RSG

Sterre en Planete

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Science

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

11 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Sterre en planete 27 Junie 2021 27.06.2021

Wat is ‘n spookson? Daar is inligting oor hoe mens te werk moet gaan om diepruimastrofotografie te beoefen.  Lafras Smit is op sy pos om oor Julie se sterrehemel te gesels. Soos alle rekenaars, gee een van die Hubble-ruimteteleskoop se rekenaars nou probleme. Wat doen mens in so ‘n geval?

Sterre en planete 20 Junie 2021 20.06.2021

In die toekoms kan laserlig in plaas van radiogolwe moontlik gebruik word om tussen ruimtetuie en die aarde te kommunikeer. Waaruit bestaan ‘n asteroïede?

Sterre en planete 13 Junie 2021 13.06.2021

'n Luisteraar het gevra of sonuitbarstings iets soos ‘n pasaangeër kan beinvloed.  Kobus Olckers beantwoord dié vraag. Daar is wenke oor hoe en wanneer om die maan af te neem. Wat beteken dit as sterrekundiges van magnitude praat?

Sterre en planete 6 Junie 2021 06.06.2021

Sterre en Planete se Nasa-spanlid, Jim Adams, praat oor die prioritisering van ruimtesendings. Vrae wat gevra word, is wie besluit watter sending moet onderneem word; wat van duplisering in ruimtesendings; hoe word sendings befonds; en wat is Nasa se rol in die VSA se ruimtesendings?

Sterre en planete 30 Mei 2021 30.05.2021

In Sterre en Planete word daar dikwels gepraat van sterrekundiges, kosmoloë en planetêre wetenskaplikes.  Wat is die verskil? ‘n Vraag oor die transmissiesnelheid van seine tussen radioteleskoopskottels word ook beantwoord. En daar word gepraat oor Clyde Foster se sterrewag na aanleiding van ‘n besoek daar.

Sterre en planete 23 Mei 2021 23.05.2021

Die Clyde’s spot op Jupiter is besig om te verander.  Sterre en Planete het in 2020 met Clyde Foster van Centurion gepraat oor die kol op Jupiter wat hy waargeneem het.  Die verskynsel is toe na om vernoem.  Die Juno-ruimtetuig wat in die omgewing van Jupiter wentel, het onlangs foto’s van die kol geneem, en dit blyk  dat die kol besig is om te omvorm. Clyde vertel wat besig is om te gebeur. Daar...

Sterre en planete 16 Mei 2021 16.05.2021

Wat is die kans dat intelligente lewe op eksoplanete gevind kan word?  Dit is een van die vrae wat ‘n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gevra het. Willie Koorts gesels ook oor die Sjinese Longmarch vuurpyl wat naby die Maldives in die see gestort het.  En die span praat oor die klank van die rotors van Ingenuity op Mars.

Sterre en planete 9 Mei 2021 09.05.2021

Wat word van  frekwensies wat die ruimte ingestuur word? Daar is ook inligting oor die internasionale Space Ops-konferensie wat die afgelope week virtueel deur SANSA aangebied is. ‘n Vraag oor wat die kolle op die maan is, word ook beantwoord.

Sterre en planete 2 Mei 2021 02.05.2021

Titaan is die grootste maan wat om Saturnus wentel.  Nasa beplan om ‘n sending na dié vreemde hemelliggaam te stuur.  Die Dragonfly-sending sal in die 2030's in die rigting van Saturnus gelanseer gelanseer word.  Wat die sending nog meer interessant maak is dat ‘n super-Ingenuity met die naam, Dragonfly, die digte atmosfeer en opppervlak van Titaan sal ondersoek.  Die Dragonfly sal vier dubbelroto...

Sterre en planete 25 April 2021 25.04.2021

Die ruimtewetenskap het nog ‘n treetjie vorentoe geneem toe die Marshelikopter sy eerste vlug op die rooi planeet suksesvol onderneem het. Jim Adams  praat oor die sending en wat dit vir die toekoms beteken. Daar is allerhande vrae wat by mens opkom, soos wat het geword van die Marsstof wat sou opwaai as Ingenuity sou opstyg? Watter paadjie moes die sein loop van die helikopter af om by JPL in die...

Sterre en plante 18 April 2021 18.04.2021

Dit is vanjaar 60 jaar gelede dat die eerste mens die ruimte ingeskiet is. Die span praat oor die vlug van Juri Gagarin. Daar is ook inligting oor jy weet of jy ‘n meteor of ‘n satelliet gesien het. Die span praat ook oor die gravitasielenstegniek waardeur baie veraf voorwerpe as’t ware vergroot word.

Sterre en planete 11 April 2021 11.04.2021

Hoe word die aktiwiteit van die son gemeet? ‘n Luisteraar het ook gevra of die voorspellings waar was wat gelui het dat die son se lae akiwiteit ongewone koue gaan beteken. Daar word gepraat oor die Internasionale Donker lug-week en wat dit beteken.

Sterre en planete 4 April 2021 04.04.2021

Baie mense vra wat die nut daarvan is om ruimteverkenning te doen? Jim Adams uit die VSA verduidelik watter tegnologie, wat in die ruimte ontwikkel is, byna daagliks deur almal gebruik word. Die lense wat deesdae in die kameras van selfone gebruik word, is een van die voorbeelde.

Sterre en planete 28 Maart 2021 28.03.2021

Ruimtewetenskaplikes van NASA en JPL het verlede week ‘n nuuskonferensie gehou oor die planne met die Marshelikopter, Ingenuity. Daar is ook ‘n belangrike aankondiging gemaak oor dr. Japie van Zyl se rol tydens die projek. Lafras Smit vertel wat in April in die ruimte te sien is. En daar is ‘n vraag of die aarde aan sy een kant meer hitte verloor as die anderkant.

Sterre en planete 21 Maart 2021 21.03.2021

Watter soort teleskoop het Galileo Galilei gebruik om die hemelruim te verken? Die span gesels oor die verskil tussen refraksie- en refleksieteleskope. Is daar so iets soos ‘n sterrestelsel wat net radiogolwe uitstraal?

Sterre en planete 14 Maart 2021 14.03.2021

‘n Luisteraar wil weet of die swaartekrag van die son en die maan voorwerpe op aarde kan laat “groei”.  Kobus Olckers beantwoord ook ‘n vraag oor die Milankowietsj-verskynsel.  En daar is ‘n vraag of die vlaggies wat deur die Amerikaners op die maan geplant is, nog staan.

Sterre en planete 7 Maart 2021 07.03.2021

Die hele program word gewy aan een van die opspraakwekkendste dele van die Perserverance-sending, Ingenuity – die Marshelikopter.  Toe dr. Japie van Zyl nog by JPL was, was hy een van die dryfvere om die helikopter deel van die sending te maak.  Jim Adams vertel hoe die helikopter werk en hoe groot die span is wat aan die klein tuigie van sowat 10 kubieke sentimeter gewerk het.

Sterre en planete 28 Februarie 2021 28.02.2021

Die mensdom is gaande oor die kwaliteit van die videobeelde wat ontvang is nadat die nuutste aankomeling op Mars, Perseverance, se beeldsending vrygestel is. Lafras Smit, ons sterrespeurder, vertel wat daar in Maart te sien  sal wees, onder andere ‘n konjunksie. En wat word op die Internasionale Ruimtestasie gedoen as iemand sou sterf?

Sterre en planete 21 Februarie 2021 21.02.2021

Met die Marstuig, Perseverance, wat sy pote op Mars neergesit het, is alle sintuie by Nasa en JPL nou daarop gespits om vas te stel of alles funksioneer. Een van die interessanste projekte is die Ingenuity Marshelikopter. Een van dr. Japie van Zyl se spanlede, Mimi Aung, wat die bestuurder van die Ingenuity projek is, vertel watter rol Japie gespeel het om die projek op sy bene te kry. Ons gesels...

Sterre en planete 14 Februarie 2021 14.02.2021

Die rooi planeet, Mars, is deesdae baie in die nuus.  In verlede week se program het Jim Adams uitvoerig gepraat oor Perseverance wat eersdaags op Mars land. Perseverance is egter nie al tuig wat sy opwagting in by Mars sal maak nie.  Daar is tuie van die Verenigde Arabiese Emirate en China wat projekte op Mars gaan onderneem. Daar is ook ‘n antwoord op ‘n luisteraarsvraag oor wat van die triljoen...

Sterre en planete 7 Februarie 2021 07.02.2021

Ruimtewetenskaplikes sit vandeesmaand op die punte van hulle stoele, want die VSA se jongste Marstuig, Perseverance, sal op die 18de op die rooi planeet land. Jim Adams van Maryland in die VSA praat oor die ingewikkeldhede van die beoogde landing. Hy vertel ook van die eksperimente wat Perseverance sal doen.  Die ander deelnemers is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.

Sterre en planete 31 Januarie 2021 31.01.2021

Die Diepruim-netwerk het pas ‘n nuwe antenna bygekry. Die span verduidelik wat die netwerk is en waar nie nuwe antenna is. Wanneer jy na die sterrehemel kyk, moet jy besef dat die lig van ‘n ster af kom wat moontlik nie meer bestaan nie.  Dit neem lig miljoene jare om teen 360,000 km per sekonde deur die ruimte te trek.  As dit so lank neem, kan dit beteken dat die die oorsprong van die lig, ‘n st...

Sterre en planete 24 Januarie 2021 24.01.2021

SpaceX het ‘n paar dae gelede weer ‘n klomp Starlink-satelliete die ruimte in geskiet. Sterrekundiges raak bekommerd oor die uitwerking wat die satelliete op sterrekundige waarnemings sal hê. Hoor wat Elon Musk te sê het oor hierdie projek van hom. Een van Sterre en Planete se luisteraars wil weet wat die verskil tussen kosmos en ruimte is, en die span praat oor Insight op Mars en die “mol” wat on...

Sterre en planete 17 Januarie 2021 17.01.2021

Is die ruimte heeltemal donker? Die span praat ook die uitdying van die heelal, en waarop die beginsel gebasseer is. Het jy al van ‘n skrikkelsekonde gehoor?  Skrikkeljare is algemeen bekend, maar ‘n skrikkelsekonde? Een van die bekende bgerippe in die ruimtewetenskap is die mikrogolf-agtergrondgeraas, maar daar is nou vasgestel dat daar ook so iets soos ‘n agtergrondgebrom is.

Sterre en planete 10 Januarie 2021 10.01.2021

Lafas Smit vertel waarna om in die sterrehemel in Januarie te kyk. Daar is inligting oor die rotasie van die son, en waar die son se noord- en suidpole geleë is. Willie Koorts gee ‘n uiteesetting van die atmosfere wat op planete bestaan, en wat bepaal of daar ‘n atmosfeer is of nie.  Die aarde se susterplaneet het byvoorbeeld ‘n redelike stewige atmosfeer.

Słuchaj podcastu Sterre en Planete w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS