Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1

Arts AF Odcinki: 150

Gdzie słuchać?

Słuchaj w przeglądarce Replaio Web Już dzisiaj
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce - zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play

Zainstaluj teraz - 5 mln+ pobrań, ocena 4,8

Odcinki

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Molkosan se 100 jaar van gesondheid 24.06.2026

Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Yanna se gunsteling produk, Molkosan. Dis ’n besondere mylpaal, want Molkosan vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Maar wat is die storie agter hierdie eeu-oue produk, en wat sê die wetenskap vandag daaroor? Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za Of stuur ’n e-pos na info@sanatural.co.za Molkosan is beskikbaar in 200ml en 500ml, in gewone...

Hoe Word Kreatiwiteit 'n Loopbaan? 23.06.2026

Elmero Strauss gesels met 'n kreatiewe entrepreneur oor fotografie, digitale inhoud en die kuns van visuele storievertelling. In hierdie gesprek verken hulle die waarde van kreatiwiteit, die passie wat mense dryf om hul talente uit te leef, en hoe betekenisvolle werk 'n blywende impak kan hê.

Jean-Louis Gesels Met Ricardo Mannetti Oor die Sokkerwêreldbeker 23.06.2026

Jean-Louis gesels met Ricardo Mannetti, voormalige Brave Warriors-afrigter en een van Namibië se mees gerespekteerde sokkerfigure, oor die Sokkerwêreldbeker. Hulle bespreek die grootste oomblikke van die toernooi, die spanne en spelers wat uitstaan, asook die impak van die Wêreldbeker op die ontwikkeling van sokker wêreldwyd. Mannetti deel sy kundige insigte en perspektief op die spel op die hoogs...

Jean-Louis gesels met Micky Kaapama: Wêreldbeker-verrassings, ontledings en momentum 22.06.2026

In hierdie episode van die Sokker Wêreldbeker-potgooi gesels Jean-Louis met Micky Kaapama, Namibiese sportkommentator, uitsaaier en sokkerontleder, oor van die grootste gesprekspunte van die toernooi tot dusver.

JP & Ruda in Gesprek met Johan Zaayman: Namibiese O/20 Rugbyspan se Voorbereidings 18.06.2026

JP & Ruda gesels met Johan Zaayman, afrigter van die Namibiese O/20-rugbyspan. Hulle bespreek die span se voorbereidings-toer, die uitdagings wat voorlê en wat 2026 vir die jong spelers kan inhou.

Jean-Louis in Gesprek met Christopher Freygang: Die 2026 Sokkerwêreldbeker 18.06.2026

Jean-Louis gesels met Christopher Freygang, ’n speler wat Namibië op nasionale jeugvlak verteenwoordig het. Met ’n sterk fokus op fiksheid en prestasie bring hy ’n waardevolle insig in die fisiese en taktiese eise van moderne sokker.

Die Sokkerwêreldbeker Onder die Loep 18.06.2026

Jean-Louis gesels met Garren Smith oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die wêreld se grootste sokkertoernooi so besonders maak. Hulle bespreek die spanne, verwagtinge, hoogtepunte en die opwinding wat die toernooi regoor die wêreld skep.

Prostaatgesondheid: Ken die tekens en neem betyds aksie 18.06.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor prostaatgesondheid tydens Juniemaand. Hulle bespreek waarom dit belangrik is om oor die prostaat te praat, watter tekens mans tussen die ouderdomme van 50 en 80 kan ervaar, en hoe vroeë optrede 'n verskil kan maak. Die gesprek fokus ook op A. Vogel Prostasan-kapsules, wat sonder voorskrif by apteke beskikbaar is. Vir meer inligting besoek www.avogel.co.za...

Elmero Strauss in Gesprek met Magnolia Lawrence 16.06.2026

Elmero Strauss gesels met Magnolia Lawrence, ’n bemarkingsbestuurder, kreatiewe direkteur en kommunikasiestrateeg. Van kreatiewe idees tot die bou van sterk handelsmerke, deel Magnolia haar inspirerende reis van visie, deursettingsvermoë en voortdurende groei.

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 Junie 2026 16.06.2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Jean-Louis in Gesprek met Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker 15.06.2026

Jean-Louis gesels met Paulo Coelho oor die sokkerwêreldbeker wat tans plaasvind. Hulle bespreek die opwinding van die toernooi, verrassende oomblikke, spanprestasies en die passie wat sokker ondersteuners wêreldwyd verenig.

Wêreldsokker Skop Af: Collin Benjamin Oor Meksiko vs Suid-Afrika en die Toernooi 11.06.2026

Jean-Louis gesels met die voormalige Brave Warriors-kaptein en -afrigter, Collin Benjamin, oor die internasionale sokkertoernooi wat vandag afskop. Met die eerste wedstryd tussen Meksiko en Suid-Afrika om 17:00, deel hy sy insigte oor die toernooi, die kanse van die spanne en wat ondersteuners in die komende weke kan verwag.

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor gewrigsgesondheid en natuurlike verligting 10.06.2026

Jean-Louis Knouwds gesles met Anette Rheeder oor seer en stywe gewrigte, asook hoe natuurlike ondersteuning ’n rol kan speel in alledaagse welstand. Die gesprek fokus op THRESHHold Real MSM as ’n gewilde opsie vir gewrigsverligting en algemene mobiliteit. Die produk is beskikbaar by apteke in tablette van 60 of 120, sowel as gel in 50 g en 100 g buise. Luisteraars kan hul navrae rig na info@sanatu...

Tara Rally 2026: Die Stof, Spoed en Uitdaging 10.06.2026

Jean-Louis gesels met François Lottering oor die 56ste Shell V-Power Tara Rally, een van Namibië se bekendste motorsportgeleenthede. Hulle bespreek wat deelnemers en toeskouers kan verwag, die uitdagings van die roete, die opwinding van die kompetisie en waarom die Tara Rally jaar ná jaar motorsport-entoesiaste lok. Luister saam vir insigte oor hierdie ikoniese geleentheid en die rol wat dit in Na...

Interhoër Koors by Windhoek Hoërskool 10.06.2026

Jean-Louis gesels met leerlinge van Windhoek Hoërskool oor die opwinding, voorbereiding en gees rondom Interhoër. In hierdie gesprek deel hulle hul gedagtes oor die groot week wat voorlê, die uitdagings wat wag en wat hierdie tradisie so besonders maak. ’n Interessante blik op die ervaring van die leerlinge wat deel vorm van een van die hoogtepunte op die skoolkalender.

Die Spore van ’n Kleuterskoolonderwyseres 09.06.2026

In hierdie episode van Maak Spore gesels Elmero Strauss met Melani van Dyk, ’n toegewyde kleuterskoolonderwyseres. Sy vertel van haar reis na die onderwys, haar liefde vir die werk met jong kinders en die waardevolle rol wat opvoeders speel in die vorming van jong lewens. Dit is ’n opregte gesprek oor passie, roeping en die klein spore wat elke dag ’n groot verskil maak.

Jean-Louis gesels met Veja “Hinda Boy” Hinda oor sy MMA-reis 09.06.2026

Jean-Louis gesels met Veja “Hinda Boy” Hinda, 'n professionele gemengde gevegskunstenaar uit Namibië. Hy deel meer oor sy reis in die wêreld van MMA, die uitdagings wat hy onderweg moes oorkom en die hoogtepunte van sy loopbaan. Luister na hierdie inspirerende gesprek en kry 'n blik op die toewyding, dissipline en passie wat nodig is om sukses in die sport te behaal.

Windhoek Gimnasium se Interhoër-Gees Kom Kuier by Kosmos 09.06.2026

Jean-Louis gesels met leerlinge van Windhoek Gimnasium oor die opwinding, voorbereiding en gees rondom die jaarlikse Interhoër. Luister hoe hulle hul verwagtinge vir die groot week deel, wat Interhoër vir hulle beteken en waarom hierdie gebeurtenis so 'n belangrike hoogtepunt op die skoolkalender is. 'n Interessante gesprek vol entoesiasme, trots en skoolgees.

Jean-Louis Gesels met Anette Rheeder oor A.Vogel Echinaforce - die Winter Wenner 03.06.2026

Hierdie week gesels Jean-Louis met Anette Rheeder oor die Winter Wenner, A.Vogel Echinaforce. Ons kyk na wat hierdie produk so uniek maak en waarom die werking daarvan so doeltreffend is. A.Vogel Echinaforce is beskikbaar op die rak in jou naaste apteek. Vir meer inligting of navrae kan jy ons per e-pos kontak by info@sanatural.co.za.

Die Spore van ’n Passievolle Opvoeder 02.06.2026

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Christene Schoeman – ’n ma, vrou en eienaar van haar eie kleuterskool. Hulle praat oor die werklikhede van die lewe, die verantwoordelikhede wat saam met leierskap kom, en die passie om ’n verskil in jong kinders se lewens te maak. ’n Inspirerende gesprek oor die spore wat ons agterlaat wanneer ons help bou aan die volgende generasie.

Die Spore van ’n Passievolle Opvoeder 02.06.2026

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Christene Schoeman – ’n ma, vrou en eienaar van haar eie kleuterskool. Hulle praat oor die werklikhede van die lewe, die verantwoordelikhede wat saam met leierskap kom, en die passie om ’n verskil in jong kinders se lewens te maak. ’n Inspirerende gesprek oor die spore wat ons agterlaat wanneer ons help bou aan die volgende generasie.

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 2 Junie 2026 02.06.2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

ATKV Applous Streeksfees: Namibië se Jong Koorsterre Neem die Verhoog 02.06.2026

Jean-Louis gesels met Jolanda Amoraal, organiseerder van die ATKV Applous Streeksfees, oor die oudste skoolkoorkompetisie in Suidelike Afrika wat hierdie week in Windhoek plaasvind. Hulle bespreek wat gehore kan verwag, hoe Namibië se skoolkore vanjaar vaar, en watter geleenthede wag op die kore wat droom van ’n plek in die nasionale finaal in Kaapstad. ’n Inspirerende gesprek oor talent, toewydin...

Jean-Louis Gesels met Estie Schreiber oor Molkosan se 100 Jaar van Vertroue 27.05.2026

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Molkosan van A. Vogel – die tweede produk wat reeds in 1926 deur A. Vogel geformuleer is. Vanjaar vier Molkosan sy 100ste bestaansjaar, en mense wêreldwyd vertrou steeds op hierdie bekende produk vir beter spysvertering en welstand. Estie deel ook die interessante resultate van ’n steekproef waarin 208 dames, wat aan swak spysvertering g...

Maak Spore met Danie Prinsloo 26.05.2026

Vandag gesels Elmero Strauss met Danie Prinsloo – musikant, MC en entrepreneur. ’n Gesprek oor die pad wat hy deur die jare gestap het, die mense wat hy ontmoet het, en die spore wat musiek en die verhooglewe in sy lewe gelaat het. Luister na ’n eerlike en inspirerende gesprek oor musiek, mense en die lewe agter die verhoog.

O podcaście

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

Autor

Kosmos 94.1

Kategoria

Arts

Strona podcastu

www.kosmos.com.na

Język

AF

Odcinki

150

Ostatni odcinek

10 lip 2026

Słuchaj podcastu Kosmos 94.1 Gesprekke w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS