RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Education

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

30 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Kompas 7 Desember 2021 07.12.2021

Athina Jansen praat met die eienaars van Smooth Eatz oor entrepreneurskap. en hoe hulle die jeug wil bemagtig.

Kompas 6 Desember 2021 06.12.2021

Athina Jansen gesels met uitblinker Keith Lewis. Hy is die huidige kampioen van die Virtuele Poetry Slam-kompetisie wat aangebied is deur die Nasionale Biblioteek van SA in samewerking met PanSALB.

Kompas 3 Desember 2021 03.12.2021

Ons gesels met Erl September, digitale redakteur by die Son, en met die Johannesburgse rymkletser, Roman Hufkie.

Kompas 2 Desember 2021 02.12.2021

Athina Jansen praat psigometris oor hoe leerders eksamenstres tot hulle voordeel kan gebruik, hoe ouers en kinders mekaar beter kan verstaan en minder druk op mekaar plaas.

Kompas 1 Desember 2021 01.12.2021

Athina Jansen praat met sjef Oscar Baard ‘n loopbaan in die gasvryheidsbedryf, en hoe jy jou eie besigheid kan begin, al werk jy voltyds.

Kompas 30 November 2021 30.11.2021

Athina Jansen praat met Adrian Alderson van Granville Energy oor  die uitdagings wat kleinsakeondernemings en entrepreneurs in die gesig staar, veral tydens die Covid-pandemie.

Kompas 29 November 2021 29.11.2021

Athina Jansen praat met ‘n matriekuitblinker van Limpopo, Koben Hofmeyer, oor sy prestasies en die toekenning wat hy by sy skool ontvang het. Hy moedig jongmense aan om nooit op te gee nie.

Kompas 26 November 2021 26.11.2021

Dit is Gestremheid-bewusmakingmaand. Akteur Erik Holm vertel hoekom inklusiwiteit uiters belangrik is, en Jorien Snyders deel haar storie.

Kompas 25 November 2021 25.11.2021

Athina Jansen praat met die niewinsgewende organisasie, Child Welfare SA Kraaifontein, se kantoorhoof, Cambell January, oor die welsyn en behoeftes van kinders. Hulle vertel ook wat hulle gaan doen tydens die 16 dae veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Kompas 24 November 2021 24.11.2021

Athina Jansen kyk na gasvryheid as ‘n loopbaanrigting. Celeste Dolan, ‘n kelner, en Werner Bouwer van Khamkirri vertel wat jy kan verwag as jy in die gasvryheidsbedryf wil werk.

Kompas 23 November 2021 23.11.2021

Talle leerders kan weens die Covid-19-pandemie steeds nie skool bywoon nie. Francois van der Merwe praat met juffrou Elsa Ward om meer inligting te kry oor aanlyn-leer.

Kompas 22 November 2021 22.11.2021

Dit is Uitblinkermaandag. Leerders van die Hoërskool Martin Oosthuizen verduidelik hoe uiesaad- en rosyntjieproduksie werk. Ons gesels ook met Dries Smit, ‘n 25-jarige produksiebestuurder, oor sy aanstelling by Southern Fruit Growers op Kakamas.

Kompas 18 November 2021 18.11.2021

Athina Jansen gesels met die graad 10 dramaleerders by New Orleans Hoërskool, wat deel van die Mass Particpation, Opportunity and Access, Development and Growth-program wat deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur aangebied word.

Kompas 17 November 2021 17.11.2021

Athina Jansen gesels met Seboletswe Serage, wat haar lewenservarings met jongmense deel om te hulle te inspireer.

Kompas 16 November 2021 16.11.2021

Mnr. Johan Joubert van die Hoërskool Bellville gee leerders ‘n laaste paar wenke oor hoe hulle beter vir die Lewenswetenskappe-vraestelle kan voorberei.

Kompas 15 Oktober 2021 15.11.2021

Athina Jansen hoor by Chante Adams van die OVK hoekom ons moes deelneem aan die plaaslike regeringsverkiesing, wat op 1 November plaasgevind het.

Kompas 12 November 2021 12.11.2021

Chrislynn Sias gesels met twee vroue met lewenslus en ambisie. Hulle praat oor die belangrikheid van jou herkoms en identiteit.

Kompas 11 November 2021 11.11.2021

Athina Jansen praat met die stigter en bestuurshoof van Matriek Kollege, Jan Badenhorst, oor die kursusse wat hulle aanbied, en hoe jy kan aansoek doen indien jy jou matrieksertifikaat wil voltooi.

Kompas 10 November 2021 10.11.2021

Athina Jansen kuier in Okiep by die bekroonde internasionale dansensemble, GARAGE. Een van die stigters, Alfred Hinkel, vertel meer van dié dansgeselskap, en Byron Klassen, choreograaf, vervaardiger en professionele danser, deel sy ervaring.

Kompas 9 November 2021 09.11.2021

Baie leerders wat in 2022 begin studeer, is onseker oor hulle pad vorentoe. Ons praat met ses eerstejaarstudente wat insig gee in die lewe van ‘n student.

Kompas 8 November 2021 08.11.2021

Athina Jansen praat met Chante Adams van die OVK oor waarom ons moes deelneem aan die plaaslike regeringsverkiesing.

Kompas 5 November 2021 05.11.2021

Die pandemie het die wêreld op sy kop gedraai. Die uitvoerende kunste is een sektor wat die hardste hierdeur getref is. Twee kunstenaars, Whaden Johannes en Kyle,  vertel van die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het, en of die kunste nog ‘n volhoubare loopbaankeuse is.

Kompas 4 November 2021 04.11.2021

Athina Jansen praat Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, oor hoe leerders kan voorberei vir die eindeksamen, en hoe hulle vraestelle kan interpreteer en beantwoord.

Kompas 3 November 2021 03.11.2021

Athina Jansen gesels met leerders van Okiep Hoërskool wat aan ‘n wiskundekunskompetisie deelgeneem het. Peter Kriel van The Independent Institution of Education het raad vir Graad 12’s en hulle ouers.

Kompas 2 November 2021 02.11.2021

Francois van der Merwe praat met Juf. Celia Brink van die Hoërskool Bellville, wat vir leerders 'n laaste paar wenke gee, en verduidelik hoe hulle beter vir hulle Afrikaans-vraestel 1 kan voorberei.

Słuchaj podcastu Kompas w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS