RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 19 26.03.2026 20:16
Jaffie wonder waarom Oom Vaaltyn die naam, Jerusalem, telkens fluister wanneer hy na dié antieke stad verwys. Oeroom Gerson deel ’n wyse woord met ’n groep van die ou-esels op die oop plein voor die tempel in Jerusalem.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 18 25.03.2026 19:08
Oeroom Gerson se wyse beginsel, baie praat, bietjie dink, slaan Jaffie dronk. Oom Vaaltyn probeer Jaffie oortuig dat selfs die regte Ribbok moontlik ’n sagte, liefhebbende eseldier mag wees, en nie ’n afskuwelike eseldierasie nie. Die Rabbi van Nasaret spreek die ou seuntjie van Josef en Maria aan soos geen ander ou seuntjie nog ooit aangespreek was of sal wees nie.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 17 24.03.2026 18:03
Jaffie hoor van ’n groot kerk met ’n ronde dak soos ’n tamaai groot bergskilpad se dop. Oom Vaaltyn moet verduidelik hoe Oeroom Vaaltyn kon weet dat Maria ’n kramp in haar hart gekry het. Vaaltyn onthou waarom hy die naam, Nasaret nie moes vergeet nie. Oeroom Gerson gee insae in sy leerskool saam met die ou seuntjie van Josef en Maria.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 16 23.03.2026 18:16
Josef, Maria en die ou kindjie pak ’n lewensgevaarlike tog aan. Jaffie se vroeëre begeerte om eendag deur ’n woestyn te loop, word onverwags in die kiem gesmoor. Vaaltyn vertel van die Asem van die Dood.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 15 20.03.2026 17:40
Jaffie hoor van Oeroom Vaaltyn se buitengewone geboorte. Twee swarthaar-esels loop hulle rieme liederlik styf teen ’n vaalhaar-eselsvul. Klein Vaaltyntjie word deur ’n onbekende mensdier van sy geliefde Mama Bekka weggeneem.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 14 19.03.2026 17:51
Oeroom Hakon voer ’n heldhaftige stryd teen tyd en gevare om sy roeping te vervul. Jaffie hoor hoe wonderbaarlik die liefde gesorg het vir Oeroom Hakon, Josef en Maria in die dorre woestyn. Oeroom Hakon kry ’n baie spesiale boodskap, en Jaffie kan nie glo wat sy oë sien nie.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 13 18.03.2026 18:10
Vaaltyn vertel Jaffie wat Oeroom Hakon gedoen het om te verhinder dat Herodes se bose plan slaag. Oeroom Gerson gee ’n les oor die liefde, en Jaffie hoor waarom dit nooit raadsaam is om terug te verlang as jy moet vorentoe gaan nie.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 12 17.03.2026 17:24
Jaffie hoor van die Nag toe die Dood op die Wind gery het. Oeroom Hakon maak ’n belangrike toespraak. Jaffie hoor van die bose plan van die wrede Koning Herodes, en waar kraaie hulle stemme vandaan gekry het.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 11 16.03.2026 17:28
Oom Vaaltyn loop sy rieme styf. Jaffie leer van Oeroom Hakon se heldedade en van die oorlog waarin hy die vaalhaar-esels aangevoer het. Oom Vaaltyn se verlange na oorlee Nig Mamra raak vir hom te veel.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 10 13.03.2026 16:45
Vaaltyn en Jaffie loop hulle rieme styf in die fyntuin. Jaffie hoor hoekom die son bloedrooi sak en wat dit beteken as die tarentale teen sononder skree. Jaffie leer ’n les wat hy nie lig sal vergeet nie.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 9 12.03.2026 17:00
Bekka en Mofta kom tot ’n verrykende besef wat hulle nageslagte vir ewig sal beïnvloed. Jaffie verstaan nie waarom die wêreld ná daardie besondere nag in Bethlehem nooit weer dieselfde sou wees nie. Jaffie doen iets wat hy gesweer het hy nooit sou doen nie.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 8 11.03.2026 17:20
Meer verstommende inligting oor ’n besondere nag in die stal van Bethlehem kom vir Jaffie aan die lig. Vaaltyn vertel Jaffie van die teken van die Groot Swaar wat alle skaapdiere op hulle koppe dra in die vorm van gedraaide haartjies wat die mensdiere kroontjies noem. Jaffie is geskok om te hoor wat Koos Kaller aan skaapdiere doen en wil weet of dit met die ou kindjie wat in die stal gebore is, oo...
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 7 10.03.2026 16:59
Bekka, die vaalhaar-esels se stammoeder, en Mofta, die koeidiere se stammoeder, bevind hulle in ’n stal in Bethlehem. Bekka is vroeër die aand aangegryp deur die groot hoeveelheid eseldiere, koeidiere, osdiere en kameeldiere wat sy so vreedsaam bymekaar sien lê het op die markplein waarna sy ’n voorgevoel gekry het, want sy het haar ongebore Vaaltyntjie in haar voel opspring. Mofta beaam dat daar...
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 6 09.03.2026 17:26
Vaaltyn is geskok oor Jaffie se onkunde oor die vaalhaar-esels se geskiedenisse en roemryke voorgeslagte. Dat hy selfs dúrf vra of Oergrootjie Bekka – ’n stammoeder – ’n koeidier was! Vaaltyn benadruk hoe jaloers die twee onstigtelike koeidiere, Vlermuis en Witlies, sal wees as hulle moet uitvind van watter adellike afkoms die fatsoenlike Moffie is! Jaffie hoor vir die eerste keer van die mensdier...
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 5 06.03.2026 17:17
Jaffie gedra hom baie sleg in die koeikraal en haal homself die gramskap van Oom Vaaltyn op die hals. Jaffie hoor vir die eerste keer dat Tant Moffie, al is sy ’n koeidier, sy oorlee Mama Mamra se beste vriendin op Uitkyk was. Vaaltyn vertel Jaffie iets van Moffie wat hom verby sy stuitjie laat gril! Hy leer ook van die herkoms van muildiere en botterkoppe – en kry die ernstige vermaning van Oom V...
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 4 05.03.2026 17:44
Jaffie moet erken dat hy die storie van Weltevrede en die nimmereindigende botterblomvelde nie kan glo nie, wat Vaaltyn ontstel. Vaaltyn wens hy kon na Weltevrede gaan waar Mamra op hom sou wag. Jaffie wil weet waar die Bokveld is, en hy hoor vir die eerste keer van die binneste en die buitenste esel. Hy maak ook vir die eerste keer kennis met die wysheid van Oeroom Gerson.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 3 04.03.2026 17:27
Vaaltyn en Jaffie onthou ’n dag wat hulle nooit sal kan vergeet nie. ’n Dag wat vir die res van sy lewe by Vaaltyn sal spook. Vaaltyn onthou ’n gesprek met Ribbok en sy vaalhaar-eselbloed raak sommer weer opnuut aan die kook! Jaffie ontvang ontstellende nuus van Vaaltyn waarmee hy nog lank sal worstel.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 2 03.03.2026 17:11
Vaaltyn skraap moed bymekaar om met Jaffie te praat oor sy oorlee Mama Mamra. Hy onthou ’n gesprek met Mamra waartydens sy haar spyt uitgespreek het oor ’n vreeslike ervaring wat sy moes deurmaak. Tóg het sy daardie dag ’n belangrike vraag aan Vaaltyn gestel, wat sy hart baie bly gemaak het.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 1 02.03.2026 16:22
Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Oom Vaaltyn is omgekrap omdat Jaffie by hom melk soek. Sy gedagtes dwaal na gelukkiger dae toe hy met sy geliefde Mamra kon praat oor Jaffie wat gespeen moet raak...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 40 (slot) 27.02.2026 16:48
Cor konfronteer sy pa, en verwyte en beskuldigings word afgevuur. Dan gee Cor die doodskoot – hy het Piet se ou selfoon in die hande gekry. Piet het geen ander keuse as om in te gee aan Cor se vereiste nie. Cor skakel ‘n ou vriend, en Maureen gee aan Cor die kinderboekie met sy gunsteling storie wat sy vir hom as klein seuntjie gelees het. Dan val daar ‘n foto agter uit die boekie... Wie is Cornel...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 39 26.02.2026 14:22
Cor en Anika geniet ‘n romantiese ete by ‘n eksklusiewe restaurant. Cor druk vir Anika in ’n hoek, en haar en Piet se skelm verhouding word ontbloot. Cor vind uit dat hierdie nie die eerste keer is nie en dat sy pa bekend daarvoor is om skelm verhoudings te hê. Janine is opgewonde oor Stefan se besluit om hulp te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur... Stefan het nooit by die sentrum aangemeld ni...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 38 25.02.2026 14:32
Cor besluit om vir ‘n laaste keer sy pa te oorreed om die aanstelling van die nuwe bestuurshoof te heroorweeg. Cor vind ‘n ou foto van hom in Maureen se handsak. Maureen gee aan Cor ‘n peperduur hotelrekening wat hy aan Piet moet oorhandig. Cor pols vir Piet oor die rekening. Dan is daar ook sy pa se skielike reisplanne na Parys, en die bekende parfuumreuk in sy kantoor...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 37 24.02.2026 13:50
Groot is Cor se verbasing as hy die skielike ommeswaai in sy broer sien. Stefan besluit om homself by ‘n rehabilitasiesentrum in te boek. Cor vertel aan Stefan dat hulle pa besluit het om ‘n nuwe bestuurshoof van buite af aan te stel. Die gesin klink oudergewoonte ‘n glasie op veiligheid en voorspoed. Soms besef ‘n mens nie jy deel ‘n laaste oomblik saam met jou geliefdes nie, maar Stefan weet wel...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 36 23.02.2026 14:24
Daar heers ‘n somber gevoel in die kantore van Fortuna Trans. Rian is pas gearresteer vir die moord op Shorty Swanepoel. Anika is bekommerd oor die toekoms van Fortuna Trans. Piet en Cor het ‘n hewige woordewisseling. Piet is teleurgesteld in Cor, en beskou hom as ‘n verraaier. ‘n Nuwe aanstelling moet gemaak word - Fortuna Trans sal nie verder deur ‘n Du Preez bestuur word nie.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 35 20.02.2026 16:00
Rian blaas in Cor se nek oor hulle volgende aflewering in Mosambiek. Cor sit met sy hande in sy hare, want hulle het nie meer ‘n drywer nie. Norman kuier by Laurinda. Vir die eerste keer voel hy veilig, en in sy ouma se teenwoordigheid deel hy ‘n bietjie van sy seer. Rian word ingeroep deur sersant Fortuin vir ‘n laaste ondervragingsessie. Dan is daar ‘n klop aan die deur. Rian was reg – “familie”...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS