RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Waterbrief terug op verhoog 09.06.2026 10:09
Aktrise Minke Marais vertel van die toneelstuk, Waterbrief, wat na 7 jaar weer op die verhoog te sien is.
ORPHEUS IN DIE ONDERWÊRELD in Kaapstad 09.06.2026 4:25
Kaapstad Stadsballet is druk besig met repetisies aan hulle produksie van ORPHEUS IN DIE ONDERWÊRELD. Terrance April gesels met Kirstel Paterson, hoofdanser van die geselskap.
Carla Smith se Crybaby 09.06.2026 16:08
Aktrise Carla Smith het die toneelstuk, Crybaby, geskryf. Sy behartig ook die regie. Sy vertel waaroor dit gaan.
Classical Movements-konserte 02.06.2026 5:11
Dit is altyd verblydend om te hoor van 'n konsert of twee waar besoekende kunstenaars uit die buiteland voor plaaslike gehore optree, veral as hulle kragte saamspan met ons eie kunstenaars. Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor só 'n geleentheid.
Matie van Graan: Van natuurbewaring tot op die verhoog 02.06.2026 9:44
Matie van Graan het op 52 begin toneelspeel. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert hoe dit gebeur het. Sy gesels ook oor Pampelmoesmampoer, wat te sien is by Innibos 2026.
Sasol Nuwe Handtekeninge 2026 02.06.2026 13:17
Cate Terblanche, Sasol se kurator en een van die beoordelaars, moedig opkomende kunstenaars aan om in te skryf vir die Nuwe Handtekeninge-kunskompetisie vir 2026.
Sterstof by Innibos 02.06.2026 5:25
By Innibos 2026 kan gehore gaan kyk na Sterstof. Die regisseur De Klerk Oelofse vertel meer.
Vrystaat Kunstefees 2026 02.06.2026 13:32
Die feesdirekteur van die Vrystaatkunstefees, Michael Garbett, gesels oor 2026 se program.
Kaapstad Filharmonies se 2026-winterseisoen 26.05.2026 10:22
Dit is tyd vir die volgende konsertseisoen van Kaaptad Filharmonies. Terrance April gesels met die bestuurshoof en artistieke direkteur, Adriaan Fuchs.
Palisander Kamerkoor se katedraalkonserte 26.05.2026 12:02
Sarita Hauptfleisch, dirigent van die Palisander Kamerkoor, vertel van hulle opkomende optredes in twee katedrale – een in Frankryk en een in Spanje.
Magonjatjie pak boelies 26.05.2026 13:34
Christelle Webb-Joubert kuier gesels met Sunieda Kelber en Magonjatjie oor hulle nuwe produksie oor boelies.
Salon Musiek-konserte terug in Pretoria 26.05.2026 6:25
Salon Musiek se konserte keer terug na Pretoria. Die artistieke direkteur, Willem Vogel, vertel meer.
A Gentleman’s Guide to Love and Murder 19.05.2026 11:17
Die musiekspel, A Gentleman’s Guide to Love and Murder, is vir die eerste keer te sien in Suid-Afrika. Die musiekregisseur en akteur, Barend van der Westhuizen, vertel meer.
Mzansi Ballet se Heal the World 19.05.2026 8:14
Mzansi Ballet het al talle produksies gedoen wat gebaseer is op kunstenaars soos Abba, Queen, Neil Diamond en Elvis Presley. Nou gaan gehore by die Pieter Toerien Teater by Montecasino die geleentheid kry om iets oor Michael Jackson te beleef. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, bestuurshoof van Mzansi Ballet, oor Heal the World.
John Reid Coulter-konserte 19.05.2026 14:52
Die musikant, John Reid Coulter, vertel van drie konserte waar vier klawesimbels te hoor is.
Kirstenbosch-konserte 19.05.2026 10:16
Christelle Olivier vertel van konserte wat in Kirstenbosch aangebied word. Dié konsertreeks was vir jare ‘n droom van haar klavieronderwyser, dr. Ingrid Gollom.
Daniël Butcher-Geddes en Pretty Woman se musiek 12.05.2026 10:11
Terrance April gesels met musiekregisseur Daniël Butcher-Geddes oor die musiekspel, Pretty Woman.
Gamka Klassiek 2026 12.05.2026 8:10
Pianis en feesdirekteur Elna van der Merwe vertel van die tweede Gamka Klassiek in Prins Albert. Dit vind plaas van 5 tot 7 Junie 2026.
Atterbury Klassiek 2026 12.05.2026 7:34
Atterbury Klassiek vind van 21 tot 24 Mei plaas. Pianis Charl du Plessis vertel van dié fees in Pretoria, asook sy drie konserte in die Kaap.
Innibos 2026 12.05.2026 7:58
Innibos vind plaas van 2 tot 5 Julie in Mbombela. Die bemarkingsbestuurder, Naranda Leeuwner, vertel wat alles op die spyskaart is.
The Killing of a Union Leader 12.05.2026 10:29
Christelle Webb-Joubert gesels met dramaturg en regisseur Louis Viljoen oor sy nuwe riller, The Killing of a Union Leader.
Maestro Richard Cock se konserte 05.05.2026 7:25
Maestro Richard Cock is baie bedrywig in Mei. Terrance April gesels met hom oor twee konserte waar hy as dirigent optree.
Cow Mash - ditšwatšhemong 05.05.2026 6:38
Christelle Webb-Joubert besigtig Cow Mash se uitstalling, ditšwatšhemong, by die Javett-UP gallery in Pretoria saam met kurator Storm Janse van Rensburg.
Tiaan Rautenbach in Pretty Woman 05.05.2026 17:07
Die akteur Tiaan Rautenbach vertel van die vele rolle wat hy al vertolk het oor die jare – veral in musiekteater. Hy vertel ook van sy rol in Pretty Woman.
RISE ’76: THE STORY OF JUNE 16TH 05.05.2026 6:08
Die Soweto opstande van 1976 is al op verskillende maniere herdenk deur 'n musiekspel en talle rolprente. Nou is daar 'n nuwe toneelstuk, RISE '76. Terrance April gesels met Ben Albertyn oor dié werk wat by die Baxter en die Markteater aangebied sal word.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds