RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

23 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Stanford se koraalboom 25.09.2026

Kalika Redelinghuys vertel vir Martelize Brink van die koraalboom in Stanforf met sy rooi blomme op kaal takke.

KI-maat 25.09.2026

In Suid-Korea gons dit oor ’n tv-realiteitsprogram, My AI Partner: Strange Love. Glanspersoonlikhede kry die geleentheid om ‘n kunsmatige intelligensie-metgesel saam te stel en tyd daarmee te spandeer.

Ouma Sue se demensie-reis 24.09.2026

Innes en Greta Benadé stap die pad saam met 'n geliefde wat aan demensie ly. Hulle versorg al jare lank hulle moeder, Sue, wat met demensie leef. Uit eie pyn en liefde, het hulle harte gegroei vir families op dieselfde reis. Innes dien ook as gekoöpteerde lid van die Demensie en Alzheimersverening (ADASA), wat fokus op die bewusmaking, opvoeding en ondersteuning van mense, familie en versorgers wa...

Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 1) 24.09.2026

Dr. Lana Bouwer praat oor oor die vagus-senuwee, hoe dit werk, en die invloed wat kroniese spanning daaarop het.

Vyf geslagte - een verjaarsdag 24.09.2026

In Iowa, VSA, is daar ‘n gesin wat virvyf5 geslagte na mekaar ‘n verjaarsdag op 14 September deel. Die geboortes strek van 1907 tot 2025, en hou nou die Guiness-wêreldrekord.

Tannie Louise bak plaasbrood 23.09.2026

Verlede week het ons by Jan die Meulenaar op Soetmelksvlei gekuier. Johan Rademan het daarna oorgestap na Tannie Louise Johannes om mooi broodjies in die plaaskombuis van 1897 te bak.

Dorpsgeheime: Loxton se Bome 23.09.2026

Danie Snyman vertel van Loxton se bome. In 1899 met die onstaan, het mnr. N.J.H. Theunissen meer as 400 bome langs Loxton se nuwe strate geplant, en weekliks van sy plaas ingery dorp toe om die boompies nat te maak.

'n Oog vir voetbal 23.09.2026

Toe Steve Prater sy oog verloor, vervang hy dit met ‘n prostese met die logo van die Amerikaanse voetbalspan, Kansas City Chiefs, daarop.

Êrens oorsee: Figuira da Foz, Portugal 22.09.2026

Corné Gaspar vertel vir Martelize Brink van die lewe in Figuira da Foz in Portugal. Ons hoor onder andere van palings in hulle restaurante.

Gemeenskapsbou met dans 22.09.2026

Talitha de Klerk vertel vir Martelize Brink van Rhythm of Hope Outreach, wat met dans vreugde bring. Sy is vereer deur Nation Builder in hulle Proteas of Mzansi-inisiatief.

90-jarige liggaamsboukampioen 22.09.2026

Japan se Toshisuke Kanazawa is op 90 ‘n liggaamsboukampioen. Hy wil nog aan die Wêreld Liggaamsboukampioenskappe deelneem in die bo 60-kategorie, en vir Arnold Schwarzenegger wys wat hy kan doen.

Aanneming tussen spesies 21.09.2026

Marine bioloog Maryke Musson praat oor langtermyn-aanneming tussen spesies, soos ‘n narwal wat by baloegawalvisse woon.

In die wêreld van landbou 21 September 2026 21.09.2026

In vandag se landbounuus: AgriSA en Agbiz doen ‘n beroep op die BRICS-lidlande om landbouhandel tussen lede te verdiep. Die Registrateur vir Diereverbetering verloor ’n appèlaansoek. Die Suid-Afrikaanse kanolabedryf skep nuwe geleenthede. Promtek Africa onderteken ’n samewerkingsooreenkoms met Stellenbosch Universiteit.

Vreemde navorsing vereer 21.09.2026

Felix Spies Siyafunda Education Foundation vertel vir Martelize Brink van die Ig Nobel-toekennings, wat toegeken word vir watenskaplike navorsing oor vreemde onderwerpe.

'n Model van 'n stad 21.09.2026

Vragmotorbestuurder Joe Macken het oor meer as twee dekades gebou aan ‘n model van New York-stad, met meer as 800 000 strukture.

Athlone Instituut vier 100 jaar 18.09.2026

Die voormalige Athlone Onderwysopleidingskollege, wat deesdae bekendstaan as die Athlone Instituut, in die Paarl vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Haidee Muller-Isaacs het met Farieda Kearns en Chester Meyer gesels oor hulle hartsmense wat in die jare dertig daar studeer het. Farieda sê haar pa het daarop aangedring dat sy daar onderwys gaan swot, en Chester gesels oor sy oupa en die musiekbloe...

360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 1) 18.09.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die opmerkings van ‘n Engelse dame in haar boek, Life At The Cape A Hundred Years Ago, oor kos aan die Kaap in die 1800’s.

Roei tussen die krokodille 18.09.2026

‘n Onafhanklike ondersoek het bepaal dat die 2032 Olimpiese- en Paralimpiese Spele se roei-items in die Fitzroy-rivier met sy 500 krokodille kan plaasvind. Dis die grootste reptiele, en word tot 6 meter lank.

Leon se Kloofkind op RSG 17.09.2026

Leon van Nierop vertel vir Martelize Brink van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, Kloofkind. Leon is sowel die skrywer as regisseur.

Jonk: Siektes en simptome in die mond 17.09.2026

Mondhigiënis Dirna Grobbelaar praat oor mondgesondheid en hoe jou mond die res van jou liggaam kan beïnvloed.

Nood-grassny 17.09.2026

Brandweermanne in Oklahoma in died VSA het ‘n man in ‘n mediese noodsituasie gehelp. Hy het in daardie stadium sy grasperk al halfpad gesny. Toe die ambulans hom wegneem, sny die brandweermanne sy gras klaar. Hulle sê mens kan dit mos nie so los nie!

Jan die Meulenaar 16.09.2026

Nie eers beurtkrag kon hulle stop in 1897 op Soetmelksvlei op Franschhoek nie. Johan Rademan by Jan Jordaan, beter bekend as Jan die Meulenaar, gaan kuier op Soetmelksvlei.

Dorpsgeheime: Wellington se stasie 16.09.2026

Hester de Kock vertel van Wellington se treinstasie. Daar is in 1858 aan die land se eerste spoorlyn tussen Kaapstad en Wellington begin bou, maar vertragings het gemaak dat dit eers in 1862 voltooi is. Durban het in 1860 al ‘n treindiens geopen.

Word betaal om te lees 16.09.2026

Singapoer wil sy burgers aan die lees kry. Daar is nou ‘n nasionale program waar jy op ‘n webblad aanteken wanneer jy lees. Jy kry dan ‘n geldjie vir jou lesery.

Êrens oorsee: Winston-Salem, Noord-Carolina 15.09.2026

Johan Schoeman vertel vir Martelize Brink van die lewe in Winston-Salem in Noord-Carolina in die VSA. Hy woon al 28 jaar daar.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds