RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
“Ek wil ’n stem aan renosters gee” 26.08.2024 8:35
Op die private wildplaas, Lombardini, buite Jeffreysbaai het Mariska Spoormaker gaan kyk of dit regtig waar is dat daar ‘n veldwagter is wat wilde renosters kan nader roep. Toe beleef sy self die unieke interaksie tussen die 25-jarige Justin Terblanche en die renosters, wat hy sy kinders noem.
Inbreker vas oor lees by die werk 26.08.2024 1:22
‘n Inbreker in Rome is vas toe hy tydens ‘n inbraak verdiep geraak het in sy slagoffer se boek oor Griekse mitologie.
’n Mensgemaakte hondehemel 23.08.2024 7:19
Op 'n Donderdagmiddag so skuins voor twee het Mariska Spoormaker haar verkyk aan die baie township-honde, wat stert in die lug padlangs draf na 'n leë perseel in St. Francisbaai se nywerheidsgebied. 'n Entjie verder het die meer gedweës, aan ’n leiband, met hulle mensemaats al in ‘n lang ry gestaan en wag. Mariska het stilgehou en gaan hoor wat gaan aan.
360 Speseryroete - Deel 49 23.08.2024 9:25
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor oumas en kaneel, en deel herhinneringe aan die gebruik van kaneel.
Werk toe met 'n vliegtuig 23.08.2024 1:50
Starbucks se nuwe bestuurshoof gaan pendel tussen sy huis in Kalifornië en die werk in Seattle, Washington. Dit is 1 600 km met die werk se vliegtuig.
Afrikaans in Pole 22.08.2024 8:47
Jakub Mercik vertel hoe dit gebeur het dat hy Afrikaans in Pole studeer het, en hoe hy sy eerste besoek aan Suid-Afrika ervaar.
Raad teen motorkapings - Deel 2 22.08.2024 6:18
Nie-geoutomatiseerde hekke en deure en motorhuisdeure skep gevaarlike ruimtes vir bestuurders wanneer hulle die motor moet verlaat. Wat doen jy byvoorbeeld met die motorsleutel. Richard Brussow van die National Hijack Prevention Academy gee raad.
Jonk 22 Augustus 2024 22.08.2024 8:17
Fisioterapeut Lizanne Tucker praat oor gewrigte, en wat jy kan doen om oor die langtermyn mobiel te bly.
Hond spring graf vry 22.08.2024 0:53
Die Franse akteur Alain Delon wat onlangs oorlede is, se familie het besluit om nié aan sy versoek te voldoen om sy gunsteling hond saam met hom te begrawe nie.
Jayden se verhoog 21.08.2024 7:37
Jayden Dickson praat oor sy aanslag tot die verhoog as akteur, sanger en danser.
Oom Stephen Isaacs se Swartland 21.08.2024 6:42
Haidee Muller-Isaacs gesels met oom Stephen Isaacs van Malmesbury, oor sy herinneringe van die Swartland en wat hy alles desjare gedoen het om die pot aan die kook te hou.
Bertie van Zinkplaat se organiese boerdery 21.08.2024 8:35
Bertie Coetzee vertel van sy organiese en regeneratiewe boerdery op Prieska. Hy gesels ook oor musiek en sy groep Zinkplaat, wat na jare weer opgetree het.
Vreemde versekeringseise 21.08.2024 1:46
‘n Versekeraar in die VSA het jaarliks ‘n toekenning vir die vreemdste troeteldierversekeringseis.
Êrens oorsee 20 Augustus 2024 20.08.2024 9:34
Wiaan Visser vertel van sy lewe in Wene, Oostenryk, die onlangse vloede in die land en die Taylor Swift-konsert wat gekanselleer is.
‘Bek- en-klouseer is meer as ‘n ekonomiese ramp’ 20.08.2024 7:58
In April vanjaar is die eerste geval van bek-en-klouseer in die Humansdorp-omgewing in die Oos-Kaap gediagnoseer. In Julie het die Kouga-munisipaliteit dit as 'n ekonomiese ramptoestand verklaar. Dit strek egter verder as geldelike verliese, want op emosionele vlak word die boere en gemeenskap erg deur die ramp geraak. ’n Plaaslike veearts, dr. Pieter Jansen van Vuuren, het met Mariska Spoormaker...
Mikrobes en klimaatsverandering 20.08.2024 9:26
Prof. Karin Jacobs praat oor die impak van klimaatsverandering op mikrobes, en hoe dit ingespan kan word om klimaatsverandering teë te werk.
Grootste foonversameling 20.08.2024 1:19
Wences Palau Fernandez van Barcelona se versameling van 3 615 selfone is die grootste ter wêreld.
Sien voëls met jou ore! 19.08.2024 14:26
Faansie Peacock vertel vir Martelize Brink van die wêreld van voëlgeluide, en hoe om voëls met nuwe ore te leer sien.
Petro Isaacs se hart van goud 19.08.2024 7:41
Petro Isaacs het 'n hart van goud. Desjare het sy haar roeping as verpleegster misgeloop, maar dit het haar oor die jare heen nie gekeer om in te gryp as daar siekte in haar binnekring was nie. Haidee Muller-Isaacs het by haar gaan kuier.
Kuns en geslagsgebaseerde geweld 19.08.2024 7:40
Dr. Mienke Fouché vertel hoe kuns as kragdadige hulpmiddel gebruik word om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord aan te pak.
Vroue wys oerangoetang hoe om te borsvoed 19.08.2024 1:12
Dublin se dieretuin het 30 nuwe ma’s gevra om te help om ’n oerangoetang-ma wat sukkel, te wys hoe om haar kleintjie te borsvoed.
Cornelia se passie vir die jeug 16.08.2024 7:47
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor Cornelia Faasen, die hoof van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi), en haar passie om geleenthede vir die jeug op die platteland te skep.
360 Speseryroete - Deel 48 16.08.2024 8:04
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat in Vrouemaand oor vroue in die speserybedryf. Sy vertel Elizabeth Dijkman, skrywer van Suid-Afrika se eerste resepteboek.
Robottaxi's toet vir mekaar 16.08.2024 1:33
‘n Wagarea vir selfbestuurtaxi’s het inwoners van San Francisco omgekrap toe die taxi’s vir mekaar begin toet as hul te aan mekaar kom. Veral om vier uur die oggend wil almal gelyk na hulle herlaaifasiliteit gaan. Daar is ’n YouTube-stroom waar jy die petalje kan dophou.
Dallas se Olimpiese beste 15.08.2024 8:53
Dallas Oberholzer vertel vir Martelize Brink van sy ervaring as 49-jarige skaatsplankryer, wat by die Olimpiese Spele sy persoonlike beste punt nog gekry het.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS