RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

29 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Hoe maak jy 'n braairooster skoon? 23.09.2025

Prof. Pieter Gouws verduielik hoe om die verskillende soorte braairoosters skoon te maak.

Vreemde navorsing bekroon 23.09.2025

Die Ig Nobel-toekennings word gegee vir navorsing oor goed wat jou eers laat lag, en dan laat wonder. Byvoorbeeld, word ‘n bees wat swart en wit soos ‘n sebra geverf is, minder deur vlieë gebyt?

Troetelpraatjies 22 September 2025 22.09.2025

Veearts dr. Elizna Boag praat oor velallergieë by honde, en hoe gemaak met die gekrap.

Internasionale eer vir SA-oorplantingsatleet 22.09.2025

Met die afgelope Wêreld Oorplantingspele wat in Dresden, Duitsland gehou is, is dr. Heilie Uys van Kaap St. Francis, wat al langer as 20 jaar met ‘n geskenkte nier leef, in die Eregallery van die Wêreld Oorplantingspele Federasie opgeneem. Heilie het ook met 'n handvol medaljes teruggekeer na Suid-Afrika.

Hoe het julle ontmoet 22 September 2025 22.09.2025

André Victor vertel vir Martelize Brink dat hy Cecily op die trein na Pretoria raakgeloop het. Toe dit by ouers vra kom, het sy konsertina die praatwerk gedoen.

Advertensies vir toiletpapier 22.09.2025

In China is daar in openbare toilette ’n stelsel waar jy ‘n advertensie moet kyk om toiletpapier te kry!

Die koekiefabriek 19.09.2025

Haidee Muller-Isaacs kuier by ’n koekiefabriek, waar sy die storie hoor van deursettingsvermoë toe Adri Williams in 2013 ’n sukkelende besigheid vir net R1 gekoop het, en daarmee saam pa gestaan het vir R2,5 miljoen rand se skuld. Dis pure malligheid, het die meeste mense gedink. Maar Adri weet presies hoekom sy dit gedoen het. Vandag is sy nie spyt nie, vertel sy vir Haidee.

360 Speseryroete - Deel 99 19.09.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor moderne berokingstegnieke. Sy sê vuurproe is fynproe.

Amerikaners skuil agter Kanadese vlag 19.09.2025

Sommige Amerikaanse toeriste gebruik die Kanadese vlag om guns te koop in lande wat nie tans ooghare vir Amerika het nie. Kanadese is glad nie beïndruk daarmee nie.

Plaasopleiding en bemagtiging 18.09.2025

Laurika du Bois van AGRIskills praat oor plaasopleiding en bemagtiging. Johan Rademan het met haar in Bredasdorp tydens Nampo Kaap gesels.

Jonk 18 September 2025 18.09.2025

Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor chemiese afskilfering, en hoe dit gebruik word.

Duikpakrower 18.09.2025

In Florida in die VSA het ‘n man ‘n restaurant beroof wat op ‘n replika stoomskip is. Hy het soontoe geswem in sy duikpak en swembril, en is toe met die geld weer weg deur ‘n meer.

Vroue-entrepreneurs en skuldgevoelens 17.09.2025

Eloise Nair praat oor vroue-entrepreneurs, en hoe hulle die skuldgevoelens kan oorkom, wat hulle kan pootjie op die pad na sukses.

Besonderse mentorskapprogram in die Baai 17.09.2025

Verskeie oudjoernaliste en kommunikasiespesialiste van Nelson Mandelabaai het ’n mentorskapprogram op ‘n vrywilligersgrondslag begin om afgestudeerde kommunikasiestudente en jong skrywers van die streek op hulle professionele voete te help kom. Mariska Spoormaker het meer uitgevind by Odette Parfitt, kommunikasiebeampte by Volkswagen SA, en inisieerder van die program.

Groot Ethiopiese Renaissance-dam 17.09.2025

Werner Jerling praat oor Ethiopië se Groot Renaissance-dam wat onlangs ingewy is. Hy gee konteks aan die omvang van die dam, en die implikasies vir die lande om die Nylrivier.

Hoe lank is jou sonneblom? 17.09.2025

Alex Babich van Indiana in die VSA se sonneblom genaamd Clover hou nou die Guiness Wêreldrekord as die hoogste ooit. Die plant blom op ‘n hoogte van 11 meter!

Êrens oorsee 16 September 2025 16.09.2025

De Wet Hugo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Hangzhou, China, waar dié kinderboekskrywer ‘n onderwyser is.

Seagull Outoard Regatta en enjins 16.09.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Fred Viljoen oor die Viljoensdrift/Breederivier Seagull Outboard Regatta, wat op 18 Oktober plaasvind. Fred vertel hoe gewild hierdie enjins is.

Boete vir kinderskandes 16.09.2025

Twee Chinese seuns het die internet laat gons toe hulle ‘n video aanlyn versprei het van waar hulle in ‘n restaurant se kos urineer het. Die hof het hul met sowat R 5,36 miljoen beboet.

Troetelpraatjies 15 September 20205 15.09.2025

Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luistraarsvrae oor hulle troeteldiere.

Baaienaars maak opera-plan 15.09.2025

Die Oos-Kaap lewer ‘n groot persentasie van Suid-Afrika se sangers op, maar dan moet hulle na ander stede gaan om ’n goeie loopbaan te kan vestig. Nou het ‘n klomp operamal Baaienaars begin plan maak om plaaslik werk en geleenthede vir Oos-Kaapse sangers te probeer skep. Een uitvloeisel hiervan is die totstandkoming van Mandelabaai Opera. Kobus Buys vertel meer vir Mariska Spoormaker.

Hoe het julle ontmoet? 15 September 2025 15.09.2025

Mart de Wet vertel vir Martelize Brink hoe sy vir Danie die eerste keer op die verhoog in ‘n toneelstuk gesien het.

Ghana se kleurvolle kiste 15.09.2025

In Ghana skep hulle fantasie-grafkiste wat die oorledene se lewe weerspieël.

ATKV Tienertoneel gaan van krag tot krag 12.09.2025

JJ van Niekerk van die ATKV vertel vir Martelize Brink van vanjaar se tienertoneel-kompetisie met die tema, Magneties.

360 Speseryroete - Deel 98 12.09.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor mielies se oorsprong, en hulle rol in ons erfenis.

Słuchaj podcastu Driesestig w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS