RSG

RSG Kuns

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Arts

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

29 sep. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Mieke-Louise de Villiers by De Gallerij 24.03.2026

Die kunstenaar Mieke-Louise de Villiers vertel van haar uitstalling, Carry/Keep: Stewarding the Weight of What Remains.

Gryp elke grasHolm by die KKNK 24.03.2026

Marion Holm het harsingskudding opgedoen twee weke voor die KKNK. Sy vertel, vanuit haar bed, vir Christelle Webb-Joubert hoe dit gebeur het, en van haar nuwe eenvrouvertoning, Gryp elke grasHolm.

Visuele kuns by KKNK 30 24.03.2026

Die visuele kunskurator van die KKNK, Liza Grobler, gesels oor 2026 se aanbod.

Vonkprop bring nuwe stukke na KKNK 24.03.2026

Christelle Webb-Joubert vind meer uit oor Vonkprop, wat te sien is by die KKNK.

Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar in Tillie/Mathilda by KKNK 24.03.2026

Amanda Strydom loop reeds 'n lang pad met die KKNK. Sy doen dit weer vanjaar met 'n splinternuwe produksie. Terrance April gesels met haar en Je-ani Swiegelaar, wat die verhoog met Amanda deel.

Saartjie Botha se ge-gebergtes by KKNK 17.03.2026

Wessel Pretorius gesels oor ge-gebergtes, ‘n nuwe stuk deur dramaturg Saartjie Botha. Dié toneelstuk debuteer by die KKNK.

Universiteit van Johannesburg se kunssentrum 17.03.2026

Die Kunssentrum van die Universiteit van Johannesburg is bekend vir hulle eksperimentele en vernuwende werk in verskillende kunsvorme. Terrance April gesels met die hoof van die sentrum, Pieter Jacobs, oor wat in 2026 voorlê.

Centurionteater se planne vir 2026 17.03.2026

Christelle Webb-Joubert gesels met uitvoerende vervaardiger Tiaan Kirsten-Lubbe oor Scenario Produksies en die Centurionteater se planne vir 2026.

Suidoosterfees se program vir 2026 17.03.2026

Die uitvoerende hoof van die Suidoosterfees, Jana Hatting, vertel van 2026 se feeshoogtepunte.

Die Karoo Kunslied by KKNK 10.03.2026

Vervaardiger Franco Prinsloo gesels oor Die Karoo Kunslied, wat te sien is by die KKNK.

My Body My Space-fees 10.03.2026

Vervaardiger Carin Bester neem twee “performance art”-stukke na die My Body My Space-fees in Entokozweni. Sy vertel van Plastic Not So Fantastic en Blinker.

Fiona Ramsey in The Opera Singer 10.03.2026

Terrance April gesels met aktrise Fiona Ramsay oor die toneelstuk, The Opera Singer.

Stille Vuur by KKNK 10.03.2026

Die liedjieskrywer, musikant, sanger en aktrise, Frieda van den Heever, vertel van die produksie, Stille Vuur, by die KKNK. Saam met haar op die verhoog is Coenie de Villiers, Mauritz Lotz en Deon Meyer.

André Groenewald by Hugo Modern 03.03.2026

Die kunskurator en galery-eienaar van Hugo Modern, Jeanne Hugo, vertel van die vonds wat sy ontdek het. Sy vertel van die kunstenaar André Groenewald.

Winelands Philharmonic se Classical Kaleidoscope 03.03.2026

Cornelia Casaleggio is verantwoordelik vir die bemarking en kommunikasie van die Winelands Philharmonic Orchestra. Sy verel van hulle konsert, Classical Kaleidoscope.

Charl du Plessis Trio vier 20 jaar 03.03.2026

Die Charl du Plessis Trio vier hulle 20ste bestaansjaar. Charl vertel hoe hulle ontstaan het, wie deel is van die trio, en van hulle hoogtepunte.

Die gebed van 'n halfmens by KKNK 03.03.2026

Die dramaturg en regisseur, Nicola Hanekom, vertel van haar nuwe plekspesifieke stuk by die KKNK, Die gebed van ‘n halfmens.

Fluitis Cobus du Toit in SA 03.03.2026

Cobus du Toit is een van Suid-Afrika se voorste fluitspelers, wat hoofsaaklik in Amerika werk en woon. Hy is tans in die land te sien in 'n reeks konserte. Terrance April het met hom gesels.

Margit Meyer-Rodenbeck by KKNK 03.03.2026

Margit Meyer-Rodenbeck is te sien in OUMA EN DIE OU KOEIE en RONDOMTALIE by vanjaar se KKNK.

Christiaan Diedericks - Deel 2 24.02.2026

Christelle Webb-Joubert het vir Ilana Maree gevra om oor Christiaan Diedericks se kunsnalatenskap en sy druktegniek te gesels. Ilana is ‘n visuele kunsopvoeder by die kunssentrum, PJ Olivier, in Stellenbosch. Sy bied die praktiese vak, drukkuns, daar aan.

Maart-produksies by Afriforumteater 24.02.2026

Marnè Jooste, bemarking- en kommunikasiebeampte van die Afriforumteater, vertel wat alles in Maart te sien is by die teater.

Play Things 24.02.2026

Cailyb Prinsloo van Spark in the Dark verduidelik wat Play Things is, en wat gehore kan verwag.

Christiaan Diedericks - Deel 1 24.02.2026

Christiaan Diedericks, wat in 2025 oorlede is, se lewe en werk word gevier by die Breytenbach-galery op Wellington. Christelle Webb-Joubert het met sy vriendin, Aretha du Rand, gesels.

Johannesburg Filharmonies se eerste 2026-seisoen 24.02.2026

Dit is weer tyd vir die Johannesburgse Filharmoniese Orkes se eerste konsertseisoen van die jaar. Terrance April gesels met Magdalena de Vries, perkussiespesialis oor die verskillende werke wat uitgevoer sal word.

F*k jou in my Spaceship 17.02.2026

Die Dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch se volgende produksie, Fok jou in my Spaceship, open einde Februarie. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur, André Gerber.

Luister naar de podcast RSG Kuns in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds