RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Lelanie van der Berg by die Woordfees 06.10.2026 4:46
Lelanie van der Berg gesels oor grootword op Genadendal, haar pad tot op die wêreldverhoë, en haar produksie by die Woordfees.
Straatmyl-legende Sydney Maree 06.10.2026 14:04
Sydney Maree gesels met Martelize Brink en Johan Rademan oor sy atletiekloopbaan, sy wêreldrekord in die 1 500 m wat langer as 40 jaar gestaan het, en straatmyle. Francois Fouché vertel van die Dagbreek-straatmyl.
Albert Frost by die Woordfees 05.10.2026 12:11
Albert Frost vertel dat hy tromme gespeel het voor hy kitaar toe geskuif het.
Stellenbosch Universiteit se skaapplaas 05.10.2026 15:05
John Morris vertel van Stellenbosch Universiteit se Mariendahl-proefplaas, waar hulle ook kommersieël met skape boer.
Wetenskapwonder: Woordvorms 05.10.2026 6:51
Felix Spies praat oor die konsep dat ‘n woord ‘n vorm kan hê.
Dean Balie en Bianca Flanders by die Woordfees 05.10.2026 10:50
Dean Balie en Bianca Flanders vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan hoe hulle as ‘n paartjie bymekaar gekom het, en van hulle produksie, Prima, by die Woordfees.
Noord-Kaapse stories oor kultuur en tradisies 02.10.2026 5:55
Die Upingtonse skrywer, Anzil Kulsen, gesels oor aspirantskrywers van die Noord-Kaap, wie se stories nou ontgin word. Haidee Muller-Isaacs het ook gaan hoor hoe van die skrywers oor dié gulde geleentheid voel.
Soet Tand se vye 02.10.2026 14:00
Janelle en Ian de Kock gesels met Martelize Brink oor vye kook. By Soet Tand werk hulle met groenvye, ryp vye en swartvye.
Museum van walglike kos 02.10.2026 1:28
In Hong Kong is daar tans ’n opwip-weergawe van Swede se Museum vir Walglike Kos. Dis duidelik dat kultuur ‘n invloed het op watter kos mense dink walglik is.
Irene Snell-Carroll vereer 01.10.2026 4:54
Irene Snell-Carroll, Age-in-Action se direkteur vir die Wes-Kaap, is onlangs deur Nation Builder vereer deur hulle Proteas of Mzanzi-projek.
Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 2) 01.10.2026 8:16
Dr. Lana Bouwer vertel vir Martelize Brink van maniere om die vagussenuwee te stimuleer, en toestande waar dit kan help.
Staat help met vlerksleep 01.10.2026 1:18
Singapoer het ’n nuwe vlerksleepwebblad vir staatsamptenare tussen die ouderdomme van 21 en 35. Dit word gedoen om te help om die land se geboortesyfer te verhoog.
Soetmelksvlei se erfenis 30.09.2026 6:25
Adele Johnson staan aan die hoof van Soetmelksvlei, en deel hulle erfenis uit 1897 se uitbeelding van die plaas wat eers as Donkerhoek bekend gestaan het in die Franschhoekvallei. Johan Rademan het met haar in die Jonkershuis oor die handvaardighede en gedeelde erfenis gesels.
Grafversorging 30.09.2026 6:59
Tanya Klopper vertel vir Martelize Brink hoe sy en ‘n vriendin grafte skoonmaak en onderhou. Hulle maak ‘n verskil, een graf op 'n slag.
Dorpsgeheime: Bothaville se motormuseum 30.09.2026 8:24
Freek de Kock vertel vir Martelize Brink van Bothaville se Nissan en Datsun Erfenismuseum met meer as 200 voertuie.
Waarvoor jaag jy? 30.09.2026 1:01
In die VSA is verskeie mense in die nuus oor jaag, of dit nou is vir ontbyt, of omdat hulle nie langer kon knyp nie.
Êrens oorsee: Shenzhen, China 29.09.2026 16:38
Braam Gerber vertel vir Martelize Brink van sy 18 maande in Shenzhen, China. Veral die Chinese se werksetiek en 12 uur werksdae is opvallend.
Magda se sopkombuis 29.09.2026 8:54
Magda Meyer van die Paarl vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe dit gebeur het dat sy deesdae weekliks 'n heilsame maaltyd vir 2 000 mense uit haar industriële sopkombuis kan aanbied.
Daar gaan die brandweerwa! 29.09.2026 1:10
‘n Man in New Hamshire in die VSA het ‘n brandweerwa gesteel terwyl die brandweer besig was om die brand by sy huis te probeer blus.
Eerste nuwe katspesie in 100 jar ontdek 28.09.2026 5:48
Dr. Gabriella Leighton vertel vir Martelize Brink van die Tilcayo-katspesie wat onlangs in Bolivië ontdek is.
In die wêreld van landbou 28 September 2026 28.09.2026 5:12
In die landbounuus: Kwalifiserende privaatmaatskappye kan bek-en-klouseer-entstof vir die Landbounavorsingraad vervaardig; Plaaslike melkproduksie styg effens in Augustus; Nuwe tegnologie kan boere help om rooijakkalse se gedrag beter te verstaan; en Winterstorm Kuilvoer skenk 1,5 ton per maand aan Kultuurtuiste.
Wetenskapwonder: Die Stanford-eksperiment 28.09.2026 5:51
Felix Spies vertel van die Stanford-eksperiment. ‘n Weergawe van dié omstrede navorsing in nagebootste gevangenisomstandighede sal binnekort op Netflix te sien wees.
Indië se vet hond-kompetisie 28.09.2026 1:18
Geïnspireer deur Alaska se vet beer-week waar die publiek vir die vetste beer kan stem, het Indië nou ’n weergawe vir honde, Fat Dogs of Delhi.
Jufrou Cynthia floreer ondanks teenkanting 25.09.2026 8:58
Destyds, toe sy in haar vroeë veertigs 'n pos as hoof van 'n laerskool op Heidelberg gekry het, is daar omtrent gegons en gefrons. Haidee Muller-Isaacs hoor Cynthia Roberts het haar goed van haar taak gekwyt, ten spyte van die teenkanting.
360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 2) 25.09.2026 3:10
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die opmerkings van ‘n Engelse dame in haar boek, Life At The Cape A Hundred Years Ago, oor kos aan die Kaap in die 1800’s.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds