RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Hoe verklaar jy dit? 27 Junie 2021 27.06.2021 24:33
Ons leer meer van suikerbekkies; ons kenner verklaar hoe ‘n skilpad sonder ribbes asemhaal; en ons hoor hoekom warmwaterpype vinniger vries as kouewaterpype.
Hoe verklaar jy dit? 20 Junie 2021 20.06.2021 24:17
Ons vind meer uit oor die wonder van die migrasiepatrone van verskeie diere. Ons hoor of die manlike en vroulike geslagte verskillende evolusiepaaie geneem het. En in ons kitsvraag verklaar ons hoekom jou hart aanhou met klop.
Hoe verklaar jy dit? 13 Junie 2021 13.06.2021 24:11
Ons vind uit hoe sekere spinnekoppe elektrisiteit in hulle spinnerakke gebruik om prooi te vang. Hoekom is die lug blou? Ons leer meer oor hoe selle ontdek is.
Hoe verklaar jy dit? 6 Junie 2021 06.06.2021 24:31
Ons vind uit wanneer die aarde se magneetveld weer gaan omswaai. Ons leer meer van die pofadder se paringtyd, en Dave Pepler gee wenke gee wat jy op jou volgende sampioensoektog kan toepas om die giftige sampioene te vermy.
Hoe verklaar jy dit? 30 Mei 2021 30.05.2021 23:29
Ons kyk na vrae wat handel oor slange wat soos akkedisse lyk of akkedisse wat soos slange lyk. Ons beantwoord 'n vraag wat gaan oor jou lyf wat ‘n antenna is, en wat presies maak ‘n spesie homeotermies of poikilotermies.
Hoe verklaar jy dit? 23 Mei 2021 23.05.2021 23:31
Ons kyk na moontlike oplossings vir die gemors wat die Indiese Myna/spreeu veroorsaak, hoor hoekom meer vroue deesdae meer hartaanvalle kry, en bespreek predatore se jagroetines.
Hoe verklaar jy dit? 16 Mei 2021 16.05.2021 24:15
Ons luister na die eerste aflewering van die ontdekkingsverhaal van selle, en ‘n medikus verduidelik wat bilharzia is, wat miljoene mense elke jaar affekteer.
Hoe verklaar jy dit? 9 Mei 2021 09.05.2021 24:25
Vind meer uit oor die vervanging van varkharte in menslike hartoorplantings. Ons hoor hoe spesiaal ons as spesie is, en ons gesels oor rotstekeninge en hulle oorsprong.
Hoe verklaar jy dit? 2 Mei 2021 02.05.2021 24:18
Sal ‘n supernova die aarde se einde beteken? Ons kyk na verskillende spinnekoplokvalle, en leer meer oor die belang van speeksel.
Hoe verklaar jy dit 25 April 2021 25.04.2021 24:08
Wat is ‘n permakultuur? Kan ‘n penis van kleur verander na ‘n penisoorplanting? Hoekom het almal vingerafdrukke?
Hoe verklaar jy dit? 18 April 2021 18.04.2021 24:49
Hoe kan jy hondsdolheid oorleef? Waai blaasoppies weg? Sal jou hond saam met jou TV-reekse begin kyk?
Hoe verklaar jy dit? 11 April 2021 11.04.2021 24:25
Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as jy op dit klim wanneer die skaal op 'n matjie staan teenoor die lesing as die skaal op 'n harder oppervlakte staan? En, hoe gevaarlik is radiogolwe vir daardie voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei?
Hoe verklaar jy dit? 4 April 2021 04.04.2021 25:54
Hoekom word jou horlosie se vermoë om akkuraatheid te behou, beinvloed tydens beurtkrag? Hoekom zoem 'n muskiet as hy nadervlieg om jou te byt? Hoe is die piramides oorspronklik gebou? Wat is die vertakte afbeelding op 'n klippie wat iemand opgetel het?
Hoe verklaar jy dit? 28 Maart 2021 28.03.2021 28:09
Wat is die storie van die Koch-sneeukristal? Wat is ‘n fraktaal? Hoekom word die woord, kalf, gebruik om die kleintjie van ‘n walvis te beskryf? Wil jy meer weet oor mantas?
Hoe verklaar jy dit? 21 Maart 2021 21.03.2021 24:43
Wat is die wetenskaplike naam vir die lig van vuurvliegies? Wat is hulle broeipatrone, en hoekom is hulle daar? Wat is die Kambriese ontploffing? Wat is Burgess-skalie?
Hoe verklaar jy dit? 14 Maart 2021 14.03.2021 30:18
Wat is die herkoms van die sesvoudige simmetrie van ‘n sneeukristal? Waarmee het dit te make? Hoe is dit moontlik dat die parameters van die heksagon in die sneeukristal so akkuraat dieselfde lengte het? Het ander loopvoëls soos emu’s of rhea’s ook net twee tone aan elke poot, soos byvoorbeeld die volstruis?
Hoe verklaar jy dit? 7 Maart 2021 07.03.2021 27:25
Wat is die omgewingsimpak van die vervaardiging van elektriese- teenoor binnebrand-enjins? Is jy bewus dat daar ‘n wêreldmotorspoedrekord opgestel is deur ‘n elektriese motor in 1899, en dat dié kar ‘n snelheid van 105 km per uur bereik het met elektriese aandrywing? Hoe lank hou die battery van ‘n elektriese motor? Bestaan Big Foot werklik?
Hoe verklaar jy dit? 28 Februarie 2021 28.02.2021 29:55
Hoe verskil kwantumfisika van ander natuurwetenskaplike wette? Wat is ‘n swart straler? En nee, dit het niks met vliegtuie te make nie. Kan jy die ouderdom van slange bepaal? En, hoe oud kan hulle word?
Hoe verklaar jy dit? 21 Februarie 2021 21.02.2021 21:20
Wat is die fossielfonds wat ‘n luisteraar in die Karoo gevind het? Wat is ‘n wolhaar-sambreelswam? En wat is die sampioen wat ‘n luisteraar bo-op ‘n termiethoop gevind het?
Hoe verklaar jy dit? 14 Februarie 2021 14.02.2021 28:05
Kon volstruise van staanspoor af nooit vlieg nie? Het jy geweet daar is vandag meer as 60 lewende spesies voëls wat nie kan vlieg nie? Daar is ook minstens drie vluglose uilspesies. En, kan magnetiese armbandjies of slimhorlosies wat bloeddruk, afstand en dies meer meet, ‘n invloed op ‘n mens te gestel hê?
Hoe verklaar jy dit? 7 Februarie 2021 07.02.2021 27:16
Wat het bome en klimaatverandering met mekaar te doen? Wat gebeur as die verkeerde bome op die verkeerde plek geplant word? Wat is plek-aangepaste bome? Wat is die verskil tussen ‘n meon en ‘n meson?
Hoe verklaar jy dit? 31 Januarie 2021 31.01.2021 24:09
Hoekom is die vleis van ‘n eend donker, en die borsvleis van ‘n hoender wit? Wat is mioglobien? Is reïnkarnasie konsepsueel moontlik? Is daar getuienis wat dit ondersteun?
Hoe verklaar jy dit? 24 Januarie 2021 24.01.2021 29:46
Kan ‘n waaier op sigself ‘n vertrek verkoel? Is die omgewingsimpak van ‘n sonstelsel se tegnologie skadelik en blywend?
Hoe verklaar jy dit? 17 Januarie 2021 17.01.2021 24:32
Hoe verkaar 'n mens die verspreiding, ewolusie en verwantskappe van vluglose voëls? Is die Madagaskar Olifantvoël nader verwant aan die Nieu-Seelandse kiwi as aan die Afrikavolstruis? Wat moet jy doen as ‘n skerpioen jou steek en daar geen mediese hulp beskikbaar is nie? En, wil jy meer weet oor skerpioene en hulle gif?
Hoe verklaar jy dit? 10 Januarie 2021 10.01.2021 26:05
Wat is die oorsaak van haarkleurveranderings by kinders soos hulle grootword? Wat kan jy doen om jou koolstofvoetspoor te verminder in hierdie tyd? Watter produkte het die hoogste koolstofvoetspoor?
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS