RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Sterre en Planete 27 April 2025 27.04.2025 27:46
Het jy geweet daar is spanning in kosmologie, omdat twee verskillende metodes ’n effens verskillende ouderdom en grootte vir die heelal gee? Nadat Lafras Smit ons ingelig het oor die hoogtepunte van die Mei naghemel, beantwoord prof. Matie Hoffman twee luisteraarsvrae oor die oerknal.
Sterre en Planete 20 April 2025 20.04.2025 27:26
Dr. Yolandi Schoeman is die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger vir die Spaceward Bound India 2025-ekspedisie wat eersdaags vertrek na die hoogste bewoonde plek op aarde, waar hulle navorsing gaan doen oor hoe mense moontlik op Mars sal kan oorleef. Daarna sal hulle terugkeer na Suid-Afrika om hier Mars-analoog terreine te identifiseer en te bestudeer.
Sterre en planete 13 April 2025 13.04.2025 27:38
Dr. Stefan Lotz het die ruimteweervoorspelling. Hoekom kan ’n gravitasiekolk lig, wat nie massa het nie, beïnvloed? Ons gee ’n veilige manier om sonvlekke te kan sien, wat jy vir jouself kan maak. Ons hoor meer van ’n onlangse ontdekking van ’n 80 tot 100 jaar siklus van sonvlekaktiwiteit, bo en behalwe die bekende 11-jaar siklus. Ons sluit af met ’n opdatering oor die sogenaamde “gestrande” ruimt...
Sterre en planete 6 April 2025 06.04.2025 26:55
Ons gesels met die organiseerders van die Groot Vegkop Sterpartytjie wat binnekort in die Noord-Vrystaat plaasvind, waar dit amper net so donker is as in Sutherland. Jim Adams en prof. Matie Hoffman doen nabetragting van die pas afgelope Space Tour 2025.
Sterre en planete 30 Maart 2025 30.03.2025 27:32
Nadat Lafras Smit ons vertel het van die hoogtepunte wat die April-nagte vir ons inhou, beantwoord ons ’n opvolgvraag oor wentelbane; ons kyk hoe Saturnus skielik 128 nuwe mane bygekry het; en gesels oor ’n onlangse sonsverduistering, gesien vanaf die maan, deur die Blue Ghost-maantuig.
Sterre en planete 23 Maart 2025 23.03.2025 27:23
Ná die gewildheid waarmee ons eerste musiekprogram in Desember 2024 ontvang is, het ons dit goedgedink om weer ’n program bestaande uit musieksnitte met ’n sterrekundige agtergrond saam te stel.
Sterre en planete 16 Maart 2025 16.03.2025 26:54
Ons verrassingsgas praat oor sterrekunde-uitreike - allerhande maniere en geleenthede om sterrekunde na die publiek te bring. Van “sypaadjie sterrekunde” tot aande wat mense regoor die wêreld vir die publiek die maan deur hulle teleskope laat kyk.
Sterre en planete 9 Maart 2025 09.03.2025 26:29
Stefan Lotz van SANSA op Hermanus bring ons op hoogte van die jongste ruimteweer. Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor ’n onlangse Meerkat-ontdekking, en ’n soortgelyke merkwaardige ontdekking deur radioteleskope in Europa. Die span bespreek ‘n tegniek waar sonseil-satelliete ingespan kan word as vroeë waarskuwing wanneer gevaarlike ruimteweer die aarde mag bedreig.
Sterre en planete 2 Maart 2025 02.03.2025 27:13
Die groot nuus, veral op sosiale media, is Asteroïede 2024 YR4, omdat dit moontlik oor sowat sewe jaar met die aarde kan bots. En, ons het ’n luisteraarsvraag ontvang oor satelliete.
Sterre en planete 23 Februarie 2025 23.02.2025 27:39
Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel van al die aksie in Maart se naghemel. Ons verduidelik hoekom Saturnus se ringe elke 15 jaar “verdwyn”, soos nou weer, en gesels uitgebreid oor al die interessanthede van Pluto, wat vandeesmaand 95 jaar gelede ontdek is. ’n Luisteraar vra of noord, suid, oos en wes dieselfde werk op aarde, die sonnestelsel asook die Melkweg.
Sterre en planete 16 Februarie 2025 16.02.2025 27:36
Johan Smit vertel van sterrekunde-uitreike, en hoe om te werk te gaan om sterrekunde as ’n stokperdjie te ontwikkel. Hy verduidelik ook stap-vir stap hoe om jou eie teleskoopspieël te slyp, en ’n teleskoop daarmee te bou.
Sterre en planete 9 Februarie 2025 09.02.2025 27:59
Dr. Nic Erasmus verduidelik of daar regtig ’n kans is dat ’n asteroïede die aarde oor sewe jaar kan tref, en hoe dit gebeur het dat Elon Musk se Tesla verwar kon word met ’n asteroïede.
Sterre en planete 2 Februarie 2025 02.02.2025 27:31
Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor twee onlangse toetslanserings van Blue Origin se massiewe New Glenn-vuurpyl, en SpaceX se 7de Starship, wat albei gemengde sukses gehad het. Ons bespreek ook Launch Abort Systems vir beide bemande en onbemande sendings. Jim vertel hoe ’n vissersboot amper ’n multimiljoen dollar ruimtesending in die wiele gery het.
Sterre en planete 26 Januarie 2025 26.01.2025 28:04
Ons hoor by Lafras Smit wat ons in Februarie se naghemel kan sien. Met al die opwinding oor die sogenaamde oplyning van die planete, sowel as ‘n lekker helder blote-oog komeet, kan ons nie anders as om breedvoerig hieroor te gesels nie. Ons kyk ook na die GAIA-satellite se sending wat verlede week tot ‘n einde gekom het. In Ruimteraai vra ons: Lyk die maan anders soos gesien uit Suid-Afrika teeno...
Sterre en planete 19 Januarie 2025 19.01.2025 28:03
Ons verrassingsgas, Edward Foster, is ’n afgetrede lektor in biochemie, ’n kranige amateursterrekundige en is baie betrokke by sterrekundeuitreike na byna enige denkbare sfeer van die samelewing, selfs siggestremde persone. En dan is daar Snorre, die kat, wat oral saamry na SALT, die SKA, en op die tafel sit terwyl sy baas aanbiedings doen vir skoolgroepe! Ons hoor ook van die oorsprong van pragti...
Sterre en planete 12 Januarie 2025 12.01.2025 28:11
Hoe werk lig? Skyn ldit in alle rigtings? Is ligspoed konstant, ongeag hoe helder die lig is? Hoe ver trek ’n ligstraal? En dan ’n hoërgraad vraag oor Bell se tweeling-partikels: Hoe gebeur dit dat, wat met die een partikel gebeur, gebeur op dieselfde oomblik met die ander tweeling, al sou hulle op verskillende plekke in die heelal voorkom?
Sterre en planete 5 Januarie 2025 05.01.2025 26:21
Jim Adams en prof. Matie Hoffman bespreek van die opwindende ruimtesendings wat voorlê in 2025. Ons kyk ook na die belangrike rol wat Suid-Afrika in die verlede gespeel het met lanserings en die Apollosendings.
Sterre en planete 29 Desember 2024 29.12.2024 27:59
Ons neem die hoogtepunte van die afgelope jaar in oënskou. Daar was ook heelparty laagtepunte en selfs mislukkings, veral met ruimtesendings, wat ons ook sal herroep. Maar 2025 se naghemel hou ook ’n klompie interessanthede vir ons in waarna ons kan uitsien.
Sterre en planete 22 Desember 2024 22.12.2024 26:36
Ons luister na musiek wat spesiaal gekomponeer is vir ruimtesendings, deur iemand wat beskryf word as een van die mees kreatiewe en produktiewe komponiste van die 20ste eeu.
Sterre en planete 15 Desember 2024 15.12.2024 27:33
Ons verrassingsgas, Wim Filmalter, dra baie hoede, onder andere dié van astrofotograaf, amateurteleskoopmaker, teleskooprestoureerder, en ’n Dark Sky Advocate - iemand wat bewusmaking doen vir ’n donker naghemel.
Sterre en planete 8 Desember 2024 08.12.2024 28:01
Dr. Stefan Lotz en prof. Matie Hoffman beantwoord ’n klompie interessante vrae wat ons gekry van ’n luisteraar oor verskeie uiteenlopende aspekte van die son.
Sterre en planete 1 Desember 2024 01.12.2024 27:33
Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur by NASA se hoofkantoor, praat oor nuwe inligting wat daarop dui dat die Aarde baie meer uniek is as wat oorspronklik gedink is. In Ruimteraai vra ons hoe ruimtevaarders hulleself weeg in die ruimte.
Sterre en planete 24 November 2024 24.11.2024 27:23
Professor Matie Hoffman praat oor ’n vals video wat weer die rondte doen. Daar is luisteraarsvrae oor die kolonialisering van Mars, en hoe ’n windpomp op daardie planeet sal werk. In Ruimteraai vra ons wat 'n skrikkelsekonde is. En Lafras Smit vertel waarna ons kan uitsien in Desember se naghemel.
Sterre en planete 17 November 2024 17.11.2024 27:34
Ons verrassingsgas, Carol Botha, praat oor Sputnik, ligbesoedeling, dorpe sonder straatligte, sterrepartytjies, en 'n ou tannie uit Suid-Afrika, die wêreld uitgestof het met die gebruik van aanlynteleskope.
Sterre en planete 10 November 2024 10.11.2024 26:54
Dr. Stefan Lotz van SANSA en prof. Matie Hoffman beantwoord uiteenlopende luisteraarsvrae, wat strek van hoe wetenskaplikes die waarheid ontdek, tot aardverwarming, en of sonuitbarstings ons weerpatrone veroorsaak. ’n Filmmaker beweer hy het nuwe inligting oor ’n radiosein wat vyf jaar gelede ontvang is, afkomstig van moontlike buiteruimtelike lewe.
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS