RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

6 lis 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,7+ iOS niedługo

Odcinki

Raad teen motorkapings - Deel 1 15.08.2024

Meer as 60 motorvoertuigkapings per dag, 2 000 per maand. Sleutellose toegang is nou ‘n spoggerige luukse van nuwe motors, maar Richard Brussow, ‘n voormalige polisieman, wat in anti-kaping spesialiseer, waarsku hieroor.

Jonk 15 Augustus 2024 15.08.2024

Dr. Ria Smit praat oor gevorderde velbehandelings by ’n dokter, soos vullers en biostimulators.

Oorsese vakansie vir 'n straatveër 15.08.2024

‘n Straatveër in Engeland se werkgewer het gesê hy mag nie ‘n skenking van sowat £3000 van die gemeenskap aanvaar vir ‘n vakansie in Portugal nie. Toe reik ‘n reisagentskap ‘n kompetisie met ‘n £3000 vakansie na Portugal as prys uit. Die reëls is egter so spesifiek opgestel dat net die straatveër dit kon wen.

Om 200 jaar se geskrifte na te vors 14.08.2024

Die Durbanville Moedergemeente word in 2026 twee eeue oud. Dr. Jurie Joubert is besig om die publikasies van die afgelope 200 jaar na te vors, en hy gaan daaroor skryf. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die proses en die uitdagings daarvan.

Aanlyntamheid 14.08.2024

Prof. Deon Tustin vertel van die Buro vir Marknavorsing se bevindinge oor aanlyntamheid.

Dwelmlekkers deur liefdadigheidsorganisasie versprei 14.08.2024

‘n Nieu-Seelandse liefdadigheidsorganisasie het ‘n anonieme skenking van lekkers. Nadat dit as deel van kospakkies versprei is, het hulle agtergekom dis eindlik die dwelm, metamfetamien, wat in dodelike dosisse in die lekkergoedpapiere toegedraai is.

Êrens oorsee 13 Augustus 2024 13.08.2024

Johan Schoeman vertel van sy lewe in Taipei, die hoofstad van Taiwan. Hy woon al 20 jaar daar.

Huishoudelike werkgewers se verantwoordelikheid met beserings 13.08.2024

Arbeidsregkenner Stephanie Cilliers praat oor huishoudelike werkgewers se verantwoordelikheid ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes, as dit kom by beserings en aansteeklike siektes.

Miljoene dollar se hoendervlerkies kry voete 13.08.2024

‘n Vrou in Amerika is vas nadat sy tydens die Covidpandemie $1,5 miljoen se hoendervlerkies by ‘n studentevoedingskema gesteel het.

Geraasbesoedeling - Deel 4 12.08.2024

Dr. Liesl de Swardt praat oor jaghonde se gehoor, en hoe die impak van geraas daarop bestuur kan word.

Plante, kompos is Roja se lewe 12.08.2024

Op 'n perseel waar eers 'n skool gebou sou word, het Roja van Sea Vista-township, ‘n kwekerytjie aan die gang gekry. Mariska Spoormaker loer in waar Roja die groen afval van St. Francisbaai se tuindienste verwelkom, want hy meng dit met beesmis om sy gesogte kompos te maak.

Aktivisme deur kuns 12.08.2024

Prof. Anna-Marie Jansen van Vuuren vertel van die eerste internasionale konferensie oor kunsaktivisme, wat binnekort op plaaslike bodem plaasvind.

Legohaai in die net 12.08.2024

‘n Skeepshouer vol Lego is 27 jaar gelede oorboord. Daar was onder meer 52 800 Legohaaie in die houer. Die eerste een is in ‘n visnet gevang, en vorm nou deel van die Lego Lost at Sea-projek.

Elsa se waterbuffels 09.08.2024

Elsa Basson word die buffel-momager genoem by die Zandam Cheese kaasplaas naby Durbanville. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die trop waterbuffels wat soos haar kinders is. Elkeen het sy eie persoonlikheid en manier van liefde betoon.

360 Speseryroete - Deel 47 09.08.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat in Vrouemaand oor vroue in die speserybedryf. Sy vertel van die legendariese Zuleikha Mayat.

"Mag Marolien se dood nie tevergeefs wees nie" 09.08.2024

‘n Jaar nadat die Baai se geliefde pienk fisioterapeut, Marolien Schmidt, op Vrouedag in haar huis vermoor is, praat haar ma, Sineke Schmidt, met Mariska Spoormaker oor die tragiese voorval en die verandering wat sy hoop Vrouedag kan bring om die Suid-Afrikaanse vrou veilig te laat voel.

Dié draak soek nie 'n hond nie 09.08.2024

‘n Onderneming in China het in ‘n werksadvertensie spesifiseer dat mense wat in die Jaar van die Hond gebore is, nie moet aansoek doen nie. Die hoof van die onderneming is in die Jaar van die Draak gebore, en volgens Chinese astrologie is daar ‘n konflik tussen die Draak en die Hond.

Deon Fourie se geheime 08.08.2024

Johan Rademan ontdek ‘n paar geheime van Deon Fourie, die Springbokrugbyspeler wat op 35-jarige ouderdom die oudste debutant in die Groen-en-Goud geword het.

Die rekord-bul 08.08.2024

Antia van der Westhuizen vertel van Cyclone, die Boran-bul, wat vir 'n Suid-Afrikaanse rekord van R8 miljoen verkoop is.

Jonk 8 Augustus 2024 08.08.2024

Dr. Ria Smit vertel wat ‘n dokter kan doen om jou jonk te laat lyk, soos Botulinumtoksien-inspuitings.

Spesiale munte gesteel 08.08.2024

Australië stel binnekort 1 Dollar Bluey-munte bekend vir normale sirkulasie. Die munte is opgedra aan die kindertelevisiereeks, Bluey. ‘n Half ton van die munte is egter gesteel en aanlyn verkoop voor dit nog bekendgestel is.

Elana Meyer vertel van besoek aan Olimpiese Spele 07.08.2024

Martelize Brink gesels met Elana Meyer kort ná haar terugkeer van die Olimpiese Spele in Parys.

Vanessa se danspassies 07.08.2024

Vanessa Hendrickse is ’n skoolassistent, wat laat in haar lewe begin dansklasse bywoon het. Sy het intussen al 'n paar trofees gewen. Sy sê ‘n mens is nooit te oud om te leer nie. Dans laat haar fiks bly in haar vyftigs, en nou is sy eers vuur en vlam, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.

Toep vir die Renosterveld 07.08.2024

Grant Forbes vertel van die wêreld se eerste Renosterveld-toep wat mense help om plante en diere van die kritiek bedreigde Renosterveld te identifiseer.

Disneylandkaartjie na 39 jaar steeds geldig 07.08.2024

Scott King het 39 jaar gelede ‘n kaartjie vir gratis toegang tot Disneyland gewen. Sy dogter het geen probleem gehad om dit na al die jare te gebruik nie.

Słuchaj podcastu Driesestig w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS