Doxa Deo New Zealand
Doxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.doxadeo.org
Autor
Doxa Deo New Zealand
Kategoria
Strona podcastu
Ostatni odcinek
27 wrz 2026
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Lewendig // Jaques van Wyk 12.04.2026 38:18
Hoe het die 40 dae gelyk wat Jesus nog op aarde spandeer het na hy uit die dood uit opgestaan het en wat kan ons daaruit leer? Vandag kuier Jaques met ons oor Jesus se laaste tye op aarde voor hy opgevaar het.
Opstanding Sondag // Jaco Schutte 05.04.2026 37:48
Een oomblik in tyd, twee duisend jaar terug, het die wêreld en die mensdom op n nuwe trajek gesit. Vandag kuier Jaco Schutte saam ons rondomo die opstanding van Jesus.
Goeie Vrydag (Engels) // Jaco Schutte 03.04.2026 33:03
Jaco Schutte lei ons in vandag se Goeie Vrydag boodskap deur weer oor die storie van die kruis te gaan. Hebreërs 12:13 moedig ons aan om toe te laat dat hierdie storie ons bron van nuwe lewe word.
Nie My Will Nie, Maar U Wil // Neels Janse van Rensburg // Oomblikke Voor Die Kruis Deel 2 29.03.2026 39:04
Die meeste van ons weet wat ons moet doen -- maar weet en doen is twee verskillende dinge. In Deel 2 van Oomblikke Voor die Kruis volg ons Jesus van die Boonste Vertrek na die Tuin van Getsemane, en ons ontdek wat dit werklik beteken om die teorie van bly in lewende geloof te omskep.
Bly In My Gewortel // Jaques van Wyk // Oomblikke Voor Die Kruis Deel 1 22.03.2026 34:50
Wat as die geheim van 'n vrugbare lewe niks te doen het met harder probeer nie? In hierdie boodskap uit ons 'Oomblikke Voor die Kruis'-reeks, ondersoek ons wat Jesus vir Sy dissipels gesê het net ure voor Sy arrestasie — en hoekom die woord 'bly' dalk die mees lewensveranderende woord is wat jy hierdie Paasfees sal teëkom. Luister nou en ontdek hoe om verbonde te bly aan die Br...
Gemeenskap Met Die Heilige Gees // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 4 15.03.2026 35:01
Hoe gebeur ware transformasie in die lewe van ’n volgeling van Jesus? Om Verander te Word , kyk ons na Paulus se woorde in 2 Korintiërs 3:18 en ontdek ons dat geestelike groei nie deur ons eie wilskrag, emosies of kennis gedryf word nie, maar deur die Heilige Gees. Wanneer ons God se heerlikheid aanskou en eerlike gemeenskap met Hom geniet, gebeur iets merkwaardig: ons word geleidelik verander na...
Die Genade van Jesus Jesus // Neels Janse van Rensburg // Becoming Love Deel 3 08.03.2026 41:04
Wat is die verskil tussen om Christelik te klink en werklik Christus-agtig te word? Vandag kyk ons na Paulus se kragtige uitdaging aan die gemeente in Korinte. Selfs met geestelike gawes, passievolle aanbidding en diep kennis, het iets noodsaaklik ontbreek. Sonder liefde was dit net geraas. Hierdie boodskap nooi ons om nie net die genade van Jesus te ontvang nie, maar om die genade van Jesus te wo...
Die Liefde Van Die Vader // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 2 01.03.2026 37:31
Wat as geestelike volwassenheid nie gaan oor om méér vir God te doen nie, maar om dieper deur Hom liefgehê te word? Vandag ontdek ons hoe Paulus die Korintiërs—en ons—lei na die ware oplossing vir onvolwassenheid: om God as Vader te ken. Hierdie boodskap wys hoe liefde identiteit voorafgaan, identiteit aktiwiteit voorafgaan, en hoe die liefde van die Vader ons verander van “gewone mense” na gelief...
Liefde, ń Beter Manier // Neels Janse Van Rensburg // Becoming Love Deel 1 22.02.2026 34:13
"Becoming Love" is ’n uitnodiging om God se heerlikheid te leef. Ontdek hoe geestelike volwassenheid gemeet word nie deur prestasie of kennis nie maar deur transformasie in liefde.
Geken Deur Sy Liefde // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 1 15.02.2026 30:35
Ons glo vas dat ons by die eindpunt begin. Jesus het dit moontlik gemaak—die kruis was 'n sukses. Die werk is klaar. Ons hoef nie die leer te klim om God te bereik nie. Hy het dit vir ons gedoen—maar meer nog, Hy het dit met ons gedoen en Hy doen dit in ons. As dit is waar ons begin, waarna mik ons? Ons streef daarna om lief te hê—om Sy liefde te wees, Sy getroue teenwoordigheid in hierdie wêr...
Nuwe Identiteit In Christus // Andreas van Tonder 09.02.2026 33:10
In Christus is jy nie meer wie jy was nie, jy is wie God sê jy is. Ontdek die 11 identiteitverskuiwings wat jou geloof en lewe herskep.
Familie Op Misie // Jaques van Wyk // 30 Jaar Van Genade 01.02.2026 32:54
n Woord van God verander alles. In hierdie boodskap ontdek ons hoe Doxa Deo op ’n Goddelike belofte gebou is, hoe deernis lei tot aksie, en hoe God gewone mense gebruik om stede te transformeer. Hierdie is jou uitnodiging om deel te wees van God se missie.
Die Krag Van Bekering // Jaques van Wyk // Nuut en Anders Deel 3 25.01.2026 39:06
Bekering gaan nie oor skuld nie, maar oor belyning. Leer hoe nuut dink ware transformasie bring. Die Here is reeds besig met ’n goeie werk in jou. Bekering is jou uitnodiging om saam Hom te werk.
Klein Dinge Wat Groot Geloof Kweek // Andreas van Tonder // Nuut en Anders Deel 2 18.01.2026 34:24
God sê Hy maak alles nuut, maar ware verandering gebeur deur daaglikse samewerking met Hom. Hierdie boodskap wys hoe klein, getroue gewoontes vorm gee aan wie ons word en hoe God volhoubare transformasie bring deur gehoorsaamheid en getrouheid.
Die Krag Van Nuwe Ritmes // Jaques van Wyk // Nuut en Anders Deel 1 11.01.2026 42:06
Dis belangrik om die nuwe jaar te begin nie net met goeie intensies nie, maar goeie ritmes. Vandag deel Jaques oor hoe ons kan verseker dat ons alles wat die Here oor ons lewens droom ń werklikheid kan maak in ons lewens.
Die Storie Van Die Koning // Neels Janse van Rensburg 04.01.2026 40:27
Ons kyk deur Jesaja 9:6 na die name wat gegee is om Jesus te beskryf. Hierdie name dien as 4 verskillende lense waarmee ons die nuwe jaar moet in gaan.
Dankdiens 2025 // Jaques van Wyk 07.12.2025 38:49
Hierdie week kyk ons terug met dankbaarheid en vorentoe met vertroue. In n wereld vol druk en onsekerheid anker dankbaarheid ons in die genade van God en vertroue berei ons voor vir wat kom. Sluit aan soos ons ontdek hoe dankbaarheid en vertroue ons verhouding met Jesus vorm.
Diep Wortels, Groot Vrug // Neels Janse van Rensburg // Dankbaarheid Deel 2 30.11.2025 35:21
In hierdie week se boodskap kyk ons hoe dankbaarheid nie iets is wat ons probeer afdwing nie, maar ’n vrug wat natuurlik groei wanneer ons in Christus bly. Wanneer aanbidding uit verhouding vloei, verander ons hele houding teenoor God. Luister saam hoe dankbaarheid ons aanbidding én ons getuienis vorm.
Koninkryks Dankbaarheid // Jaques van Wyk // Dankbaarheid Deel 1 23.11.2025 29:54
Die Skrif wys dat ware dankbaarheid vloei uit die wete dat ons n Koninkryk ontvang het wat nooit geskud kan word nie. Wanneer ons kies om dankbaar te wees in elke omstandigheid begin ons God anders sien ons harte word voorberei vir vreugde en volwassenheid en ons leefstyl van aanbidding word gevorm deur die onveranderlike waarheid van wie Hy is. Hierdie boodskap help jou om jou hart in die ewige v...
Die daaglikse ritme van vernuwing // Jaques van Wyk // Een Lewe Deel 3 16.11.2025 37:53
Ritmes is belangrik. Dit impliseer herhaling en beweging. En dit het te doen met tydsberekening. Dit organiseer wat andersins 'n kakofonie sou wees. As ons praat oor integriteit in die proses van heiligmaking, is ritme belangrik in al sy aspekte en dinamika. In Ef 4:22-24 nooi Paulus ons uit om die nuwe ritme vir ons lewens te verstaan: "dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou m...
Heiligmaking // Neels Janse van Rensburg // Een Lewe Deel 2 09.11.2025 35:40
Watter gedagtes kom by jou op as jy die woord HEILIGMAKING hoor? Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak. (Heb 10:14) As ons vir ewig volmaak gemaak is, waarom voel ons dan nie altyd volmaak nie? Wees eerlik: Voel jy altyd volmaak? Voel jy altyd heilig? Die Bybel sê jy is volmaak gemaak en jy is heilig. Maar jy voel nie altyd so nie, of hoe? Ons worstel...
Wandel Waardig van jou Roeping // Jaques van Wyk // Een Lewe Deel 1 03.11.2025 38:05
Ontdek wat dit werklik beteken om met integriteit te leef deur jou lewe in lyn te bring met God se waarheid eerder as om net te doen wat reg lyk. In hierdie boodskap van ’n Studie oor Integriteit word ons geroep om waardig te wandel en een ware lewe in Christus te leef.
'n Studie oor Integriteit // Jaques van Wyk // Een Lewe.... Deel 1 26.10.2025 40:37
Baie mense dink integriteit beteken om te doen wat REG is… maar wat as dit meer is as dit? Wat as integriteit beteken om te doen wat WAAR is — om eerlik te leef vanuit wie God sê jy is, selfs wanneer niemand kyk nie? Integriteit is nie gedrags verandering nie — dis 'n karakterhouding wat uit waarheid vloei. "Die opregtes se wandel beskerm hulle, maar die ontroues word vernietig...
Die Kerk se Rol in die Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 3 19.10.2025 34:19
God het nie ons stad opgegee nie — Hy roep ons om deel te wees van Sy plan om dit te vernuwe. Kom ontdek hoe ons as kerk ware verandering kan bring deur nie terug te trek van die wêreld nie, maar deur met liefde, genade en Koninkryksdoel daarin te leef.”
Geloof Vir ń Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 2 12.10.2025 38:21
“Hierdie week kuier ons oor Geloof vir ’n Stad. God se missie is meer as net redding — dit gaan oor vernuwing. Ontdek hoe die kerk die draer van Sy Koninkryk kan wees.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS