RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Hoe verklaar jy dit? 19 Desember 2021 19.12.2021 24:00
Hoe beskerm gesigmaskers jou? Watter maskers bied meer beskerming? Kan menslike aanraking ‘n seester laat vrek?
Hoe verklaar jy dit? 12 Desember 2021 12.12.2021 24:56
Ons kenners leer ons meer van die verskynsels by bewegende motorwiele – soos om regdeur te kan sien, of hoekom dit soms lyk asof die wiel agteruit beweeg. Ons vind ook meer uit van die voor- en nadele van voorbrande in die Nasionale Kruger Wildtuin.
Hoe verklaar jy dit? 5 Desember 2021 05.12.2021 24:21
Hoe hoor ons? Hoe gehoorsensitief is ons? Die span bespreek ook die velkleur en genetika van die witleeu en bruinleeu.
Hoe verklaar jy dit? 28 November 2021 28.11.2021 24:36
Die kenners leer ons meer van die MRI-masjien en die onmenslike geraas wat dit maak. Kan mRNA jou DNS verander? Hoekom is sommige slange se giftande voor in die mond, terwyl ander agter is?
Hoe verklaar jy dit? 21 November 2021 21.11.2021 23:31
Die kenners praat oor drome en halusinasies; wat presies reuk is; hoe besoelde lug ons affekteer; en hoe geelvinke die weer voorspel, en kan ons by hulle leer.
Hoe verklaar jy dit? 14 November 2021 14.11.2021 24:35
Ons leer meer van die geheimsinnige bloustertakkedis, en vind uit of daar slim en dom katte en honde is. Is dit waar dat mense met rooi hare ‘n hoër pyntolleransie het, of meer narkose benodig?
Hoe verklaar jy dit? 7 November 2021 07.11.2021 24:33
Hoekom lê geitjies net twee eiers? Hoekom vrek robbe in groot getalle? En, ons leer meer oor sonenergie se gebruike, en die invloed van sonpanele.
Hoe verklaar jy dit? 31 Oktober 2021 31.10.2021 24:31
Ons leer meer oor grootpoot-voëls se broeigedrag, hoe windrigtings ontstaan, hoekom ons huil, en of rooibostee voordelig kan wees vir skape.
Hoe verklaar jy dit? 24 Oktober 2021 24.10.2021 24:14
Die kenners vertel hoekom die meeste voëls nie ‘n penis het nie – so hoe gebeur voortplanting? Ons kyk na die ewolusie van seksualiteit, en watter effek moderne slaappille op breinfunksionering het.
Hoe verklaar jy dit? 17 Oktober 2021 17.10.2021 23:47
Ons delf dieper in ‘n vraag van ‘n vorige episode aangaande klank. Ons leer meer oor hoe voëls miere inspan om te help met hiegiëne, en hoeveel meer brandstof verbruik word a.g.v. spoedwalle.
Hoe verklaar jy dit? 10 Oktober 2021 10.10.2021 24:26
Die span praat oor volwasse ape se aggressiewe gedrag teenoor kleintjies in hulle trop. Ons vind meer uit oor volstruise se kloakale openings, en ons kyk na die Gregoriaanse jaartelling, weerpatrone en die aarde se magneetveld.
Hoe verklaar jy dit? 3 Oktober 2021 03.10.2021 23:23
Wat is kwik? Die span praat oor kwik se giftige geskiedenis en sy alledaagse gebruike. Daar word antwoorde gegee vir die vreemde verskynsels wat te sien is by Hondeklipbaai aan die Weskus van Suid-Afrika.
Hoe verklaar jy dit? 26 September 2021 26.09.2021 24:28
Die span verduidelik die ontbindingsprosesse nadat voëls vrek; die misdaadrekord van geitjies; en hoe ysblokkies in kookwater kan sink.
Hoe verklaar jy dit? 19 September 2021 19.09.2021 24:23
Hoekom word ‘n hoenderhaan nie doof van sy eie gekraai nie? Wat veroorsaak ‘n helikopter se steurende klapgeluid? Waar kom die Latynse en Griekse spesiebenaming vandaan?
Hoe verklaar jy dit? 12 September 2021 12.09.2021 24:21
Wat het wors met Botox te doen? Hoekom sal jy iets wat só giftig is in ‘n gesig spuit? Hoekom krap en verwoes huiskatte meubels? Hoe gemaak met ‘n rot wat ‘n boom opvreet?
Hoe verklaar jy dit? 5 September 2021 05.09.2021 24:45
Ons kenners praat oor die spanwerk van wedvlugduiwe; hoeveel mense wakker word tydens operasies; die 1969-aardbewing in Tulbagh; en hoe sneeublindheid veroorsaak word.
Hoe verklaar jy dit? 29 Augustus 2021 29.08.2021 23:55
Ons leer meer van ‘n keisersnee van ‘n verkleurmannetjie; en verkleurmannetjies se vorme van voortplanting. Kan katte en voëls bevriend raak? Wat weet ons van die heelal, en tot watter mate is dit selfgedefinieerd?
Hoe verklaar jy dit? 22 Augustus 2021 22.08.2021 24:41
Ons kenners verklaar termietkolonies, superorganismes en feetjiesirkels. Ons kyk na redes hoekom wildebeeste se getalle vermeerder. Kan jou houtlepel man alleen verhoed dat jou pot oorkook?
Hoe verklaar jy dit? 15 Augustus 2021 15.08.2021 24:44
Wat onderskei virusse, parasiete en bakterieë van mekaar? Ons hoor hoe sand in 'n volstruiseier opeindig sonder om ooit oopgbreek te word. Hoekom lê sekere voëls hulle eiers in ander se neste?
Hoe verklaar jy dit? 8 Augustus 2021 08.08.2021 24:02
Ons vind uit hoekom daar geen Lemur-halfapies op Afrikavasteland is nie. Wat beïnvloed AM- en FM-klankgolwe? Ons luister na die laast aflewering oor die ontdekking van selle.
Hoe verklaar jy dit? 1 Augustus 2021 01.08.2021 24:40
Ons leer meer van klank – Wat beïnvloed klank? Hoekom is sekere klanke harder, maak nie saak wat die afstand is nie? Wat is mistigheid se invloed op klank? Wat is jou koffie se klank? En ons vind meer uit van die mag van groepering by voëls.
Hoe verklaar jy dit? 25 Julie 2021 25.07.2021 24:25
Ons leer meer van die onsterflike jellievis, die ekologiese stappe wat gedoen word om ekostelsels te red, en hoe die Cullinan-diamant die aardoppervlak bereik het.
Hoe verklaar jy dit? 18 Julie 2021 18.07.2021 24:17
Ons leer meer oor die simfoniese uitvoering, wat veral die Bokmakierie vir ons gee. Ons kyk na die dalende syfers van witdood-haaie aan die kus van Suid-Afrika, en ons leer meer oor die baber se vermoë om asem te haal in modder.
Hoe verklaar jy dit? 11 Julie 2021 11.07.2021 24:16
Ons leer meer van kelkiewynvoëltjies. Ons beskou die ewolusie van die mens se beendere, ligamente, senings, aptyt en weerstand van nader. En, het jy geweet ‘n seeleeu kan ritme hou?
Hoe verklaar jy dit? 4 Julie 2021 04.07.2021 24:43
Ons vind meer uit van die impak wat oorfone op die bakterieë in jou oorkanaal het. Ons hoor waarheen ons sokkies verdwyn ná ‘n was, hoekom ander rye altyd vinniger beweeg as die ry waarin jy staan, en ons gaan meer leer oor ‘n slang se asemhalingstelsel.
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS