoe vegvliegtuie die maan se skaduwee gejaag het om ’n algehele sonverduistering langer uit te rek. Jim Adams vertel hoe NASA ruimtetuie gebou het wat ’n permanente kunsmatige verduistering kan produseer. Het j...
Sterre en planete 31 Maart 2024 31.03.2024 25:29
Lafras Smit vertel waarna ons kan kyk in April se naghemel. Willie Koorts neem ons op reis deur die geskiedenis van Sterre en Planete - van ’n oorspronklike 5 minuut lange insetsel in Hennie Maas se Dondagaandskof 23 jaar gelede, tot waar dit ’n volwaardige program geword het. Luister weer hoe Louis Barendse se stem geklink het. Die span vertel ook met verwondering hoe Hennie dit vermag het om ’n...
Sterre en planete 24 Maart2024 24.03.2024 25:36
Het jy al gehoor van die Toppieshoek Sterrewag buite Pretoria? Dit huisves die teleskoop wat die beroemde ontdekking van die naaste ster aan die son gedoen het. Prof. Matie Hoffman vertel meer van hierdie geskiedkundige sterrewag met ‘n verbintenis met die oudste universiteitsterrewag in die wêreld, wat dateer uit 1633? Dit word gehuisves op ’n terrein waar menslike aktiwiteit terugdateer na 350 n...
Sterre en planete 17 Maart 2024 17.03.2024 24:59
Tydens die Voyager-vlugte is ‘n spesiale plaat saam met die satelliete gestuur, wat sekere elemente op die aarde aandui. Ruimtewetenskaplikes is besig met voorbereiding vir ‘n soortgelyke vlug na Europa, een van Jupiter se mane. Wetenskaplikes werk ook aan die ontwikelling van sonpanele wat ‘n duisend keer doeltreffender is as dié wat op aarde gebruik word. En, waarom sien mens net die een kant va...
Sterre en planete 10 Maart 2024 10.03.2024 28:44
Nagglanswolke is van die hoogste wat daar is. Willie Koorts vertel meer van hierdie interessante verskynsel. ‘n Kernreaktor wat dieselfde soort kernreaksie as die son gebruik, word tans ontwikkel. Die mikpunt is om in Provence, Frankryk, op nywerheidskaal uiteindelik kernenergie te ontwikkel. Die South African Large Telescope is, soos die naam aandui, die grootste teleskoop in Suid-Afrika. Die vra...
Sterre en planete 3 Maart 2024 03.03.2024 28:06
Ons vind meer uit oor die maansendings, Odyseus en Peregrine. Is dit moeiliker om op die maan te land as op Mars? Mars het ‘n baie dun atmosfeer, en die maan geen atmosfeer nie. NASA neig al hoe meer in die rigting om private maatskappye te gebruik om loonvrag te vervoer.
Sterre en planete 25 Februarie 2024 25.02.2024 28:19
Suid-Afrika se eerste satelliet, Sunsat, is 25 jaar gelede gelanseer. Ons praat met Sias Mostert wat betrokke was by die ontwikkeling van die satelliet. Watter planeet is die warmste, Venus of Mercurius?
Sterre en planete 18 Februarie 2024 18.02.2024 26:46
Willie Koorts kyk na die geskiedenis van die twee baanbreker Marsvoertuie, Spirit en Opportunity. Daar is nou vasgestel dat die Arktiese water meer koolsuurgas vrystel as normaalweg. Waarom gebeur dit? Wat is die implikasies? Die Diepruim-netwerk speel ‘n belangrike rol in kommunikasie met ruimtetuie. Die netwerk is geleë in die VSA, Australië en Spanje. Daar is ‘n belangrike verandering aangebrin...
Sterre en planete 11 Februarie 2024 11.02.2024 26:53
Die Melkweg en Andromeda is stadig besig om nader aan mekaar te beweeg. Wat sal gebeur wanneer hulle “bots”? Die son speel ‘n kardinale rol vir lewe op aarde. Stefan Lotz verduidelik waarom ons ster se korona warmer is as die son self.
Sterre en planete 4 Februarie 2024 04.02.2024 28:19
Japie van Zyl se helikopter op Mars, het sy laaste vlug onderneem. Japie het destyds in Sterre en Planete gesê dat hy ‘n span het wat die helikopter daar geplaas het, maar ons weet dat dit eintlik sy projek was. Ons praat oor die laaste vlug, en hoe die werkverrigting van die tuig alle verwagtings oortref het. Daar is planne om teleskope op die maan te bou. Dit sal aan die wegkant van die maan opg...
Sterre en planete 28 Januarie 2024 28.01.2024 28:17
Die Melkweg is deel van ‘n plaaslike groep, wat weer deel van ‘n tros sterrestelsels is. Matie Hoffman praat oor ‘n besondere sirkelvormige groep stelsels. Japan se ruimte-agentskap, Jaxa, het onlags ‘n tuig na die maan gestuur. Dit het ongelukkig op sy sy beland. Dit beteken dat die sonpanele nie behoorlik kan funksioneer nie.
Sterre en Planete 21 Januarie 2024 21.01.2024 27:55
Zandré Duvenhage werk vir ‘n organisasie wat in Nijmegen, Nederland gevestig is. Die organisasie, die Radbout Universiteit, is baie aktief in Namibië waar Zandré gesetel is. Hulle beoog om die Afrika Millimeter radio teleskoop by Gamsberg op te rig.
Sterre en Planete 14 Januarie 2024 14.01.2024 26:37
‘n Vuurpyl wat deur die United Launch Alliance gelanseer is na die maan toe kon nie sy sending voltooi nie. Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het. Hy praat ook oor ‘n miniatuur aandrywingstelsel vir ‘n mikrosatelliet.
Sterre en planete 7 Januarie 2024 07.01.2024 27:47
Een van die die belangrikste ruimtesendings wat vanjaar beplan word is die lansering van die Artemis vuurpyl wat uiteindelik weer mense op die maan gaan plaas. Dit word bespreek in Sondagaand se Sterre en Planete. Die deelnemers is Jim Adams van die VSA en Matie Hoffman.
Sterre en planete 31 Desember 2023 31.12.2023 25:32
Toe die Voyager tuie in die sewentiger jare gelanseer is, is ‘n goue plaat saamgestuur. In Sterre en Planete vanaand gesels die span of dié plaat nog enige nuut het in die digitale eeu. Die Voyagers is tans die tuie wat die verste van die son af is. Oudergewoonte is Lafras Smit ook op sy pos om meer te vertel wat in Januarie in die lugruim te sien gaan wees. Die spanlede van Sterre en Planete is...
Sterre en planete 24 Desember 2023 24.12.2023 27:10
Hoe voel dit om aand vir aand na die hemel te tuur op soek na klein sterretjies? Dit is wat Magda Streicher van Polokwane doen. Sy is een van die gaste vanaand in Sterre en Planete en sy praat oor haar projek om die sg Kaapse wolkies – die Groot en Klein Magelaanse wolke, in diepte te bestudeeer.
Sterre en planete 17 Desember 2023 17.12.2023 27:31
Nasa word dikwels besptempel as ‘n organisasie wat net met ruimtesake te doen het. Een van Sterre en Planete se luisteraars, Johan le Roux, het onlangs opgemerk dat twee vliegtuie van Nasa besig was om opmetings oor die Kaap te doen. Willie Koorts verduidelik Sondagaand in Sterre en Planete wat die doel van die projek was.
Sterre en planete 10 Desember 2023 10.12.2023 23:56
Stefan Lotz van die Suid-Afrikaanse ruimte agentskap is elke tweede Sondag van die maand ‘n gas op Sterre en Planete. Hy praat Sondagaand oor ‘n baie aktiewe son. Aurora’s kom nie net op aarde voor nie maar ook by ander planete sê Stefan.
Sterre en planete 3 Desember 2023 03.12.2023 24:40
Jim Adams van die VSA en vorige tegniese hoof van Nasa is Sondagaand die gas in Sterre en Planete. Hy gesels oor ‘n interessante samewerkingsprojek wat binnekort tussen Suid-Afrika en die VSA van stapel gestuur word.
Sterre en planete 26 November 2023 26.11.2023 28:00
A rapid unscheduled disassembly. Dis wat die Amerikaners sê toe die Starship-vuurpyl onlangs ontplof het. Willie Koorts gee ‘n uiteensetting van wat gebeur het. Die tradisionele metode om ruimtetuie aan te dryf is deur middel van vuurpyle. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n groep ruimte wetenskaplikes ‘n motor ontwikkel het, wat aangedryf word deur plasma.
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS