Cape Pulpit / Kaapse Kansel
KOPSKUIF
Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek. Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program onde...
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: capepulpit.co.za
Autor
Cape Pulpit / Kaapse Kansel
Kategoria
Strona podcastu
Ostatni odcinek
10 paź 2026
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
KOPSKUIF - Dr. Annelise de Vries oor die bestaansrede van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 11.10.2025 32:43
Dr. Annelise de Vries, hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, vertel wat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is en waarom dié organisasie bestaan. Dr. De Vries gesels onder meer ook oor die boustene van ’n taal, die fondasie van taalbeplanning en wat die gemeenskap in plek kan stel vir die betekenisvolle gebruik van Afrikaans in alle lewens...
KOPSKUIF - Carla Horn Deel Wenke oor Hoe ’n Liefde vir Lees by Kinders Aangekweek kan Word 04.10.2025 43:24
"Hoe meer jy lees, hoe meer dinge sal jy weet. Hoe meer jy leer, hoe meer plekke sal jy ontdek." – Dr. Seuss Het jy geweet dat stories ’n bietjie soos towermiddels is? Hulle neem jou na ver plekke, stel jou voor aan nuwe maats en laat jou dink en droom op maniere wat jy nooit sou kon raai nie. Kom luister hoe Carla Horn gesels oor hoe boeke wêrelde open. Carla deel wenke oor hoe ’n liefde vir lees...
KOPSKUIF - Juliana Louw oor TMT se benadering om onderwysers en leerders met die regte hulpmiddels en metodes toe te rus 27.09.2025 41:33
Albert Einstein het gesê: “Ons kan nie ons probleme oplos met dieselfde denke wat ons gebruik het toe ons dit geskep het nie.” Thuma Mina Teaching (TMT) pas hierdie beginsel toe. Kom luister hoe Juliana Louw, projekbestuurder, gesels oor TMT se benadering om onderwysers en leerders met die regte hulpmiddels en metodes toe te rus. Sy vertel meer oor TMT se suksesse oor die afgelope vyf jaar en die...
KOPSKUIF - Merlyn van der Rheede: Taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel 20.09.2025 31:07
Op Saterdag 20 September gesels Merlyn van der Rheede, projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad, met spesifieke werksaamhede in die noorde van die land, op Kopskuif. Skakel gerus in en kom hoor hoe Merlyn gesels oor taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel – dis jou identiteit. Daar word ook gesels oor die bevindinge van Merlyn se empiriese navorsing, die ruimtes wat geskep kan word om...
KOPSKUIF - Rupert Fourie, streeksbestuurder van Eksekuteurs vir Boedels en Testamente gee raad en wenke 13.09.2025 25:49
September is testamente-maand. Meer as 70% van Suid-Afrikaners sterf sonder ’n geldige testament. Het jy al gewonder wat sal gebeur as jy nie ’n geldige testament het nie? Skakel op 13 September in op Kopskuif en kom luister na die raad en wenke wat Rupert Fourie, streeksbestuurder van Eksekuteurs vir Boedels en Testamente gee.
KOPSKUIF - Ewaldt Scholtz, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor: Vandag se jeugleiers 06.09.2025 27:33
Ewaldt Scholtz, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor die ATKV-Jeugleiersimposium. Kom hoor hoe die ATKV-Jeugleiersimposium daarop gemik is om nuutverkose graad 11-leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue om betekenisvolle en verantwoordelike leiers binne hul skole, gemeenskappe en uiteindelik in die samelewing te wees.
KOPSKUIF - Musiek en Gemeenskap: Corneli Quinn oor die ATKV Applaus Projek 30.08.2025 48:02
ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika en vanjaar het meer as 20 000 hoër- en laerskoolleerders van regoor Suid-Afrika en Namibië deelgeneem. Corneli Quinn, projekorganiseerder van ATKV-Applous gesels oor die lewensvaardighede wat deur hierdie kompetisie bevorder word. Corneli vertel ook hoe hierdie projek daartoe bydra om kulturele erfenis te bewaar en te vier, terwyl dit t...
KOPSKUIF - VivA se Rol in Afrikaansonderwys met Nadine Fouché-Karsten 23.08.2025 50:13
In hierdie week se Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Nadine Fouché-Karsten, taalkundeskrywer en -navorser by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Nadine deel praktiese riglyne oor hoe om taalnavrae te rig, verduidelik die waardevolle hulpmiddels wat VivA aan Afrikaansonderwysers bied, en gee ’n kykie in hulle werkswinkel oor kritiese taalbewustheid.
KOPSKUIF - Wiskunde vir Kleuters – Lizette van Huyssteen 16.08.2025 47:28
In hierdie episode van Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Lizette van Huyssteen, stigter van die Practica Program, oor hoe kleuters van kleins af ’n natuurlike aanvoeling vir wiskunde kan ontwikkel. Ontdek hoe hierdie vaardigheid nie net leer help nie, maar ook die lewe later vergemaklik en nuwe deure oopmaak.
KOPSKUIF - Anél Wood, dramaghoeroe, vryskutstorieverteller, aktrise, stemkunstenaar en digitale skepper 09.08.2025 45:52
Anél Wood, dramaghoeroe, vryskutstorieverteller, aktrise, stemkunstenaar en digitale skepper, op Kopskuif. Kom luister hoe Anél vertel van die rol wat ATKV-Tjokkertoneel in die ontwikkeling van kinders speel en die vaardighede wat deur hierdie projek by kinders tuisgebring word. Verder gesels Anél oor die ryk taalskat van Afrikaans en die kreatiewe ATKV-veldtogte wat idiome, limerieke en vreemde w...
KOPSKUIF - Lydia Jaquire: ATKV as ’n Baken van Krag, Kultuur en Kreatiwiteit 02.08.2025 34:39
Lydia Jaquire van die ATKV-jeugtak Kultuurkatte is op 2 Augustus die gas op Kopskuif. In hierdie gesprek deel sy hoe die ATKV ’n onwrikbare baken is vir die krag, kultuur en kreatiwiteit van ons gemeenskappe. Lydia praat oor die belangrike rol wat die ATKV speel in die ontwikkeling van jong talent en die koestering van toekomstige leiers. Sy deel ook hoe dié organisasie ’n plek bied waar elke hart...
KOPSKUIF - Jerome Rex – Die Woordsmid agter die Musiek 26.07.2025 32:29
Woordsmid, liedjieskrywer en rymkletser Jerome Rex kuier saam op Kopskuif en deel sy unieke reis van hoe hy hiphop en kerkmusiek op kreatiewe wyse saamgevoeg het. In hierdie episode gesels hy openhartig oor sy musiekloopbaan, toneelspel, sy rol as pa en die stories agter die lirieke. Skakel gerus in om dié veelvlakkige kunstenaar en storieverteller beter te leer ken. ’n Uur van inspirasie, insig e...
KOPSKUIF - 94 Jaar van Erfenis en Hoop – met Toni Ward 19.07.2025 24:58
In hierdie episode van Kopskuif gesels Toni Ward, voorsitter van die ATKV-tak Kro’bossie in De Aar, oor die tak se rol as kulturele anker die afgelope 94 jaar. Luister hoe sy vertel van projekte wat erfenis bewaar, Afrikaans laat blom, jong talent ontwikkel en toekomstige leiers help vorm. ’n Viering van kultuur, gemeenskap en toekomsbou wat jy nie wil misloop nie.
KOPSKUIF - Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, dekade van baanbrekerswerk 12.07.2025 47:03
Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, (VivA) gesels oor hulle dekade van baanbrekerswerk. Alhoewel dit aanvanklik net ʼn navorsingsprojek sou wees wat oor vyf jaar strek, het die waarde daarvan gou geblyk en tans is VivA totaal onmisbaar. Dit fokus veral op die drie hooffunksies: die beskrywing en bestudering van Afrikaans, die ontwikkeling van omvattende...
KOPSKUIF - Marga Jonker, skrywer en onderwyseres by Durbanville Voorbereidingskool, kodering en robotika as skoolvak 05.07.2025 37:25
Marga gesels oor kodering en robotika as skoolvak, haar passie vir kinderstories, en hoe hierdie twee wêrelde saamvloei in haar kreatiewe werk. Jy sal ook hoor hoe kinders se liefde vir tegnologie haar geïnspireer het om unieke boeke te skryf waar kinders en robotika die hoofrol speel!
KOPSKUIF - Albert van Wyk se passie om entrepreneurs en besigheidseienaars te motiveer om finansiële sukses te bereik. 28.06.2025 25:23
Op die ouderdom van 22 kon jy hom reeds ’n miljoenêr noem. Nie net is hy is ’n entrepreneur nie, maar ook ’n eiendomsbelegger, selfgemaakte miljoenêr, gekwalifiseerde industriële ingenieur en topverkoper-skrywer. Skakel op Saterdag 28 Junie op Kopskuif in en kom luister hoe Albert van Wyk mense regoor die land in staat stel om hul rykdom op te bou. Hy gesels oor sy passie om entrepreneurs en besig...
KOPSKUIF - Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke 21.06.2025 28:30
Lees is baie belangrik. Dit is een van die vaardighede wat ’n kind vir die res van sy lewe gaan gebruik en daarom is dit belangrik dat ’n kind goed kan lees en met begrip kan lees. Op Saterdag 21 Junie 2025 gesels Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke, op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe Tippie, die trots Suid-Afrikaanse olifant, kinders lief kan maak vir lees.
KOPSKUIF - Esté Rabé van RAAF: ’n Musiekreis vol Passie en Kreatiwiteit 14.06.2025 39:02
In hierdie inspirerende episode van Kopskuif kuier die talentvolle Esté Rabé van die groep RAAF saam en neem luisteraars op ’n reis deur haar lewe in musiek. Sy deel hoe haar liefde vir musiek van jongs af begin het, die invloede wat haar kreatiewe styl gevorm het, en haar pad van verhoogkind tot professionele kunstenaar. Esté gesels ook oor haar jongste projek, 100 vir 100 in Afrikaans, en die ha...
KOPSKUIF - Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes 07.06.2025 32:45
Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld ’n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap, jou dorp, jou land en selfs die wêreld. Skakel in en kom luister hoe Brandon stories van hoop en omgee...
KOPSKUIF - Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie 31.05.2025 28:13
Op 31 Mei gesels Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie. Hierdie eerste plaaslike musiekkompetisie wat eksklusief op 50-plussers gerig is, word in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif aangebied. Met verskillende kategorieë en opwindende pryse bied die kompetisie ’n platform vir musikale 50-plussers.
KOPSKUIF - Melineze Christie, arbeidsterapeut, gesels die rol van speel in sensoriese integrasie 24.05.2025 22:00
Die kind se wêreld is ’n speel-wêreld waardeur hulle hulself en die wêreld om hulle leer ken. Op 24 Mei gesels Melineze Christie, arbeidsterapeut, op Kopskuif oor sensoriese integrasie en die rol van speel in sensoriese integrasie. Speel ondersteun die ontwikkeling van die totale kind – fisiek, kognitief, sosiaal en emosioneel. Melineze gesels ook oor vaardigheidsontwikkeling.
KOPSKUIF - Dr. Jo-Marie Bothma: Emosies, Regulering en Veerkragtigheid by Kinders 17.05.2025 36:03
In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels kliniese sielkundige en spelterapeut, dr. Jo-Marie Bothma, oor die belangrike rol van emosies in ons lewens. Sy deel praktiese insigte oor emosionele regulering, hoe om kinders te help om emosioneel veerkragtig te wees, en hoe om hoop te behou te midde van negatiewe emosies. Luister gerus na hierdie gesprek vol deernis en kundigheid – nou beskikb...
KOPSKUIF – Afrikaans 100: ’n Taal om te vier! 10.05.2025 23:00
Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal! 🇿🇦✨ Op Kopskuif gesels Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100, oor die geskiedenis, groei en viering van dié dinamiese taal—én hoe jy deel kan wees van die feesvieringe, projekte en kompetisies. Luister ook na Elias P. Nel se unieke verwerking van Psalm 8—’n storievertelling met siel.
KOPSKUIF – Petronel Fourie gesels oor Weet: ’n Afrikaanse aanlyn ensiklopedie vir leerders 03.05.2025 28:54
In hierdie episode van Kopskuif gesels ons met Petronel Fourie, projekbestuurder van Weet – ’n Afrikaanse aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders. Weet bied betroubare, kurrikulumgerigte inhoud wat leerders help met navorsing en skooltake in hul moedertaal. Kom hoor hoe hierdie platform toegang tot kennis verbeter, en hoe hul nuwe mobiele toepassing dit nóg makliker maak om inligting byd...
KOPSKUIF – Speel-speel leer met Dokka Swart: Hoe Doen en Leer kinders se wêreld verander 26.04.2025 35:03
In hierdie episode van Kopskuif gesels ons met Dokka Swart oor Doen en Leer – ’n innoverende, holistiese program wat kinders help om lees, wiskunde en algemene leer op ’n speelse manier baas te raak. Die program gebruik visuele, ouditiewe en kinestetiese metodes om leer pret en toeganklik te maak. Ontdek hoe hierdie projek, ondersteun deur Vriende van Afrikaans (VVA), hoop bring aan kinders wat vo...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS