Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 Gesprekke
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.kosmos.com.na
Auteur
Kosmos 94.1
Categorie
Website van de podcast
Nieuwste aflevering
30 sep. 2026
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Jean-Louis gesels met Hendrik Dames oor die FMD Support Fund 30.09.2026 4:32
Jean-Louis gesels met Hendrik Dames, bemarkingsbestuurder van Feedmaster en onafhanklike kundige raadslid op die FMD Support Fund. Wat presies is die FMD Support Fund? Is dit ’n regeringsfonds, wat is die doel daarvan, en waarom is dit belangrik dat ondernemings en die publiek betrokke raak? Hendrik verduidelik hoe Namibiërs kan bydra tot die stryd teen bek-en-klouseer en ondersteuning bied aan di...
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Rescue Reeks 30.09.2026 11:17
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Blues Rescue en Irma’s Heartbreak Rescue, en hoe emosionele gesondheid ’n belangrike rol in ons algehele welstand speel. Die Irma’s Rescue Reeks is ontwerp om ondersteuning te bied tydens moeilike, emosionele en hartseer tye in die lewe. Die Irma’s Rescue Reeks is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting, besoek www.irma’s.co.za of stuur ’n e-pos aa...
Bek-en-klouseer: Wat nou vir Namibië se boere en verbruikers? 28.09.2026 13:09
Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou Unie, gesels oor die huidige bek-en-klouseer-situasie in Namibië. Wat kan gedoen word om verdere verspreiding te voorkom, wat beteken die beperkings vir boere en vleisuitvoere, en wat moet verbruikers weet oor vleis, melk en moontlike prysstygings? Luister na die volledige gesprek van Die Ene Ore op Kosmos 94.1.
Bek-en-klouseer: Wat kan dit vir Namibië se ekonomie beteken? 25.09.2026 9:34
Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië kan ekonomiese gevolge hê wat veel verder strek as net die landbou- en veebedryf. Beperkings op veebewegings, bemarking, slagting en uitvoere kan druk plaas op produsente, vleispryse, werksgeleenthede en die breër ekonomie. Maar hoe groot kan die impak wees indien die situasie voortduur? En wat kan dit vir Namibië se uitvoere en ekonomiese groei beteken? R...
Maatskaplike Voorsorgvoordele verhoog vanaf 1 Oktober: Wat beteken dit vir jou? 24.09.2026 10:40
Goeie nuus vir Namibiese werkers: Sekere voordele van die Maatskaplike Voorsorgkommissie word vanaf 1 Oktober verhoog. Maar wat beteken hierdie veranderinge prakties vir jou? In hierdie gesprek bespreek ons die verhoogde kraam-, siekte-, aftree-, ongeskiktheids- en sterftevoordele. Wie kwalifiseer, hoeveel kan jy ontvang en gaan jou maandelikse bydrae verander? Vandag gesels ons met Ben Nangombe,...
Bek-en-klouseer in Namibië: Wat beteken die uitbreking? 24.09.2026 12:20
Jean-Louis Knouwds gesels oor die jongste bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, nadat die siekte onder beeste op ’n kommersiële plaas in die Karasburg Staatsveeartsenydistrik bevestig is. Wat is bek-en-klouseer presies, hoe versprei die siekte en hoe ernstig is dit? Ons kyk ook na die impak van die uitbreking op boere, die Namibiese veebedryf en die breër publiek, asook wat die landwye opskorting...
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM 23.09.2026 11:34
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM en hoe dit moontlik kan help met alledaagse liggaamspyn en seer gewrigte. Of jy nou ’n atleet is met seer knieë, of iemand wat daagliks met gewrigspyn en pyn in jou liggaam sukkel – ThreshHold kan moontlik ’n rol speel, maar dit is belangrik om dit korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek om meer uit te vind. Vir...
Maak Spore: Megan Gevers oor die Light of Hope-inisiatief 22.09.2026 9:19
Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder ’n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. ’n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein dade ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak.
Wêreld-renosterdag: Hou die Vyf Aan die Lewe 22.09.2026 5:36
Op Wêreld-renosterdag gesels ons met Simson Uri-Khob, hoofuitvoerende beampte van Save the Rhino Trust, oor vanjaar se tema: “Keep the Five Alive.” Ons kyk na Namibië se sukses met die bewaring van vrylopende swartrenosters, die grootste bedreigings vir ons renosterbevolking, en hoe plaaslike gemeenskappe, veldwagters en moderne tegnologie ’n belangrike rol speel in die beskerming van hierdie ikon...
Nasionale Mondgesondheidsweek: Die belangrikheid van goeie mondgesondheid 18.09.2026 7:14
Ter viering van Nasionale Mondgesondheidsweek gesels Laimi met Marceline Robyn oor die belangrikheid van goeie mondgesondheid. Hulle bespreek waarom gereelde tandheelkundige ondersoeke belangrik is, asook praktiese wenke oor hoe om jou tande en glimlag behoorlik te versorg. Goeie mondgesondheid is ’n belangrike deel van jou algemene gesondheid. ’n Bietjie ekstra aandag aan jou tande vandag kan ’n...
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN 16.09.2026 12:20
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN en hoe dit gebruik word as deel van ’n gesonde leefstyl. Hulle bespreek die produk, waarvoor dit gebruik word en waarom dit belangrik is om enige gesondheidsproduk korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek vir meer inligting en praktiese raad.
Johan Hyman - Leerambagsman | Maak Spore 15.09.2026 7:39
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, ’n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en ’n hart om terug te gee. Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis ’n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die spore wat ’n mens in ander se lewens kan laat.
Walk for Sight | Saamstap vir ’n goeie doel 15.09.2026 7:48
Vandag op Gemeenskap Kalender gesels Elmero Strauss met Christelle en Sima oor Walk for Sight, ’n besonderse bewusmakings- en fondsinsamelingsstap wat op 10 Oktober plaasvind. Hulle vertel meer oor waarom hierdie inisiatief so belangrik is, hoe dit ’n verskil maak en hoe die gemeenskap kan saamstap vir ’n goeie doel.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 September 2026 15.09.2026 2:51
Mark gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
September is Selfmoordvoorkomingsmaand: Hoe om die waarskuwingstekens raak te sien 10.09.2026 10:27
Jean-Louis gesels met Patrick de Goede, ’n voorstander van geestelike welstand, oor September as Selfmoordvoorkomingsmaand. Hulle bespreek die waarskuwingstekens waarna ons moet oplet, hoe om ’n gesprek met iemand te begin wanneer ons bekommerd is, en waar mense hulp en ondersteuning kan kry.
Elmero gesels met Darryl Beukes oor sy boek "The Reward of Repetition" 09.09.2026 8:25
Diep, roerend en ontsettend inspirerend! 🎙️✨ Tydens vandag se Kosmos 94.1 Kuierkonvooi het Elmero agter die mikrofoon ingeskuif vir 'n ongelooflike gesprek met Darryl Beukes oor sy boek, "The Reward of Repetition". 'n Kragtige herinnering dat volhoubaarheid en die regte gewoontes werklik vrugte dra
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die lewer en A.Vogel Boldocynara 09.09.2026 12:30
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die belangrike rol wat die lewer in ons algemene gesondheid speel. Dr Vogel het die lewer die reguleerder van menslike gesondheid genoem. In dié gesprek kyk Jean-Louis en Estie na hierdie kosbare orgaan, hoe ons dit kan ondersteun en na A.Vogel Boldocynara, ’n kruietonikum wat die funksie van die lewer en galblaas ondersteun. A.Vogel Boldocynara is sonder...
Maak Spore: Elmero Strauss gesels met Werner van Zyl oor sy reis en Bly in Jou Baan 09.09.2026 7:44
Elmero Strauss gesels weer met Werner van Zyl op Maak Spore. Hulle vang op ná hul vorige gesprek en kyk na hoe Werner se Bly in Jou Baan-boodskap oor tyd gegroei het. Werner deel wat die afgelope tyd vir hom uitgestaan het, die lesse wat hy geleer het en waarna ons in die jaar wat voorlê kan uitsien.
Disney op die verhoog: ’n Betowerende dansproduksie by die NTN 03.09.2026 5:23
Jean-Louis en Laimi gesels met Anchen Wille van die Anchen Wille Dance Academy oor hul nuwe produksie, Disney on Stage! Ontdek wat jy kan verwag van hierdie kleurvolle vertoning vol dans, musiek en geliefde Disney-karakters. ’n Gesprek oor die magie van Disney, dans en ’n produksie wat die verhoog by die NTN gaan laat leef.
95 Jaar van Die Voortrekkers in Namibië – Ligdraers in die Wêreld 02.09.2026 8:26
Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy van Die Voortrekkers Namibië oor ’n besondere mylpaaljaar – 95 jaar van Die Voortrekkers in Namibië. Hulle gesels oor die 2026-jaartema, “Voortrekkers as Ligdraers in die Wêreld”, en die nuwe feesjaarlied, “Rotsvas” deur Adam Tas. ’n Gesprek oor tradisie, waardes, leierskap en die rol van Die Voortrekkers in Namibië.
The ELL’S oor hul nuwe album “Salt, Wind & Fire” 02.09.2026 7:43
Laimi gesels met The ELL’S oor hul splinternuwe album, “Salt, Wind & Fire”, wat nou amptelik uit is! Ontdek meer oor die album, die musiek en dalk selfs jou nuwe gunstelingliedjie. Luister saam na die gesprek en vier nuwe Namibiese musiek.
Bio-Strath: Voeding vir elke sel – Jean-Louis gesels met Estie Schreiber 02.09.2026 12:18
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Bio-Strath, een van haar mees geliefde produkte. Hulle gesels oor die produk, die unieke samestelling daarvan en waarom dit volgens Estie ’n belangrike deel van ’n mens se gesondheid en welstand kan wees. Bio-Strath is beskikbaar by apteke in stroop- en tabletvorm en is geskik vir die hele gesin. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za...
Maak Spore: Desiree Eises oor geloof, groei en moed 01.09.2026 6:25
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Desiree Eises, ’n rekeninge-konsultant in Windhoek, aspirerende sangeres en ’n vrou wat haar stem gebruik om ander vroue te bemoedig. Hulle gesels oor haar persoonlike reis, die uitdagings en geleenthede wat haar gevorm het, asook die rol van geloof, groei en moed in haar lewe. ’n Eerlike gesprek oor waar sy vandaan kom, waar sy vandag staan en die sp...
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 31 Augustus 2026 01.09.2026 5:15
Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Francois Hanekom Jnr.: Die jongste Wanderers Ope-kampioen nóg 31.08.2026 5:03
Francois Hanekom Jnr. het geskiedenis gemaak deur die jongste speler nóg te word om die Wanderers Ope-toernooi te wen. Op pad na die titel het hy van Namibië se topspelers geklop, insluitend Kyle Kriel, Le-Hugo van Rooyen en die Namibiese nommer een, Arno Diekmann. Ons gesels met die jong muurbalster oor sy merkwaardige oorwinning, die voorbereiding wat hom tot die titel gelei het en sy ambisies e...
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds