RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Eerste vir Ales - Margit en Frank 28.04.2026 6:08
Die akteurs, Frank Opperman en Margit Meyer-Rodenbeck, is saam op die verhoog te sien in die toneelstuk, Eerste vir Alles. Hulle gesels met Christelle Webb-Joubert.
Kuns op die berg-uitstalling 28.04.2026 11:05
Die kunstenaar Hermien van der Merwe het vir sewe weke saam met ander kunstenaars kuns geskep op Tafelberg. Die werk wat geskep is, word in Mei uitgestal in die Kaap.
Ons vir Jou weer op die planke 28.04.2026 9:23
Die musiekspel, Ons vir Jou, is na 18 jaar weer op die verhoog te sien. Die sanger en akteur, Bok van Blerk, vertolk die rol van De la Rey. Aktrise Nadia Beukes gesels saam.
Orchard of the Imagination by Javett-UP - Deel 2 28.04.2026 9:42
Christelle Webb-Joubert stap verder saam met die kurator, Storm Janse van Rensburg, deur die uitstalling, Orchard of the Imagination by Javett-UP.
EUGENE by Suidoosterfees 28.04.2026 8:57
Die toneelstuk, Eugene, wat by die Suidoosterfees open, is gegrond op 'n roman van Kirby van der Merwe. Dit het die Eugene Marais Prys in 2023 gewen. Kirby het ook 'n skildery geverf, wat die temas van sy boek verder uitbeeld. Saartjie Botha het die boek verwerk vir die verhoog. Terrance April gesels met Kirby van der Merwe.
Nuwe toevoeging by Rust-en-Vrede Galery 21.04.2026 4:25
Creative Round Art Academy is ‘n nuwe toevoeging by die Rust-en-Vrede Galery. Die hoof, Hamlin Jansen van Vuuren, vertel wat hulle alles doen.
Orchard of the Imagination by Javett-UP - Deel 1 21.04.2026 8:52
Christelle Webb-Joubert besoek die Javett-UP Galery in Pretoria. Die kurator, Storm Janse van Rensburg, gee die agtergrond van die uitstalling, Orchard of the Imagination.
Hermanus FynArts 2026 21.04.2026 9:39
Die Hermanus FynArts-fees vind van 6 tot 14 Junie plaas. Christelle Webb-Joubert gesels met die feesdirekteur, Eon de Vos.
UJ-koorreeks 21.04.2026 8:20
Gehore in Johannesburg kan in Mei uitsien na verskeie kooroptredes deur die Universiteit van Johannesburg se koor saam met 'n aantal besoekende kore uit die buiteland. Terrance April gesels met die koorleier, Sizwe Mondlane, oor die reeks optredes.
Drie uitstallings by Rust-en-Vrede Galery 21.04.2026 8:09
Kurator Donavan Mynhardt vertel van die drie uitstallings wat tans te sien is by die Rust-en-Vrede Galery in Durbanville.
Ek, ouer 14.04.2026 8:32
Aktrise Willa van Schalkwyk vertel van die eenvrouvertoning, EK, OUER. Dit gaan oor ‘n vrou wat haar man aan die dood afstaan, en skielik ‘n alleenouer is.
Kaapstad Filharmonies se herfsseisoen 14.04.2026 7:28
Terrance April en Adriaan Fuchs, bestuurshoof van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, sit hule gesprek voort oor die orkes se herfsseisoen.
Eri-Kah van Breda se kuns 14.04.2026 9:19
Kunstenaar Eri-Kah van Breda gesels oor haar passie vir vuur en fynbos, en hoe sy dit uitbeeld in haar kuns. Sy vertel ook van die werkswinkels wat sy aanbied.
Vivaldi en die vondeling 14.04.2026 14:11
Skrywer Riana Scheepers gesels oor die klassieke musiekdrama, VIVALDI EN DIE VONDELING. Niël Rademan is die regisseur. Hy vertel ook van ‘n ander produksie waarby hy betrokke is by vanjaar se Suidoosterfees.
Rocky Horror terug in Kaapstad en Jozi! 14.04.2026 7:21
Aanhangers van die ikoniese ROCKY HORROR SHOW kan weer saamsing tydens vertonings van dié musiekspel in Kaapstad en Johannesburg. Terrance April gesels met Tjaart van der Walt oor die produksie wat onlangs in Kampsbaai geopen het.
Diepe grond in Johannesburg 07.04.2026 6:01
Regisseur Eloise Clasen vertel van Reza de Wet se toneelstuk, Diepe grond, wat eersdaags aangebied word in Johannesburg.
Kunskoors in Jeffreysbaai 07.04.2026 8:53
Kunskoors word in 2026 vir die tweede keer aangebied. Die kunstenaar Zuanda Badenhorst vertel waarna gehore kan uitsien in Jeffreysbaai.
Maggie Laubser - 140 jaar 07.04.2026 6:16
Die kunstenaar Maggie Laubser is op 14 April 1886 gebore. Deon Oliver, voorsitter van die Maggie Laubser Stigting vertel wat hulle alles op dié dag beplan in Malmesbury.
Con Spirito Filharmonies se Mozartkonsert 07.04.2026 5:23
Die dirigent van Con Spirito Filharmonies, dr. Sjoerd Alkema, vertel van die spesiale Mozartkonsert wat hulle aanbied.
Under The Shade Of A Tree I Sat And Wept by Markteater 07.04.2026 10:51
'n Groep Suid-Afrikaanse akteurs het onlangs na een van die Balkanlande gereis om saam met plaaslike akteurs daar 'n nuwe verhoogwerk te skep, wat die verband tussen die twee lande ontgin. Terrance April gesels met Greg Homann, artistieke direkteur by die Markteater oor die stuk, UNDER THE SHADE OF A TREE I SAT AND WEPT.
Anton Smit stal uit by Pretoria Kunsvereniging 31.03.2026 12:55
Christelle Webb-Joubert kuier by die beeldhouer, Anton Smit. Hy gesels oor sy uitstalling wat te sien is by die Kunsvereniging van Pretoria.
Wat gebeur alles by die Clarens Kunstefees? 31.03.2026 7:40
Een van die organiseerders van die Clarens Kunstefees, Elna Rossouw, gesels oor vanjaar se hoogtepunte.
Kaapstad Filharmonies se herfsseisoen skop af 31.03.2026 9:16
Die Kaapstad Filharmoniese Orkes se herfsseisoen begin op Donderdag 2 April 2026 in die Kaapstad Stadsaal. Terrance April het gaan inloer by hulle kantore, en met die bestuurshoof van die orkes, Adriaan Fuchs, gesels.
Pretoria Youth Theatre se Charlie and the Chocolate Factory 31.03.2026 8:35
Die regisseur, Kerry-Anne Beldon van Pretoria Youth Theatre, vertel van hulle produksie, Charlie and the Chocolate Factory.
André Odendaal lees Dylan Thomas se UNDER MILK WOOD voor 31.03.2026 8:07
André Odendaal is een van die akteurs wat Dylan Thomas se bekende UNDER MILK WOOD voorlees by vanjaar se Clarens Kunstefees. Hy vertel meer.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds