RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

29 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Joanie Voss se matriekdans is hier! 02.10.2025

Blaine Jones en Joanie Voss gesels in die aanloop tot Joanie se matriekdans. Sy is ‘n wenner in die RSG en Elizabeth Galloway se Matriekdansprojek.

Jonk 2 Oktober 2025 02.10.2025

Mariette Pieterse vertel vir Martelize Brink hoe jy vernuwing in ‘n verhouding kan bring. Sy lig vier belangrike komponente uit.

Tweejarige godin 02.10.2025

‘n Tweejarige dogtertjie in Nepal is gekies om ‘n lewende godin te wees. Sy sal dié posisie beklee tot puberteit ‘n einde daaraan bring.

Uitvoergehalte granate in die Klein Karoo 01.10.2025

Granate is ’n woestyn- of semiwoestyn-vrug, en aard volgens granaatboer Gerhard Meyer uitstekend in die Klein Karoo, vanwaar dit na veral die Midde-Ooste uitgevoer word. Johan Rademan het met hom by NAMPO Kaap se saamtrek in Bredasdorp gesels.

SA by Heuningsimposium in Kopenhagen 01.10.2025

Natasha Lyon vertel van Suid-Afrikaanse heuning wat by ‘n simposium in Kopenhagen te proe was, waar 142 lande verteenwoordig was. Die heuning het verskillende biome in Suid-Afrika verteenwoordig.

Alternatiewe gebruike van wol 01.10.2025

Stefan Gerber vertel vir Martelize Brink van die alternatiewe gebruike van wol, soos klankdigting, lugsuiwering en vuurvasting.

Handskrifklasse voorgeskryf vir dokters 01.10.2025

‘n Indiese hof het die staat aangesê om handskriflesse deel van die mediese skoolkurrikulum te maak. Volgens die hooggeregshof is ’n leesbare mediese voorskrif is 'n fundamentele reg.

Êrens oorsee 30 September 2025 30.09.2025

Chantel Boonzaaier gesels met Martelize Brink van Rhodes-eiland af in Griekeland, waar sy as sangeres werk.

Diederik se blomkuns 30.09.2025

Diederik Geldenhuys van Riversdale is bekend in dié streek vir sy interessante blomkuns. Hy is gaande oor inheemse plante, en sy vingers is natuurlik grasgroen. Hy sê plante laat sy gees vry sweef in 'n andersoortige wêreld. Haidee Muller-Isaacs het hom raakgeloop op Heidelberg, waar hy haar ook van sy twee geliefde donkiekinders vertel het.

Begraafplaaspartytjie 30.09.2025

Die owerhede in Windhoek is ontevrede nadat ‘n partytjie in die Gammams-begraafplaas gehou is. Daar was ‘n sitplekplan, ‘n kattebakpartytjie en koelhouers vol drank.

Troetelpraatjies 29 September 2025 29.09.2025

Veearts dr. Elizna Boag vertel vir Martelize Brink van kossoorte wat toksies is vir honde en katte.

Marion Holm in RSG se Versevlei 29.09.2025

Marion Holm vertel van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, en haar rol as Greta le Roux.

Hoe het julle ontmoet 29 September 2025 29.09.2025

Ansie Nieuwenhuis vertel vir Martelize Brink dat sy Jan se stem oor die foon herken het, omdat sy elke aand hom en sy orkes hoor oefen het.

Tonne met die tande gesleep 29.09.2025

‘n Stoeier en sterkman van Egipte het twee skepe van 1 050 ton gesleep aan ‘n tou tussen sy tande!

Zeerust: Hiér word geskryf! 26.09.2025

'n Opsitkers, 'n volla, ‘n vragmotor en die dorpie Zeerust is alles elemente van die boek ZEE'KIE, WANT ONS IS ALMAL SO. Nou is daar al ‘n tweede Zee'kie, EENDERS IS ANDERS, uitgereik. Dis alles te danke aan ‘n klomp inwoners wat besluit het hulle gaan begin skryf oor hulle leefomgewing. Mariska Spoormaker het met Elsabé Fouché, een van die Zee’kie-dryfvere, gepraat, en sy het weer ander Zee’kie-s...

360 Speseryroete - Deel 100 26.09.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kamille, wat veral vir tee gebruik word.

Kleuterkuns-diefstal 26.09.2025

‘n Kunssentrum vir kleuters in Australië het besluit om hulle finansiële probleme aan te pak deur ouers R25 000 vir hulle kinders se portefeuljes te vra. ‘n Ouer het toe ingebreek om ‘n kind se werk te gaan haal.

Kuns geskep uit die donker 25.09.2025

DuPreez Strauss vertel vir Martelize Brink hoe hy kuns geskep het in ‘n donker tyd van sy lewe. Daardie houtskoolsketse het hom gehelp om op ‘n ligter plek te kom.

Netta van Lambertsbaai 25.09.2025

Haide Muller-Isaacs het op Lambertsbaai aan die Weskus vir Netta Viljoen ontmoet. Sy vertel van haar grootwordjare op dié kusdorpie as een van elf kinders. Netta woon al sedert die jare 50 op Lambertsbaai.

Jonk 25 September 2025 25.09.2025

Dr. Ria Smit vertel watter rol hialuroonsuur in jou liggaam speel.

Kry 'n kind, kry 'n gratis partytjie 25.09.2025

Die eienaar van Pole se grootste hotelgroep en eiendomsontwikkelaar wil mense beloon vir kinderskry. So byvoorbeeld kry jy ‘n gratis familiepartytjie, soos ‘n doop of troue, as die kind in een van sy 4 000 hotelkamers verwek is.

Die erfenis van SA se Ericas, Fynbos en Proteas 24.09.2025

Die Kaapse Floraryk, of Capensis, is een van ses Floraryke op aarde. Unesco het reeds 21 jaar gelede, in 2004, dié toevoeging op hulle wêrelderfenisgebiede aangebring. Vandag, op Erfenisdag, is dit ook Fynbos Erfenisdag, en vir tuinliefhebbers is dit ‘n gulde geleentheid om met ‘n inheemse stukkie tuin te begin. Ironies Johan Rademan het ‘n Gautengse fynbosinvloed in...

Afrikaanse KI-kuberhulp 24.09.2025

Mia Scheepers vertel vir Martelize Brink van Soekit, wat jou aanlyn help in Afrikaans.

Sensuur teen pessimisme 24.09.2025

China se sensors is besig om pessimisme te verwyder van die internet. Sosialemedia-profiele en kort video’s oor negatiewe goed wat die aanlyngemoed swaar maak, word geblokkeer.

Êrens oorsee 23 September 2025 23.09.2025

Hennie van der Merwe vertel van sy lewe in Bali in Indonesië. Hy bly naby Singaraja. Hy sê daar is twee seisoene, maar beide is warm.

Słuchaj podcastu Driesestig w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS