Jan Oosthuizen

JanOosthuizen

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.harvestercederberg.co.za

Autor

Jan Oosthuizen

Kategoria

Religion

Ostatni odcinek

14 cze 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android 5 mln+ pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Lewe vanuit 'n Oop Hemel Belewenis In Christus 14.06.2026

Die wêreld word by die dag meer en meer verdeeld. Die komende lokale verkiesing gaan mense nog meer verdeel in kampe. Verder groei die agterdog, wedywering, self-beskerming en ambisie ten koste van ander by die dag. In Christus is ons op ’n manier verbind aan mekaar, dat ons soms letterlik soos mekaar klink, in harmonie en liefde en omgee vir mekaar, versigtig om mekaar nie te na te kom nie, maar...

Aktiewe Geraasonderdrukking 14.06.2026

Aktiewe Geraasonderdrukking om die Heilige Gees te kan hoor. Hoe Jesus die stilte gevind het — en hoe ons dit ook kan vindDaar is 'n nuwe merkwaardige tegnologiese wonder - Apple AirPods Pro. Aktiewe geraasonderdrukking. Die mikrofone luister vir die geraas wat om jou gebeur — die motors, die mense, die lawaai van die alledaagse — en skep 'n teenklank. Geraas plus teenklank is gelyk aan st...

'n Algehele nuwe ORIËNTASIE vanuit die KONINGKRYK 14.06.2026

'n Algehele nuwe ORIËNTASIE vanuit die KONINGKRYK van GOD se PERSPEKTIEF - Soms benodig ons 'n heeltemal gans anderse perspektief op die realiteit van die Lewe! Preek Notas: www.harvestercederberg.co.za/n-algehele-nuwe-orientasie-vanuit-die-koningkryk-van-god-se-perspektief/

Konsentrasie en Fokus Jou Spesiale Gawe Van God #2 14.06.2026

#2 Konsentrasie en Fokus Jou Spesiale Gawe Van God ’n Studie het ondersoek hoe gereeld ’n gemiddelde Amerikaanse universiteitstudent werklik aandag gee aan enigiets. Die wetenskaplikes betrokke het dophousoftware op hul rekenaars geplaas en gemonitor wat hulle gedurende ’n tipiese dag doen. Hulle het ontdek dat ’n student gemiddeld elke vyf-en-sestig sekondes van take verwissel. Die mediaan tyd wa...

Konsentrasie en Fokus Jou Gawe van God #1 14.06.2026

“You will keep him in perfect peace,Whose mind is stayed on You,Because he trusts in You. Trust in the LORD forever, — Isaiah 26:3Die onlangse vloede en oorstromings wat ons hier in die Cederberg en Matzikama beleef het, riviere wat vir jare droog was, het oornag water monsters geword. Paaie en verskeie brue is weggespoel. Plaashuise en gemeenskappe is geïsoleer. En in daardie oomblik — het almal...

Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEID 19.04.2026

Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEIDJesus het eenmaal gesê dat in die laaste dae "die liefde van baie sal verkoel omdat die wetteloosheid vermeerder" (Matt. 24:12 ). Let op die volgorde — eers verkoel die liefde, dán neem wetteloosheid oor. Die antwoord op anargie is dus nie strenger reëls nie. Dit is 'n hart wat totaal gerig is op die Here! Hom liefhê met ons hele hart, siel...

Brandstof vir Geloof 12.04.2026

BRANDSTOF VIR GELOOF Hoe Voed en Beskerm Jy Jou Geloof? Elke mens leef vanuit 'n geloofstelsel en oortuiging. Mens dit 'n wêreldbeskouing, 'n lewensfilosofie, jy is 'n produk van wat jy glo. Nie 'n produk van jou omstandighede nie. Jou omstandighede is die produk van jou geloof. Geloof is 'n kosbare juweel, kosbaarder as goud... Daarom moet jy dit oppas, beskerm, en verdedi...

Kruisiging en Opstanding jou ASEM in die Gees 12.04.2026

KRUISIGING EN OPSTANDING: Die Asemhaling van die Gees. Jesus het nie net vir ons gesterf en opgestaan nie. Hy het ons gewys hóé om te leef. Die kruis en die leë graf is nie net teologie om te glo nie — dit is 'n bloudruk om te leef. 'n Lewenspatroon. 'n Templaat vir die diepste, mees volledige lewe waarvoor jy en ek geskape is."As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlo...

Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk 05.04.2026

Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk. Siel, Waarom is jy So Neerslagtig? Psalms 42 & 43Het jy 'n onversadigbare honger en dors na die teenwoordigheid van die Here? Voel jy soms paradoksaal naby en tog ver van die Here. Jy is in Christus, en tog voel jy op 'n gegewe oomblik verlate van Christus. Hierdie psalm begin met 'n soeke en begeerte ('n passievolle, emosione...

Verhoog jou ONDERSKEIDINGSVERMOË volgens Jesus se Perspektief: 22.03.2026

Verhoog jou ONDERSKEIDINGSVERMOË volgens Jesus se Perspektief: Ons staan op ’n wesenlike kantelpunt in die geskiedenis. Watter wêreldbeskouing gaan in die volgende eeu die sterkste staan? Ons leef tans in ’n tyd waarin die drie groot monoteïstiese, Abrahamitiese godsdienste—Judaïsme, Christendom en Islam—teenoor mekaar staan en as’t ware meeding oor watter een die mees positiewe en volhoubare bydr...

Die Skaal van die Lewe: Plesier en Betekenis in Goddelike Balans 22.02.2026

Die Skaal van die Lewe: Plesier en Betekenis in Goddelike Balans. Leef jy net vir die volgende lekker oomblik… of net vir die volgende verantwoordelikheid? Te veel plesier maak ons leeg. Te veel plig brand ons uit. Jesus sê: “Julle is die sout van die aarde… die lig van die wêreld.”Sout gee smaak én bewaar. Lig gee warmte én rigting. Kom ontdek hoe om jou tyd, jou besluite en jou lewe in Goddelike...

JESUS ons ANKER in STORMTYE 10.02.2026

Jesus is ons vaste ANKER in (VUCA - Volitile, Uncertain, Complex and Ambigious) Onrustige, Onseker, Komplekse en Wisselvallige tye. NOU meer as ooit het die wêreld JESUS nodig!! SO baie uitdagings! So baie probleme! Jesus is ons ANKER PUNT - ons vaste Rots. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heilig...

Jesus se sagtheid as dié Waarheid 25.01.2026

20  ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. Mat 12;18-21Hierdie gedeelte verwoord die wonderlike paradoks van Jesus as die Seun van God, die uitdruklike beeld van God (Heb 1:3) se deernisvolle sagtheid en sensitiwiteit as die Waarheid! Hy is immers die volle vleeswording van Waarheid, die Logos, die volmaa...

Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie 18.01.2026

Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie — maar deur Gees-geïnspireerde aksieDaar is ’n oorlog wat nie op fisiese slagvelde plaasvind nie. Geen bloed. Geen geraas. Geen sirenes. En tog eis dit meer slagoffers as enige oorlog in die geskiedenis. Dis die oorlog binne-in. Gedagtes wat deurmekaar maal. Herinneringe wat soos getye opswel — ongevra, onbeheerbaar. Vrees wat soos ’n druppende k...

Leef en Droom God se Droom deur Profetiese Openbaring 18.01.2026

Ons almal droom—van ’n beter lewe, meer sukses, groter invloed en erkenning—maar die meeste drome bly net drome, as jy nie die werk insit om 'n droom te verwesenlik nie.  Baie drome is egter net selfsugtige ambisie is en nie roeping nie. Daar is ’n wêreld se verskil tussen om jou eie droom na te jaag en om God se droom te leef: ambisie bou ’n naam, roeping bou ’n nalatenskap. Ambisie vra wat e...

Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig 04.01.2026

Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig Reeks #2 Goddelike Visualisering Ek is partykeer opreg verbaas hoe verskillend mense dieselfde ding kan sien—Sommige mense sien onmiddellik moeilikheid en gevaar in elke idee. Dis asof hulle innerlike alarmstelsel permanent op “rooi” staan: Wat kan verkeerd gaan? Waar is die strik? Ander is weer só ingestel op mense dat hulle elke sinsnede ontleed met agterd...

Verstandige perspektief op die Seën van die Here 14.12.2025

God verkoop nie ’n maklike pad met ’n geestelike “be blessed” plakker nie. Die Bybel maak nie mooi praatjies om jou toewyding te koop nie—dit vertel die waarheid. Moses het vooraf geweet daar gaan weerstand wees. Paulus het vooraf geweet daar gaan lyding wees. En tog… God was met hulle. Spreuke 13:12: “’n Verwagting wat nie uitkom nie, maak ’n mens mismoedig…” Joh. 16:33: “In die wêreld sal julle...

Moenie Mense Ghost oor Een Slegte Dag Nie 30.11.2025

(Een flop maak nie ’n villain nie – Cancel of genade?) Jy ken my nie, jy ken net daai een oomblik Ons leef in ’n wêreld van screenshots, snippets en stories. Iemand sê één ding verkeerd in ’n WhatsApp-groep, maak één fout by die werk, laat jou één keer sleg voel – en skielik het jy ’n “final opinion” oor daardie persoon Notas:

Wanneer God nie SIN maak nie? 16.11.2025

Het jy al gevoel: “Here… waar is U? Hoekom lyk dit of U ander antwoord en ek hoor net stilte?” Jy is nie alleen nie. ✨ Hierdie Sondag bestudeer ons een van die mees eerlike en bemoedigende stories in die evangelies: Johannes die Doper – God se gunsteling – in die tronk… en Jesus bly stil. 🔹 Hoekom red Jesus sommige mense… en ander nie? 🔹 Wat doen jy wanneer jou omstandighede jou geloof wil stee...

🌾 Laat jou siel gevoed word deur God se Woord 🌾 02.11.2025

Voel jy geestelik uitgehonger? Dis omdat jy nie net ’n liggaam het nie — jy ís ’n siel. En jou siel kan net versadig word deur die Woord wat lewe bring. “Die mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” – Matteus 4:4 Ons vergeet dikwels wat ons lees, omdat ons dit nog nie ingeneem en geinternaliseer het nie. Dis soos om kos te proe, maar nooit in te sluk n...

#2 “Heilige Grense - As jy die lyn trek, begin die oorlog” 28.10.2025

Het jy al agtergekom — die oomblik as jy vir iemand “nee” sê, word jy die slegte ou? Maar selfs God het grense gestel. Grense hou lewe in, en chaos uit. Elke keer wat jy “nee” sê, herwin jy grond wat die duiwel huurvry beset het. Elke grens is ’n geestelike oorlogsverklaring teen wanorde !

Heilige Grense - Hoe God die Wêreld Genees deur Tuine van Orde 28.10.2025

Die meeste mense in die Westerse wêreld hou nie van enige beperkinge nie. Ons wil ons eie lewens lei, op ons eie manier. Grense is nie tralies nie; dit is die randstene van wysheid. Soos sypaadjies 'n pad veilig hou, 'n skildery eers tot sy reg kom in 'n raam, en musieknote jou gemoed streel wanneer dit in 'n bepaalde ritme en akkoord is. Sonder grense raak liefde goedkoop, werk &#...

Ontwikkel jou Geestelike Sintuie! 28.10.2025

Die wêreld hou jou oë, ore en hart besig. Dis likes, shares en eindelose scrolls. Maar diep binne jou, onder al die geraas, lê daar ’n honger — jou gees weet: daar is meer… Nuwe navorsing wys wat antieke geloof nog altyd geweet het: dat ons gebou is met ’n bewussyn vir die ewige — ’n ingeboude verlange na sin en betekenis, vryheid en eenwording met God. En tog, in ons moderne wêreld, raak daardie...

Herlewing-'n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike Welsyn 28.09.2025

Herlewing—’n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike Welsyn HERLEWING, VERNUWING, TRANSFORMASIE, VERANDERING, NUWE LEWE! Ons hoor gerugte en getuienisse van HERLEWING regoor die aarde, soos mense terugkeer na die Here toe!! Ons vervang die TEENWOORDIGHEID en INSPRAAK van die Heilige Gees so maklik met videogrepe, prentjies en inspirerende woorde hier en daar… terwyl Hy wag om ons TE VUL met Sy...

DIE OORLOG TEEN VALSE PERSEPSIES 14.09.2025

Jesus het na 40 dae van vas en versoeking in die woestyn teruggekeer, in die krag van die Gees. Sy eerste stop? Sy eie tuisdorp, Nasaret. Daar het hulle Hom eers bewonder vir die “genadevolle woorde” uit sy mond… maar ’n oomblik later wou hulle Hom van die krans afgooi (Luk. 4:14–31). 👉 Hoekom draai ’n skare se bewondering binne minute in haat? 👉 Hoe kan één woord só uiteenlopende emosies losmaa...

Słuchaj podcastu JanOosthuizen w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS