Middagvervolgverhaal

RSG

Arts AF Odcinki: 3002

Gdzie słuchać?

Słuchaj w przeglądarce Replaio Web Już dzisiaj
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce - zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play

Zainstaluj teraz - 5 mln+ pobrań, ocena 4,8

Odcinki

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 22 01.05.2026

Amelia wil by Regardt weet waarheen hy vir dae aan een verdwyn. Regardt wil by Amelia weet hoekom sy regtig teruggekom het plaas toe. Bart probeer by Lucian uitvind hoe die vorige aand se ete saam met Delia gegaan het, maar Lucian het onmiddellike sake waaraan hy moet aandag gee.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 21 30.04.2026

Shereen wil Delia meer betrek by die Bergplaas-kinders. David probeer vir Lucian oorreed om een van die ouer brandweerwaens na die kelder se klassieke motors-dag te bring. Bart, die polisiespeurder, ondervra Lucian oor sy verbinding met die Bergplaas-mense, en wat hy weet van die meisie se verdwyning daar.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 20 29.04.2026

Dis die dag van die druiwetrapfees. Die meeste mense stop eers by die kelder voor hulle na Die Eerste Wingerd toe gaan. David en Amanda geniet hulleself met die trap van die druiwe in die oop vaatjie. Amelia sien dit, en is nie gelukkig met hoe die dag uitgedraai het nie.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 19 28.04.2026

Delia is bekommerd oor die kinders se voedingsplan by die skool. Amelia vertel Amanda meer van die geskiedenis van Die Eerste Wingerd. Amelia wil betrokke raak by die byeboerdery, en sy laat Wolfgang presies verstaan hoe sy oor David en die Meyers voel.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 18 27.04.2026

Bart wil by Fred weet wat hy kan onthou van die drie vroue se verdwyning. Shereen moet Delia moed inpraat ná ‘n moeilike dag by die plaasskool. Wolfgang probeer aan Amanda verduidelik hoekom die Bonnets en die Meyers mekaar nie kan verdra nie.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 17 24.04.2026

Delia Davids, die nuwe juffrou by die plaasskool, beleef haar eerste dag van klas gee op die platteland. Shereen vertel vir Bart meer oor die gebeure van haar dogter se verdwyning 15 jaar gelede. David besluit dat die Kelder ook ‘n wyntrapfees sal hê, iets waarvan die Bonnets niks hou nie.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 16 23.04.2026

Fred Smith, die skoolhoof, en Shereen bespreek die nuwe juffrou wat by die plaasskool begin. Bart is besig om met polisielint die droë dam af te skort. Amelia konfronteer hom hieroor. Fred gaan hoor by David of hy die krieketspan sal afrig, en Bart ondervra Shereen oor die verdwyning van haar dogter.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 15 22.04.2026

Lisa is besig om haar tasse te pak. Sy wil wegkom van die plaas af, en is op pad na hulle vakansiehuis. Amelia konfronteer vir David omdat hy vir amper 12 jaar lank niks van hom laat hoor nie, maar nou skielik weer terug is in die vallei. Hy is hier vir ‘n ander rede as net om wyn te maak, en sy wil weet wat dit is.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 14 21.04.2026

Regardt en Amelia besef hulle sal moet saamwerk om die plaas te red. Amelia vind uit dat David die nuwe wynmaker is, en sy is glad nie gelukkig hiermee nie. Amanda Roux probeer vir David oortuig dat sy ‘n baie goeie bemarkingsbestuurder vir die kelder sal wees.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 13 20.04.2026

Groot aankondigings word by Die Eerste Wingerd gemaak. By die hotel word daar ‘n saamsingaand gereël, en die hele kontrei maak ‘n draai. Amelia Bonnet maak in die middel van die nag haar opwagting. Wat doen dié bekende aktrise op die plaas?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 12 17.04.2026

Amanda Roux daag by die hotel op. Sy is Wolfgang se susterskind, en het ‘n groot guns om te vra. Regardt Bonnet konfronteer vir Bart Voster oor hy lede van die Bonnetfamilie durf ondervra oor die lyk in die dam.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 11 16.04.2026

Speurder Bart Vorster ondervra vir Lisa Bonnet oor die lyk wat in die dam gevind is. Dis duidelik dat hy dink ’n misdaad is daar gepleeg. Anna McLean van die perdeplaas, Wolfgang en David wag by die hospitaal vir nuus oor Lucian.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 10 15.04.2026

Regardt het David se hulp nodig om die water van die plaasdam te pomp na die damme by die kelder. Sal David vir Regardt help? Lucian moet by die plaasskool gaan slange vang, en die skoolhoof moet help. Dinge loop skeef, en Lucian word gepik.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 9 14.04.2026

Wolfgang Roux probeer sy bes om ’n karaoke-aand vir die dorp te reël. Shereen het Lucian en die Brandweer se hulp nodig met haar klub vir ouer persone. David wil Wolfgang oortuig om hom te ondersteun teen Regardt.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 8 13.04.2026

Shereen en Lisa is bekommerd oor die nuwe onderwyser wat die departement na die plaasskool wil stuur. David Meyer, die nuwe wynmaker, kom dadelik agter dat Regardt Bonnet wynlote agter die koöperasies se rug aanplant en in die buiteland verkoop. Hier kom die eerste van vele groot argumente tussen David en Regardt.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 7 10.04.2026

Regardt is bekommerd oor die veiligheid in die vallei, en oor die water wat uit sy dam getap moet word. Lisa en Shereen bespreek die aanstelling van ‘n nuwe juffrou met die plaasskool se hoof. Wat sal Regardt doen oor al die water wat hy kan verloor?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 6 09.04.2026

Lucian en David bedink ‘n slim plan om die diewe by die waterpompstasie te vang. Regardt en sy ma Lisa is bekommerd oor die impak van die lyk in die dam op die plaas en op hulle familie.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 5 08.04.2026

Die dam op Die eerste wingerd moet leeggetap word om die res van die skelet te vind. Regardt Bonnet is baie ontsteld hieroor. David en Lucian moet saam ‘n buurtwag skof doen, en vind diewe by ‘n waterpomp. Sal hulle die diewe direk aanvat, of die polisie bel?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 4 07.04.2026

Speurder Bart Voster vind uit dat die vermiste kind weggeloop het na sy ouma toe. Die soektog word afgelas, maar net voor die duikers uit die dam kom, vind hulle ‘n deel van ʼn menslike skelet.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 3 06.04.2026

Die soektog na die vermiste kind beweeg van die rivier na die dam toe. David het grootgeword op Die eerste wingerd, en daar is nog onopgeloste sake tussen hom en die Bonnet-familie. Bart Voster, die polisiespeurder, neem die soektog oor en dadelik is daar spanning tussen hom en die mense van die Rooivallei.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 2 02.04.2026

Een van die plaaswerkers se kinders het tydens die storm verdwyn. Almal is bekommerd dat hy in die rivier verdrink het. Shereen Kannemeyer besoek DIE EERSTE WINGERD, waar sy in haar jong dae gewerk het. Regardt Bonnet ontmoet die nuwe wynmaker, David Meyer, by die kelder. Sal hulle die vermiste kind lewend kan vind?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 1 01.04.2026

Ontmoet die mense van Rooivallei: Die Bonnets wat op DIE EERSTE WINGERD bly; Shereen Kannemeyer, sakevrou en gemeenskapsaktivis; Wolgang Roux, die hoteleienaar; en Lucian Bantjies die Brandweerhoof. Dit is ‘n rustige gemeenskap, tot ’n storm losbars en David Meyer opdaag.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 22 (slot) 31.03.2026

Jaffie is geskok deur Oom Vaaltyn se vertelling van wat van die Meester geword het, en wat dit van hom geverg het om sý roeping te vervul. Kort daarna beleef Jaffie waarskynlik die grootse skok van sy lewe, naas die verlies van sy geliefde Mama Mamra. Gelukkig skuil daar ’n helder silwer randjie om elke donker wolk, en kry Jaffie geleentheid om Oom Vaaltyn se dodelike krinkslagbyt meesterlik toe t...

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 21 30.03.2026

Almal wat die humeurige Jode-dier, Lewinog, ken, is verstom oor sy gedrag toe hy sy jong eselsvul buite ’n winkel in Jerusalem begin losmaak. Vaaltyn maak Jaffie bewus van die kruis wat vaalhaar-esels op hulle rûe het en wat dit beteken. Hoekom is die kruis op swarthaar-esels se rûe ’n fout? Jaffie hoor wie die Meester is. Klein Valta se belewenis laat alle eseldiere verstom staan.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 20 27.03.2026

Oeroom Gerson vertel aan die ou-esels in Nasaret waarom die ou seuntjie van Nasaret na die wêreld gestuur is. Jaffie wonder wat ’n moeder van smarte is. Oorlee Mama Mamra laat Jaffie erg kopkrap oor wat moederskap is.

O podcaście

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Autor

RSG

Kategoria

Arts

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Język

AF

Odcinki

3002

Ostatni odcinek

10 lip 2026

Słuchaj podcastu Middagvervolgverhaal w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS