Jan Oosthuizen
JanOosthuizen
Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.harvestercederberg.co.za
Autor
Jan Oosthuizen
Kategoria
Strona podcastu
Ostatni odcinek
13 wrz 2026
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Die Gevaar van die Enkel Storie Beeld 13.09.2026 50:07
Ons het almal al die pyn beleef wanneer iemand ons van iets beskuldig wat ons eerlikwaar nie gedoen het nie! Of wanneer ons 'n skinderstorie hoor wat heeltemal van die waarheid ontbloot is! Dit maak seer. Omdat ons almal deesdae op een of ander manier swaarkry, raak ons maklik selfgefokus. Voeg daarby die ure wat ons op skerms deurbring en na mekaar se stories kyk sonder om werklik kontak te m...
#3 Watter Geestelike Beginsels Kan Ons Leer van die ATLEET 06.09.2026 41:57
Die “atleet” taal en metavoor word dikwels gebruik in die NT, met goeie rede. DIe atleet is die beste voorbeeld van die beginsel van ONTHOUING, weerhouing, terughou, opoffering en dissipline wat die verg om ’n olimpiese medalje te verower. “Onthou hom van alles” vertaal die Grieks enkrateuetai, van enkrateia — selfbeheersing. Dit is nie ’n toevallige eienskap wat sommige mense het en ander nie bes...
#2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT? 30.08.2026 33:48
#2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT? 'n Soldaat gee sy lewe weg lank voor hy ooit 'n vyand sien. Die oomblik wat hy die eed aflê, hou hy op om aan homself te behoort. Paulus gebruik presies daardie beeld vir jou: "Ly saam met my as 'n goeie soldaat van Christus Jesus" (2 Tim 2:3)."Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus le...
#1 Watter geestelike beginsels kan ons leer van Boer? 23.08.2026 36:55
Hierdie is nogal regtigwaar 'n boodskap wat elke landbou produsent moet hoor of lees... om hulle moed in te praat oor hulle GELOOF wat hulle beter verstaan as die meeste mense!6Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet. 7Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp. 2 Tim 2:6 Boerdery is GELOOF in AKSIE. Kom ons leer van die BOER...
Goed Toegerus vir elke Goeie Werk 16.08.2026 48:45
'n Besinning oor 2 Petrus 1:3-8Toe jy in 'n oomblik wederbaar is as kind van God, is jy bestem om 'n heerser te wees. Nie oor 'n paleis nie – oor 'n domein, invloedssfeer, 'n “metron” en area, of gebied waaroor jy outoriteit het. Jou eerste heerskappy is oor jou eie hart en verstand. Daarvandaan brei dit uit: jou liggaam, jou huwelik, jou gesin, jou besigheid, die kringe waarin jy invloed dra. Elk...
Hoe die Kerk 'n teenmiddel vir Chaos en anargie kan wees. 26.07.2026 48:37
HOE DIE KERK 'N TEENMIDDEL VIR CHAOS EN ANARGIE KAN WEESHoekom voel dit asof die wêreld uitmekaar val? Skakel die nuus aan, blaai vyf minute op jou foon, en jy sal dit oral vind — leiers wat nie vertrou kan word nie, stelsels wat nie werk nie, en 'n stygende vloed mense wat eenvoudig opgehou het om te glo dat enigiets reggemaak kan word. Ons het 'n woord hiervoor in Grieks. Dit is anom...
Die Ware Betekenis van Sout wat Laf geword het 05.07.2026 34:54
Wanneer laas het iets presies reg gelyk – en toe nie die funksie verrig waarvoor dit vervaardig is nie? Dink aan 'n brandblusser wat, op die oomblik toe jy dit tydens 'n vuur moes gebruik, tot jou skok niks by die spuit uitkom nie. Of die selfoon se ekstra battery wat jy gedink het nog vol gelaai is, maar wat morsdood is wanneer jy dit wil gebruik. Of die noodnommer wat teen die yskas ges...
JEREMIA die onversetlike, volhardende, en onwrikbare PROFEET 28.06.2026 36:42
JEREMIA die onversetlike, volhardende, en onwrikbare PROFEETDie wêreld het vandag meer Jeremias nodig. In 'n tyd waarin die waarheid relatief geword het tot elke mens se opinie en die gewete 'n opoffering is wat min wil dra, smag ons na stemme wat onwrikbaar die waarheid praat — nêrens meer as hier in Suid-Afrika nie. Ons het manne en vroue van morele oortuiging nodig wat die waarheid sal spreek i...
Jy is presies op die regte plek waar God jou geplaas het 21.06.2026 58:41
Is Ek Op Die Regte Plek? Daar's 'n oomblik wat ons amal al op 'n tydstip beleef het: jy staan in die kombuis, of staan in 'n ry by SPAR, of sit agter 'n rekenaar, of in 'n kerk, en 'n stemmetjie vra of jy nie eintlik êrens anders moet wees nie. Elia voel verlate onder ’n besembos (1 Kon. 19:4). Moses swerf in die woestyn ver weg van sy mense ( Num. 11:15 ). Jona vlug van die bose stad Ninevé ( J...
Lewe vanuit 'n Oop Hemel Belewenis In Christus 14.06.2026 23:48
Die wêreld word by die dag meer en meer verdeeld. Die komende lokale verkiesing gaan mense nog meer verdeel in kampe. Verder groei die agterdog, wedywering, self-beskerming en ambisie ten koste van ander by die dag. In Christus is ons op ’n manier verbind aan mekaar, dat ons soms letterlik soos mekaar klink, in harmonie en liefde en omgee vir mekaar, versigtig om mekaar nie te na te kom nie, maar...
Aktiewe Geraasonderdrukking 14.06.2026 39:49
Aktiewe Geraasonderdrukking om die Heilige Gees te kan hoor. Hoe Jesus die stilte gevind het — en hoe ons dit ook kan vindDaar is 'n nuwe merkwaardige tegnologiese wonder - Apple AirPods Pro. Aktiewe geraasonderdrukking. Die mikrofone luister vir die geraas wat om jou gebeur — die motors, die mense, die lawaai van die alledaagse — en skep 'n teenklank. Geraas plus teenklank is gelyk aan st...
'n Algehele nuwe ORIËNTASIE vanuit die KONINGKRYK 14.06.2026 25:58
'n Algehele nuwe ORIËNTASIE vanuit die KONINGKRYK van GOD se PERSPEKTIEF - Soms benodig ons 'n heeltemal gans anderse perspektief op die realiteit van die Lewe! Preek Notas: www.harvestercederberg.co.za/n-algehele-nuwe-orientasie-vanuit-die-koningkryk-van-god-se-perspektief/
Konsentrasie en Fokus Jou Spesiale Gawe Van God #2 14.06.2026 40:05
#2 Konsentrasie en Fokus Jou Spesiale Gawe Van God ’n Studie het ondersoek hoe gereeld ’n gemiddelde Amerikaanse universiteitstudent werklik aandag gee aan enigiets. Die wetenskaplikes betrokke het dophousoftware op hul rekenaars geplaas en gemonitor wat hulle gedurende ’n tipiese dag doen. Hulle het ontdek dat ’n student gemiddeld elke vyf-en-sestig sekondes van take verwissel. Die mediaan tyd wa...
Konsentrasie en Fokus Jou Gawe van God #1 14.06.2026 37:25
“You will keep him in perfect peace,Whose mind is stayed on You,Because he trusts in You. Trust in the LORD forever, — Isaiah 26:3Die onlangse vloede en oorstromings wat ons hier in die Cederberg en Matzikama beleef het, riviere wat vir jare droog was, het oornag water monsters geword. Paaie en verskeie brue is weggespoel. Plaashuise en gemeenskappe is geïsoleer. En in daardie oomblik — het almal...
Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEID 19.04.2026 42:38
Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEIDJesus het eenmaal gesê dat in die laaste dae "die liefde van baie sal verkoel omdat die wetteloosheid vermeerder" (Matt. 24:12 ). Let op die volgorde — eers verkoel die liefde, dán neem wetteloosheid oor. Die antwoord op anargie is dus nie strenger reëls nie. Dit is 'n hart wat totaal gerig is op die Here! Hom liefhê met ons hele hart, siel...
Brandstof vir Geloof 12.04.2026 52:58
BRANDSTOF VIR GELOOF Hoe Voed en Beskerm Jy Jou Geloof? Elke mens leef vanuit 'n geloofstelsel en oortuiging. Mens dit 'n wêreldbeskouing, 'n lewensfilosofie, jy is 'n produk van wat jy glo. Nie 'n produk van jou omstandighede nie. Jou omstandighede is die produk van jou geloof. Geloof is 'n kosbare juweel, kosbaarder as goud... Daarom moet jy dit oppas, beskerm, en verdedi...
Kruisiging en Opstanding jou ASEM in die Gees 12.04.2026 44:06
KRUISIGING EN OPSTANDING: Die Asemhaling van die Gees. Jesus het nie net vir ons gesterf en opgestaan nie. Hy het ons gewys hóé om te leef. Die kruis en die leë graf is nie net teologie om te glo nie — dit is 'n bloudruk om te leef. 'n Lewenspatroon. 'n Templaat vir die diepste, mees volledige lewe waarvoor jy en ek geskape is."As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlo...
Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk 05.04.2026 40:42
Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk. Siel, Waarom is jy So Neerslagtig? Psalms 42 & 43Het jy 'n onversadigbare honger en dors na die teenwoordigheid van die Here? Voel jy soms paradoksaal naby en tog ver van die Here. Jy is in Christus, en tog voel jy op 'n gegewe oomblik verlate van Christus. Hierdie psalm begin met 'n soeke en begeerte ('n passievolle, emosione...
Verhoog jou ONDERSKEIDINGSVERMOË volgens Jesus se Perspektief: 22.03.2026 56:36
Verhoog jou ONDERSKEIDINGSVERMOË volgens Jesus se Perspektief: Ons staan op ’n wesenlike kantelpunt in die geskiedenis. Watter wêreldbeskouing gaan in die volgende eeu die sterkste staan? Ons leef tans in ’n tyd waarin die drie groot monoteïstiese, Abrahamitiese godsdienste—Judaïsme, Christendom en Islam—teenoor mekaar staan en as’t ware meeding oor watter een die mees positiewe en volhoubare bydr...
Die Skaal van die Lewe: Plesier en Betekenis in Goddelike Balans 22.02.2026 54:19
Die Skaal van die Lewe: Plesier en Betekenis in Goddelike Balans. Leef jy net vir die volgende lekker oomblik… of net vir die volgende verantwoordelikheid? Te veel plesier maak ons leeg. Te veel plig brand ons uit. Jesus sê: “Julle is die sout van die aarde… die lig van die wêreld.”Sout gee smaak én bewaar. Lig gee warmte én rigting. Kom ontdek hoe om jou tyd, jou besluite en jou lewe in Goddelike...
JESUS ons ANKER in STORMTYE 10.02.2026 25:42
Jesus is ons vaste ANKER in (VUCA - Volitile, Uncertain, Complex and Ambigious) Onrustige, Onseker, Komplekse en Wisselvallige tye. NOU meer as ooit het die wêreld JESUS nodig!! SO baie uitdagings! So baie probleme! Jesus is ons ANKER PUNT - ons vaste Rots. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heilig...
Jesus se sagtheid as dié Waarheid 25.01.2026 46:21
20 ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. Mat 12;18-21Hierdie gedeelte verwoord die wonderlike paradoks van Jesus as die Seun van God, die uitdruklike beeld van God (Heb 1:3) se deernisvolle sagtheid en sensitiwiteit as die Waarheid! Hy is immers die volle vleeswording van Waarheid, die Logos, die volmaa...
Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie 18.01.2026 31:15
Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie — maar deur Gees-geïnspireerde aksieDaar is ’n oorlog wat nie op fisiese slagvelde plaasvind nie. Geen bloed. Geen geraas. Geen sirenes. En tog eis dit meer slagoffers as enige oorlog in die geskiedenis. Dis die oorlog binne-in. Gedagtes wat deurmekaar maal. Herinneringe wat soos getye opswel — ongevra, onbeheerbaar. Vrees wat soos ’n druppende k...
Leef en Droom God se Droom deur Profetiese Openbaring 18.01.2026 1:17:42
Ons almal droom—van ’n beter lewe, meer sukses, groter invloed en erkenning—maar die meeste drome bly net drome, as jy nie die werk insit om 'n droom te verwesenlik nie. Baie drome is egter net selfsugtige ambisie is en nie roeping nie. Daar is ’n wêreld se verskil tussen om jou eie droom na te jaag en om God se droom te leef: ambisie bou ’n naam, roeping bou ’n nalatenskap. Ambisie vra wat e...
Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig 04.01.2026 49:42
Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig Reeks #2 Goddelike Visualisering Ek is partykeer opreg verbaas hoe verskillend mense dieselfde ding kan sien—Sommige mense sien onmiddellik moeilikheid en gevaar in elke idee. Dis asof hulle innerlike alarmstelsel permanent op “rooi” staan: Wat kan verkeerd gaan? Waar is die strik? Ander is weer só ingestel op mense dat hulle elke sinsnede ontleed met agterd...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS