RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

22 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Marelise Faul se botaniese kuns 22.10.2026

Dr. Donovan Kirkwood, kurator van die Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuin, is op 26 Augustus 2025 in die Jonkershoekberge oorlede nadat hy tydens ‘n plantkundige ekspedisie geval het. Hy het met CapeNature en besoekers van Cambridge Universiteit plantmateriaal versamel van ‘n spesie waarvan daar na raming minder as 50 oorgebly het. Entomoloog Marelise Faul van die Grootbos Stigting het ook...

Jonk: Wat eet jy eerste? 22.10.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die volgorde waarin jy jou kos behoort te eet, en waarom.

Dag en nag hondjies kyk 22.10.2026

In Finland kyk mense stadige TV. ‘n Treffer daar is Pentu Live waar jy 24 uur ‘n dag kan kyk na hondjies. Vanjaar kon jy kyk hoe Hilkka haar ses kleintjies kry, hoe hulle die eerste keer drink, en andersins hoe hulle tot 20 uur per dag slaap.

Inheemse plante werkswinkel by die Taalmonument 21.10.2026

Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van die Afrikaanse Taalmuseum se kruiepraatjie wat eersdaags plaasvind. Heinrich van Wielligh, die koördineerder van besoekersdienste en geleenthede, en botanis Rupert Koopman het met haar gesels.

Dorpsgeheime: Eksklusiewe koffiemasjiene, Mosselbaai 21.10.2026

Lea Mastrogiuseppe vertel vir Martelize Brink van Mosselbaai se Super Veloce Timeless Masterpieces wat eksklusiewe koffiemasjiene maak, geïnspireer deur motorenjins en lugvaart. Van die masjiene is met goud beslaan en met diamante versier!

Lag-lag stadsraad toe 21.10.2026

Brady Rogers van Kanada het ‘n komiese aanslag gehad in sy veldtog om tot die stadsraad verkies te word. Al het hy byvoorbeeld gesê: “Ek wil dit skaars doen”, het hy die vierde meeste stemme gekry in die stryd om agt raadsetels.

Êrens oorsee: Jeddah, Saoedi-Arabië 20.10.2026

Elzette van Zyl vertel vir Martelize Brink van die lewe in Jeddah in Saoedi-Arabië, en die Jeddah-na-Taif-uitdaging wat sy en ‘n vriendin gaan aanpak, waar hulle meer as 200 km in ‘n aflos gaan draf.

Gedigte getoonset met KI 20.10.2026

Barbra Steyn vertel vir Martelize Brink hoe sy en haar man Eugene te werk gegaan het om met behulp van kunsmatige intelligensie sy gedigte te toonset.

Vat 'n flamink! 20.10.2026

‘n Kanadese toeris het in Las Vegas ‘n flamink ontvoer, wat hom vyf jaar in die tronk kan laat beland.

Die Spinnekopklub van Suider-Afrika 19.10.2026

Rudi Steenkamp vertel vir Martelize Brink van die die Spinnekopklub van Suider-Afrika, en waarom hy so passievol oor hierdie misverstaande wesens is.

In die wêreld van landbou 19 Oktober 2026 19.10.2026

In die landbounuus: Die Johannesburg Aandelebeurs denoteer Tongaat Hulett; Die Departement van Water en Sanitasie beplan om die Benede-Oranjerivier tot ’n klas drie-waterhulpbron te gradeer; Rolspelers in die landbousektor kom byeen vir ‘n gesprek oor El Niño-voorbereiding; Die span spitbraaiers wat Suid-Afrika in die eerste Lamb Champs Invitational sal trotseer, is bekendgemaak.

Wetenskapwonder: Rooi spriete 19.10.2026

Felix Spies praat oor rooi spriete, ‘n natuurverskynsel waarvan ‘n foto die wetenskapwêreld onlangs aan die gons gehad het.

Die beer en die heuningpot 19.10.2026

Op 14 Oktober 2026, die dag van die honderdjarige viering van Winnie-the-Pooh se eerste publikasie, het ‘n beer ingebreek by ‘n biblioteek in Kalifornië. Nes Winnie-the-Pooh is hy reguit heuningpot toe.

Oppi Duin op Lambertsbaai 16.10.2026

Dit het alles begin met 'n braai op 'n duin op Lambertsbaai, waar daar net 'n long drop was. Nou heet hierdie einste plek Oppi Duin, want Martin Louw se familie het toe 'n pragtige gasteplaas en trouplek oor die jare organies daar' gebou. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan kuier.

360 Speseryroete: Oesfeeste 16.10.2026

Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor oesfeeste wat weer gewild is.

Nege optredes in 12 ure 16.10.2026

‘n Musiekgroep in Australië het ‘n nuwe Guinness-wêreldrekord opgestel met nege optredes in verskillende stede binne 12 ure. Hulle het sowat 700 km afgelê.

Grootbos Stigting se projekte 15.10.2026

Nagenoeg 70% van die lewe op aarde, so word geraam, vind ondergronds plaas. Marelise Faul is ‘n entomoloog van die Grootbos Stigting in die Gansbaai-omgewing. Johan Rademan het met haar gesels oor van die projekte waarmee die stigting besig is.

Jonk: Brotox 15.10.2026

Dr. Xen Ludick praat oor mans se gebruik van Botulinum-toksien. Hy sê mans se aanslag tot hierdie behandeling is tans waar vroue 15 jaar gelede was.

Dier van die jaar 15.10.2026

‘n Labrador genaamd Sgiath in die Skotse Hoogland is aangewys as die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn se dier van die jaar. Sy het al honderde kolonies van ‘n indringerorganisme in die see opgespoor en uitgewys.

Juffrou Sybill se Stanford 14.10.2026

Sybill October vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar geliefde grootworddorp, Stanford, waar sy opgegroei het as een van 10 kinders. Sy het op die ou end 'n skoolhoof daar geword. Haar opleiding aan die destydse Athlone Opleidingskollege in die Paarl verruil sy vir niks.

Dorpsgeheime: Erfenisboord in Elgin/Grabouw 14.10.2026

Jeanne Fourie vertel vir Martelize Brink van Tru-Cape se Erfenisboord op Oak Valley in die Elgin- en Grabouw-omgewing. Daar is vrugtebome van historiese variëteite soos die Witte Wijnappel wat Jan van Riebeeck aan die Kaap geplant het.

Koop kaartjies vir 'n troue 14.10.2026

‘n Paartjie in San Diego in Kalifornië het ’n webblad, Not a Wedding Crasher, begin waar jy ‘n uitnodiging na ‘n troue kan koop. Jy kry ’n partytjie, en help so betaal vir die bruilof.

Die uitwerking van heeltyd bang wees 13.10.2026

Santie Terreblanche praat oor die sielkundige effek van heeltyd bang wees. Dis iets waaraan veral vroue in Suid-Afrika blootgestel is.

Bedluise vertraag vlug 13.10.2026

‘n Vlug tussen Italië en Australië moes uitgestel word weens bedluise, wat die mense op die vorige vlug van 17 uur lank gebyt het.

Berede boogskiet 12.10.2026

Rudi Riek gesels met Martelize Brink oor berede boogskiet, en die uitdagings van boogskiet terwyl jy perd ry.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds