Doxa Deo New Zealand

Doxa Deo Auckland Afrikaans

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.doxadeo.org

Autor

Doxa Deo New Zealand

Kategoria

Religion

Strona podcastu

www.doxadeo.org

Ostatni odcinek

27 wrz 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Hoekom? En Hoe Nou? // Neels Janse van Rensburg 13.04.2025

In hierdie lewe is ons soms gelos met moeilike vrae. "Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?", "Waarom is daar siekte en lyding in die wêreld?". Vandag gesels Neels ons deur n paar belangrike gedagtes om onsself van te herhinner waneer ons met hierdie vrae sit.

Here, Hoekom Gebeur al Hierdie Slegte dinge? // Jaques van Wyk 06.04.2025

In hierdie lewe is ons soms gelos met moeilike vrae. "Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?", "Waarom is daar siekte en lyding in die wêreld?". Vandag gesels Jaques ons deur n paar belangrike gedagtes om onsself van te herhinner waneer ons met hierdie vrae sit.

Helde Van Geloof // Jaques van Wyk // His Glory My Story Deel 4 30.03.2025

Ons kyk vandag nie net na n paar helde van die geloof in die Bybel nie, maar ontdek ook die roeping op ons eie lewens om draers van Sy heerlikheid te wees. Sodat ander se geloof sal baat uit ons storie uit.

God Se Uitspraak Oor Jou Lewe // Andreas van Tonder // His Glory My Story Deel 3 23.03.2025

Die Here het sekere uitsprake oor ons lewens gemaak, maar dit vat ons soms n tydjie om die volheid daarvan te ontdek en om ons lewens te belyn met die waarheid.

Wie Kan Sy Teenwoordigheid Binne Gaan? // Andreas van Tonder // His Glory My Story Deel 2 16.03.2025

Wat kom in jou gedagtes op wanneer jy dink aan die heerlikheid van God? Vir geslagte lank is Sy teenwoordigheid gesimboliseer deur vuur, wolk en die heilige ruimte van die tempel se Allerheiligste—verberg, ver, en slegs vir die hoëpriester gereserveer. Maar alles het verander toe Jesus aan die kruis gesterf het. Die dik gordyn wat die mensdom van God se teenwoordigheid geskei het, is van bo tot on...

Jesus As Koning // Jaques van Wyk // His Glory My Story // Deel 1 09.03.2025

Wat is die prentjie in jou gedagtes, wanneer ek die woord Jesus sou sê? Die meeste van ons sal dink aan Hom, gebore in die krip, Hy het op aarde gewandel. Hy is gekruisig. Hy het uit die graf opgestaan. Opgevaar na die hemel. En ons wag op Sy wederkoms. Wel, dit is absoluut waar. Maar vandag wil ons u 'n ander perspektief bied. En ons wil dit uit die boek Hebreërs neem. Hierdie perspektief is...

Die Jesus Manier Is Beter // Jaques van Wyk 02.03.2025

Hoe verskillend sal mense se lewens wees waneer hulle besef die "Jesus Manier" is werklik beter. Hoe Verskillend sal jou lewe lyk as jy werklik die "Jesus manier" kies waneer jy voor keuses staan elke dag?

Joint and Knitted // Deel 2 - Diensbaarheid // Neels Janse van Rensburg 23.02.2025

Die kerk is nie net 'n Sondag byeenkoms nie, dit is 'n familie, 'n liggaam waar elke lidmaat 'n belangrike rol speel. Wanneer ons diep, betekenisvolle verhoudings kweek, skep ons 'n gemeenskap wat mekaar versterk en ophef. Sluit by ons aan terwyl ons verken hoe ons dit vandag in ons kerk kan uitleef!

Joined and Knitted // Deel 1 // Jaques van Wyk 16.02.2025

Die kerk is nie net 'n Sondag byeenkoms nie, dit is 'n familie, 'n liggaam waar elke lidmaat 'n belangrike rol speel. Wanneer ons diep, betekenisvolle verhoudings kweek, skep ons 'n gemeenskap wat mekaar versterk en ophef. Sluit by ons aan terwyl ons verken hoe ons dit vandag in ons kerk kan uitleef!

God In Die Eerste Plek // Deel 2 // Jaques van Wyk 09.02.2025

Hoe hanteer ons dit waneer gebede nie beantwoord word nie, of waneer dinge nie uitdraai volgens ons wil nie? Vandag deel Jaques met ons oor die belangrikheid van om Die Here se rol in ons lewens reg te verstaan.

God In Die Eerste Plek // Jaques van Wyk 02.02.2025

As Christene is dit belangrik dat die Here eerste prioriteit in ons lewens het. Reflekteer ons lewens dit ten volle? Wat is die dinge wat soms veroorsaak dat God n agtersitplek inneem in ons lewens en hoe kan ons dit voorkom?

Watter Rol Speel Jesus In Jou Lewe? // Jaques van Wyk // Holy Habits Deel 4 26.01.2025

Ons sien in Hebreërs 12 dat God die een is wat ons aanmoedig, disiplineer en aanspreek. Hoe ontvang ons hierdie van die Here af en wat kan dit vir ons beteken?

Hoe Sit Ek ń Stop Tot Slegte Gewoontes? // Jaques van Wyk // Holy Habits Deel 3 19.01.2025

Ons probeer verander, en probeer beter wees, maar slaag nie altyd nie en eindig dan op om juis te doen wat ons nie wou doen nie. Wat is die regte benadering tot verbetering, en hoe kan ons werklik n lewe leef wat eer bring tot die Here?

Die Krag Van Klein Keuses // Andreas van Tonder // Holy Habits Deel 2 12.01.2025

Ons probeer verander, en probeer beter wees, maar slaag nie altyd nie en eindig dan op om juis te doen wat ons nie wou doen nie. Wat is die regte benadering tot verbetering, en hoe kan ons werklik n lewe leef wat eer bring tot die Here?

Hope Won't Change You, Habits Will // Andreas van Tonder // Holy Habits Deel 1 05.01.2025

Hoekom val meeste van ons voornemings plat en slaag ons nie in ons doelwitte om te verbeter nie? En hoe kan ons sukses verseker? Om te verseker dat ek en jy groei en onsself verbeter, moet ons hoop om beter te wees, maar meer as dit, moet ons die regte gewoontes kweek in ons lewens om ń lewe te leef wat eer bring tot die Here.

The Joy of Sacrificial Giving // Neels Janse van Rensburg 26.12.2024

Ons kyk terug na rolspelers in die geboorte en koms van Jesus, en hoe hulle van hulself gegee het. Wat kan ons daaruit leer vandag?

Prepare The Way // Neels Janse van Rensburg 22.12.2024

Ons kyk na van die grootste name in die Bybel, wat ń weg voorberei het vir die koms van Jesus. Naamlik Johannes die doper, Maria, Jesaja en Jeremiah. En vra dan die vraeg, wat kan ons by hulle leer, om ń weg voor te berei vir die koningkryk van God.

Koninkryk // Jaques van Wyk // Ons Glo Deel 4 16.12.2024

Wat het Jesus op aarde kom doen? Die antwoord is hy het die Koninkryk van God kom aankondig, n nuwe manier van dink, doen en lewe. Wat alle Jesus volgelinge nou van deel is. Hoe sien ons dat die Koninkryk van God gevestig sal word op die aarde, soos dit in die hemel is?

Redding en Sakramente // Jaques van Wyk // Ons Glo Deel 3 08.12.2024

Hoe verstaan ons "Redding" en hoekom is dit belangrik? Vandag kuier Jaques met ons oor die grondliggende verstaan van redding, asook die sakramente wat daarmee gepaard gaan, naamlik die doop van die gelowige en nagmaal.

Hoekom Het Ons Die Bybel Nodig? // Jaques van Wyk // Ons Glo Deel 2 01.12.2024

As die vroë Christene nie die Bybel gehad het soos ons dit ken nie, hoekom is dit belangrik dat ons die Bybel ernstig opvat en dit eer as die fondasie van ons geloof?

Drie-Eenheid // Andreas van Tonder // Ons Glo Deel 1 24.11.2024

Hoekom is dit belangrik om in die Drie-Eenheid te glo? En wat is die implikasies daarvan? Vandag gesels Andreas rondom een van die fondamentele dele van ons geloof. Die Drie-Eenheid.

DANKDIENS 2024 // Jaques van Wyk 17.11.2024

Ons vier ons jaarlikse Dankdiens waar ons terug kyk in dankbaarheid vir die Here se guns oor ons lewens en ons gemeente. Met die oog op wat 2025 vir ons inhou, waarvoor vertrou ons Hom?

One Another // Neels Janse Van Rensburg // RelationTips Deel 4 11.11.2024

Ons delf in die woord in vir Bybelse beginsels om gesonde verhoudings te handaaf. Vandag verduidelik Neels vir ons hoe om algemene verhoudings te benader uit die woord uit.

Huweliks Paneel // RelationTips Deel 3 03.11.2024

Die skrifvers: "Vrouens, julle moet julle mans onderdanig wees" kan soms baie spanning bring. Hoe benader ons hierdie? Well, vandag het ons ń paneel van huweliks paartjies wat saam gesels rondom die grootste huweliks uitdagings hoe ons ons huwelike benader uit die woord van God uit.

Verhoudings in die Werksplek // Jaques van Wyk met Nick & Cathy // RelationTips Deel 2 27.10.2024

Wat doen jy as mense saam wie jy moet werk spanning bring in jou lewe? Hoe benader jy mense wat nie jou geloof deel nie of nie dieselfde waardes het nie? Vandag luister ons na Jaques, Nick en Cathy om ons te inspireer met praktiese "RelationTips" sodat ons verhoudinge in die werksplek kan floreer.

Słuchaj podcastu Doxa Deo Auckland Afrikaans w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS