Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 Gesprekke

Arts AF ↓ Odcinki: 150

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Kategoria

Arts

Strona podcastu

www.kosmos.com.na

Ostatni odcinek

10 lip 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android 5 mln+ pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Van Gladiator tot Gids: Die Reis van André Coetzee 08.04.2026

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met André Coetzee, ’n man met ’n besonder interessante lewensreis. Baie mense onthou hom as “Wildebees” van die ikoniese TV-program MTN Gladiators, maar sedertdien het sy pad hom deur verskeie hoofstukke geneem. Van sy dae op die skerm tot sy werk in spanbou en persoonlike ontwikkeling in Namibië, deel hy insigte, stories en lesse wat inspireer. Maak Spor...

Wêreld Outisme Dag: ’n Gesprek met Rivkah Blaauw 02.04.2026

Vandag gesels Jean-Louis met Rivkah Blaauw oor ’n belangrike onderwerp op Wêreld Outisme Dag. Hulle kyk na wat outisme werklik is, hoe dit van persoon tot persoon verskil, en waarom ware insluiting so belangrik is in ons samelewing. As arbeidsterapeut deel Rivkah ook waardevolle insigte oor hoe sy kinders en volwassenes ondersteun in hul daaglikse lewe, asook vroeë tekens waarna ouers kan oplet. D...

Jean-Louis in gesprek met Robbie Wessels oor KosMOS Fees 2026 02.04.2026

Jean-Louis gesels met Robbie Wessels, wat binnekort by die KosMOS Fees 2026 gaan optree. Hulle bespreek sy musiek, wat gehore kan verwag, en die opwinding rondom hierdie gewilde fees. Die KosMOS Fees 2026 vind plaas op 24 en 25 April by kykNET Buite Ekspo, met optredes op 25 April. Kaartjies is beskikbaar aanlyn. Die fees word moontlik gemaak deur FNB Namibia, Windhoek Beer, Coca-Cola Namibia, JSB...

Gesprek oor Starlink in Namibië 02.04.2026

Jean-Louis gesels met Josephine Shigwedha oor Starlink in Namibië. Met die jongste ontwikkelinge en belangrike vrae rondom tegnologie, regulasies en data-privaatheid, bied hierdie gesprek waardevolle insigte vir almal wat belangstel in die toekoms van konnektiwiteit.

Irma’s Heartbreak Rescue – ’n Nuwe Aanvulling tot die Irma’s Rescue Reeks 01.04.2026

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor nog ’n produk in die Irma’s Rescue reeks, naamlik Irma’s Heartbreak Rescue. In hierdie episode deel hulle meer oor die doel van die produk en hoe dit mense kan ondersteun in uitdagende emosionele tye. Luisteraars kan die Irma’s Rescue reeks by hulle naaste apteek kry. Vir verdere navrae kan jy ’n e-pos stuur na info@sanatural.co.za of ’n WhatsApp boodskap s...

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 01.04.2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Maak Spore met Elmero Strauss: Die Groeipad van Derrick Clark 01.04.2026

Elmero Strauss gesels met Derrick Clark oor sy reis in die wêreld van tuinmaak en landskapwerk. Hulle kyk terug na hoe alles begin het, die uitdagings wat hy in die bedryf teëgekom het, en sy diep passie om met die natuur te werk. ’n Inspirerende gesprek oor groei, deursettingsvermoë en die skoonheid van die buitelewe.

Jean-Louis in gesprek met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM vir gesonde bindweefsel 25.03.2026

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM en die rol wat dit speel in die bevordering van sterk, gesonde bindweefsel, asook die vermindering van pyn en inflammasie. Hulle bespreek hoe hierdie produk kan bydra tot algehele welstand en lewensgehalte. THRESHHold Real MSM tablette is beskikbaar in houers van 60 en 120 by jou plaaslike apteek. Vir gesondheidsnavrae...

Van Walvisbaai tot die Verhoog – Salvador Mouers se Musiekreis 20.03.2026

Elmero Strauss gesels vandag met Salvador Mouers, ATKV Crescendo-wenner en die eerste Namibiese kunstenaar wat deur dié program bekendgestel is. Van Walvisbaai tot op groot verhoë, word sy musiek gedryf deur geloof, familie en eerlike lewensverhale wat aanklank vind by luisteraars.

Agter die Lied – Tamlyn Wessels oor Ek Slaap In Jou Hoodie 20.03.2026

Tamlyn Wessels stel vandag haar nuwe enkelsnit “Ek Slaap In Jou Hoodie” bekend — ’n lied wat die gevoel van verlange en nabyheid op ’n eerlike en treffende manier vasvang. Met invloede van pop en folk, en lirieke wat fokus op die klein, betekenisvolle oomblikke van liefde, skep sy ’n klank wat beide warm en opreg voel. Jean-Louis gesels regstreeks met haar oor die inspirasie agter die lied, die st...

Sal Jy Wil Jy? – ’n Eksklusiewe Geselsie met Irene-Louise van Wyk 20.03.2026

Irene-Louise van Wyk se splinternuwe enkelsnit “Sal Jy Wil Jy” is vandag vrygestel, en dit is beslis iets wat jy nie wil mis nie. En dit raak nog beter — Jean-Louis gesels vandag met haar in ’n eerlike en insiggewende onderhoud oor die storie agter die lied, haar musiekreis, en wat luisteraars nog van haar kan verwag.

Oliepryse, Oorlog en Afrika se Ekonomiese Toekoms 19.03.2026

Jean-Louis gesels met Dawie Roodt oor die impak van stygende oliepryse te midde van die voortdurende konflik in die Midde-Ooste, en hoe dit ekonomieë regoor Afrika raak. Met waarskuwings dat volgehoue hoë brandstofpryse en moontlike tekorte groei met tot drie persentasiepunte kan knou, word die vraag gevra of optimistiese groeivoorspellings vir die vasteland nog haalbaar is. Hulle bespreek ook of...

Gesels met Jaime Smith oor "Level Up: Adulting is for Real" 18.03.2026

Vandaggesels Elmero Strauss met Jaime Smith oor haar splinternuwe boek Level Up: Adulting is for Real, wat hierdie Vrydag, 20 Maart, vrygestel word. Ons ontdek die inspirasie agter die boek, die boodskap wat Jaime wil deel, en die betekenis van hierdie nuwe vrystelling.

Gesprek oor Prostaatgesondheid: Jean-Louis in gesprek met Estie Schreiber 18.03.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor mans en prostaatprobleme. In hierdie episode deel ons insig, raad en nuttige inligting oor hoe mans hul prostaatgesondheid kan ondersteun. Hulle bespreek ook A Vogel Prostasan kapsules, ’n produk wat beskikbaar is by apteke regoor Namibië. Vir meer inligting, epos info@sanatural.co.za of besoek die webwerf www.avogel.co.za .

KI Geheuekrisis: Stygende RAM-pryse en die Impak op Verbruikers 18.03.2026

Jean-Louis gesels met Gregory Francis en Annalize van der Merwe oor ’n dringende kwessie in die tegnologie-wêreld: die wêreldwye tekort aan KI-geheue en die skerp styging in RAM-pryse. Hulle verduidelik wat RAM is en waarom dit in 2026 so ’n kritieke rol speel, veral met die groei van kunsmatige intelligensie. Die gesprek ondersoek hoekom KI-stelsels soveel meer geheue benodig as tradisionele tegn...

Van Idees tot Innovasie: ’n Gesprek met Rayno Burger 17.03.2026

Vandag in Maak Spore gesels Elmero met Rayno Burger, CEO by BinaryCity, tussen 12:00 en 13:00. Hulle verken die wêreld van tegnologie en digitale oplossings, en kyk na hoe ’n mens ’n suksesvolle tegnologie-besigheid bou. Van die eerste idees tot werklike innovasie – watter spore laat dit in die moderne wêreld? Skakel in en luister saam na ’n insiggewende gesprek oor die toekoms van tegnologie. Moo...

Elmero Strauss gesels met Elandré oor “Somersoet” 17.03.2026

Elmero gesles met Elandré oor sy splinternuwe enkelsnit, “Somersoet”, wat vandag vrygestel word. Hulle deel meer oor die inspirasie agter die liedjie, die kreatiewe proses en wat aanhangers kan verwag. Moenie hierdie interessante gesprek en eksklusiewe agter-die-skerms stories misloop nie. Skakel in en ervaar die wêreld van Afrikaanse musiek van nader.

Jean-Louis in gesprek met Bernard Zulch oor Momentum se rol by die KykNET Buite Ekspo 17.03.2026

Jean-Louis gesels met Bernard Zulch, Hoof Finansiële Beampte van Momentum Short-Term Insurance Namibia. Die gesprek fokus op Momentum se betrokkenheid as senior borg by die KykNET Buite Ekspo, in samewerking met die KosMOS Fees 2026.

Anton Goosen oor pa-word op 80 16.03.2026

Jean-Louis gesels met die legende van Afrikaanse rock, Anton Goosen. Op 80 begin hy ’n nuwe hoofstuk in sy lewe, want hy en Estie verwag hul eerste kind saam. Anton beskryf die nuus self as: “Dis soos om tjoklitkoek te kry, maar jy het beskuit verwag.” In hierdie spesiale gesprek praat hy oor hoe dit voel om op 80 weer pa te word, wat hy sê vir mense wat verbaas is, en hoe hy pa-wees op tagtig sie...

Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation 13.03.2026

Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation en die belangrike rol wat die organisasie speel om vroue te ondersteun en te bemagtig. Die inisiatief fokus op die bou van selfvertroue, welstand-opleiding en professionele ontwikkeling binne die skoonheids- en welstandbedryf. Deur praktiese geleenthede en ondersteuning help hulle vroue om hul volle potensiaal te ontdek, hulself...

Jean-Louis Gesels met Eloff oor “Bietjie Chill” 13.03.2026

Jean-Louis gesels met Eloff oor sy splinternuwe enkelsnit, “Bietjie Chill”. Hulle praat oor die inspirasie agter die liedjie, die lekker ontspanne vibe daarvan, en hoekom dit die perfekte klankbaan is wanneer vriende net saam wil kuier, lag en ’n bietjie wegbreek van die alledaagse lewe.

Vergrote Prostaat: Wat Elke Man Moet Weet 11.03.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ’n onderwerp wat uiteindelik by elke man kan voorkom: ’n vergrote prostaat. In hierdie gesprek verduidelik hulle hoekom dit gebeur, watter simptome mans kan ervaar, hoe dit gediagnoseer word, en watter natuurlike opsies daar is om verligting te help bring. Hulle bespreek ook A Vogel Prostasan kapsules, ’n produk wat sonder voorskrif by apteke landswyd besk...

From Ideas to Code: A Conversation with Software Developer Marius van Wyk 10.03.2026

In today’s episode of Maak Spore, Elmero Strauss speaks with Marius van Wyk, a software developer who works daily on the digital solutions that help power our modern world. From ideas to code, they explore a field driven by creativity, problem-solving, and continuous development. Tune in to hear how technology is also leaving its mark on people’s lives. Maak Spore is made possible by Jakkals Velli...

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 10.03.2026

Skakel elke Maandag om 16:45 in vir Diere Maniere, ’n interessante en insiggewende gesprek met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het. Van troeteldiere tot wild bespreek ons gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer. Ontdek nuwe insigte en leer meer oor die wêreld van diere in elke episode.

Woorde, Musiek en Kultuur: FNB Windhoek Woordfees 09.03.2026

Elmero Strauss gesels met Sanet Prinsloo oor die FNB Windhoek Woordfees wat hierdie naweek plaasvind. Van musiek en stories tot kuns en kultuur – die Woordfees bring kreatiwiteit en inspirasie na Windhoek.

Słuchaj podcastu Kosmos 94.1 Gesprekke w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS