Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 Gesprekke

Arts AF ↓ 150 episodes

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

Author

Kosmos 94.1

Category

Arts

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

10 de jul. de 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Descárgala en Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sokkerwêreldbeker: Jean-Louis gesels met Manuel Coelho 10.07.2026

Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola en Duitsland deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, sy...

Sokkerwêreldbeker: Die Moderne Spel van Binne Af 09.07.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met Christopher Freygang oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die moderne spel so uitdagend maak. As voormalige Namibiese jeuginternasionaal en aktiewe ligaspeler deel Christopher sy unieke perspektief oor die spel, die fisiese eise wat vandag aan spelers gestel word en wat ondersteuners tydens die wêreld se grootste sokkertoernooi kan verwag. Moontlik gemaak deur Debon...

Peter Bridgeford oor "Conservation & Tourism: The Early Days" 09.07.2026

Elmero Strauss gesels met Peter Bridgeford oor sy nuwe boek, Conservation & Tourism: The Early Days. As 'n ervare skrywer op die gebied van bewaring en toerisme deel hy die inspirasie agter die boek, die geskiedenis van hierdie belangrike bedrywe en waarom die lesse uit die verlede steeds vandag relevant is. Luister na 'n insiggewende gesprek oor bewaring, toerisme en die nalatenskap wat dit vir t...

Gerhard Steyn vertel die storie agter sy nuwe enkelsnit “Vra Net Vir Jou” 08.07.2026

Gerhard Steyn is terug met nuwe musiek! In hierdie gesprek gesels hy oor sy jongste enkelsnit “Vra Net Vir Jou”, ’n opregte liefdesliedjie wat geïnspireer is deur sy eie liefdesverhaal met sy vrou.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor A. Vogel Echinaforce 08.07.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor A. Vogel Echinaforce en waarom dit belangrik is om vroeg op te tree wanneer die eerste tekens van 'n verkoue of griep opduik.

Sokkerkoors: Micky Kaapama ontleed die Wêreldbeker 08.07.2026

Jean-Louis gesels met Micky Kaapama, 'n Namibiese sportkommentator, uitsaaier en sokkerontleder, oor die jongste verwikkelinge by die Sokkerwêreldbeker. Met haar kundige ontleding en passie vir die spel deel sy waardevolle insigte oor die wedstryde, spelers en die stories wat die toernooi vorm. Sokkerkoors is moontlik gemaak deur Debonairs Pizza.

Maak Spore: Leon van Wyk se merkwaardige lewensreis 07.07.2026

Elmero Strauss gesels met Leon van Wyk, 'n vlieënier met 'n besondere lewensverhaal. Van sy ervarings in die lugruim bo Namibië tot die uitdagings en oorwinnings wat hom gevorm het, deel Leon sy verhaal van deursettingsvermoë, lewenservaring en die spore wat 'n mens langs die pad maak.

Wêreldbeker-praatjies: Portugal se uittrede en wat nou? 07.07.2026

Jean-Louis gesels oor die FIFA Sokkerwêreldbeker en Portugal se uittrede saam met Peter Haufiku, Senior Sportbeampte by UNAM en voormalige FIFA-gelisensieerde sokkeragent.

Vicky Ludick oor Known – A Journey of Being Fully Known by God 07.07.2026

Elmero Strauss gesels met Vicky Ludick oor die bekendstelling van haar nuwe boek, Known – A Journey of Being Fully Known by God. Sy deel die storie agter die boek en neem luisteraars saam op 'n persoonlike geloofsreis wat fokus op identiteit, hoop en die diep waarheid dat elke mens ten volle deur God geken en liefgehê word.

Sokker koors: Jean-Louis gesels met Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker 06.07.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met die Namibiese sokkerspeler Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker se ronde van 16, waar groot oorwinnings, skokuitslae en uitstaande individuele vertonings die gesprek oorheers, insluitend Marokko se sterk vorm, Frankryk en Engeland se oorwinnings, Brasilië se uitskakeling deur Noorweë en Haaland se opkoms, asook Afrikaanse hoop met Marokko en Egipte en die groot weds...

Jean-Louis Gesels met Brian Munango oor die Sokkerwêreldbeker 03.07.2026

Jean-Louis gesels saam met Brian Munango oor die jongste wedstryde by die Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed Spanje se oorheersende oorwinning oor Oostenryk, Portugal teen Kroasië en Switserland se vertoning teen Algerië.

Elmero Strauss gesels met Riaan Smit oor die Johnny Cash Tribute Show by WHS 02.07.2026

Elmero Strauss gesels met Riaan Smit oor die opkomende Johnny Cash Tribute Show wat hierdie Saterdag by WHS plaasvind. Die gesprek fokus op die tydlose musiek van die legendariese Johnny Cash en wat gehore by die vertoning kan verwag.

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho: Die Sokkerwêreldbeker 02.07.2026

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho oor die Sokkerwêreldbeker, internasionale wedstryde en wat dit vat om op die grootste verhoog te presteer. Hulle bespreek spanprestasie, sleutelmomente in groot wedstryde en die debat oor Messi en Ronaldo, terwyl Henrique sy eie sportdrome en toekomsvisie deel.

Cassia Sharpley: Mej Supranasionaal Namibië 2026 op pad na Pole 02.07.2026

Jean-Louis gesels met Cassia Sharpley, Mej Supranasionaal Namibië 2026, voordat sy in Julie na Pole vertrek om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig. Sy deel wat hierdie geleentheid vir haar beteken, hoe sy vir die kompetisie voorberei en watter doelwitte sy vir haarself en Namibië het.

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus oor die Sokkerwêreldbeker 01.07.2026

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus, Namibiese sokkerjoernalis, ontleder en stigter van Footy Namibia, een van die land se voorste sokkermediaplatforms. Hulle bespreek die Sokkerwêreldbeker, die gunstelinge om die toernooi te wen, die grootste praatpunte en wat ondersteuners kan verwag. Met Silas se insiggewende ontleding en uitgebreide kennis van die spel bied hierdie gesprek 'n interessante bli...

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis oor Hierdie Oomblik 01.07.2026

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis Knouwds oor haar splinternuwe album, Hierdie Oomblik, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Sy deel die inspirasie en stories agter die liedjies, vertel meer oor haar nuwe fokuslied, "Bly In Jou Baan", en gee luisteraars 'n voorsmakie van wat hulle in die toekoms van haar kan verwag.

Emosionele Gesondheid: Die Sleutel tot 'n Gesonde Lewe | Jean-Louis Knouwds & Estie Schreiber 01.07.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met Estie Schreiber oor die belangrike verband tussen emosionele en fisiese gesondheid. Emosionele stres en druk is vandag een van die grootste redes waarom mense mediese hulp soek. Maar hoe kan die natuur jou help om beter daarmee saam te leef? Ontdek hoe die Irma's Rescue Reeks natuurlike ondersteuning bied om emosionele balans en innerlike rustigheid te bevorder. Vir m...

Sokkerwêreldbeker Gesprek met Russell | Ervaring van Engeland tot Namibië 30.06.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met Russell, 'n ervare sokkerman wie se reis van Suid-Londen se akademiesokker tot die Namibiese voetbalgemeenskap strek. Met jare se ervaring as speler, afrigter en toegewyde ondersteuner van Engelse sokker deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, die ontwikkeling van spelers en die spel se invloed op verskillende vlakke. Van die Engelse sokkerpiramide en Crystal Pa...

Maak Spore met Michelle Loubser | Die Krag van Drama, Kreatiwiteit en Selfvertroue 30.06.2026

Vandag gesels Elmero Strauss met Michelle Loubser, 'n dramaklub-onderwyseres wat jongmense inspireer om hul talente te ontdek, selfvertroue te bou en hul kreatiwiteit te ontwikkel. Hulle praat oor haar passie vir die kunste, die verskil wat drama in jongmense se lewens maak, en hoe elkeen van ons spore in ander se lewens kan los. Luister saam na 'n inspirerende Namibiese gesprek oor groei, invloed...

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 29 Junie 2026 30.06.2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Junior Ananias Gebhardt oor die Sokkerwêreldbeker 29.06.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met Junior Ananias Gebhardt, voormalige onderkaptein van die Brave Warriors en oud-verdediger van Baroka FC, oor die Sokkerwêreldbeker.

Jean-Louis gesels met Jackie Gertze oor die Sokkerwêreldbeker 26.06.2026

Jean-Louis gesels met Jackie Gertze, hoof van die Women's Desk by die Namibia Football Association en 'n baanbreker vir vrouesokker in Namibië, oor die Sokkerwêreldbeker. As voormalige nasionale speler deel sy haar insigte oor die toernooi, die ontwikkeling van die sport en die groei van vrouesokker.

Jean-Louis gesels met Petronel Baard oor "Vrou, Vrouer, Vrouste" by die FNB Windhoek Woordfees 26.06.2026

Jean-Louis gesels met die talentvolle Petronel Baard oor FNB Windhoek Woordfees se produksie "Vrou, Vrouer, Vrouste", wat hierdie naweek op die verhoog is. Hulle gesels oor die inspirasie agter die produksie, wat gehore kan verwag en waarom dit 'n vertoning is wat jy nie wil misloop nie. Luister ook hoe jy die kans staan om kaartjies vir die vertoning te wen.

Jean-Louis gesels oor die Sokkerwêreldbeker met Isack Hamata 25.06.2026

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Isack Hamata oor die Sokkerwêreldbeker en die groter wêreld van sokker. Isack is ’n Namibiese sokkeradministrateur en sportontleder met ’n sterk agtergrond as voormalige sportjoernalis. Hy is bekend vir sy diep kennis van die spel en deel insiggewende ontleding oor internasionale sokker, asook sy perspektief op die ontwikkeling en groei van die sport in Afr...

Jean-Louis gesels oor die Sokkerwêreldbeker met Jacques du Toit 24.06.2026

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Jacques du Toit, ’n Namibiese sosiale sokkerspeler wat vir Alte Herren van DTS (Deutsche Turn- und Sportverein) in Windhoek speel. Jacques deel sy liefde vir sokker, sy unieke reis in die sport nadat hy eers op 27 begin speel het, en sy perspektief op die Sokkerwêreldbeker. Die gesprek raak ook aan Namibië se plaaslike sokkertoneel en DTS se rol in die plaa...

Listen to the Kosmos 94.1 Gesprekke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Descárgala en Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.