RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Liezel laat Johnny se nalatenskap leef 15.09.2026 8:38
Liezel Davids, weduwee van die voormalige RSG-omroeper, kommentator en TV-aanbieder, Johnny Davids, gesels oor die afgelope paar maande sonder hom, en hoe sy steeds sy nalatenskap wil laat voortleef.
Halfmarathon halflyf deur die water 15.09.2026 1:06
‘n Halfmarathon In New Jersey in die VSA het onlangs voortgegaan in weerwil van blitsvloede wat veroorsaak is deur sewe duim reën in baie ‘n kort tydjie. Deelnemers moes soms halflyf deur die water beur, maar stop was min.
Vergelegen se Nguni's 14.09.2026 8:09
Eben Olderwagen praat oor Vergelegen se Nguni’s, en waarom hulle deesdae ’n Nguni/Angus-kruising doen.
In die wêreld van landbou 14 September 2026 14.09.2026 5:08
In vandag se landbounuus: Die minister van landbou bevestig dat die verpligte uitskot van klinies gesonde, siektevrye buffels voorlopig opgehef is; Die Egiptiese mark maak deure oop vir Suid-Afrika se rooivleis; die Agribesigheid-vertrouensindeks wys ’n verbetering; Trekkerverkope daal weer.
Wat is donkertoerisme? 14.09.2026 7:33
Mariëtte du Toit-Helmbold verduidelik wat donkertoerisme is, hoekom mense dit doen. En plaaslike plekke om te besoek.
TV-nuusleser word koning 14.09.2026 1:26
Ná meer as drie dekades op die troon, is die wêreld se jongste heersende koning, koning Oyo, in die ouderdom van 34 oorlede. Sy 56-jarige neef, ‘n gewilde TV nuusleser, is nou aangewys as die nuwe koning in Uganda se Tooro tradisionele koninkryk.
Verken 'n grot 11.09.2026 6:47
Kom beleef die wêreld onder jou wêreld. Wêrelddag van Grotte en Karst word op 13 September gevier om bewusmaking te skep van dié ondergrondse towerplekke, wat entoesiastiese grotkruipers al te graag verken. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.
360 Speseryroete: Wildsvleis 11.09.2026 12:52
Wildsvleiskenner Annatjie Reynolds gesels met Martelize Brink, en beantwoord luisteraarsvrae oor kook met wildsvleis.
Te swaar om te red 11.09.2026 1:56
Werkers op die oliebore in die Noordsee mag van 1 November 2026 af slegs gaan werk indien hulle met werksklere en skoene aan 124 kg of minder weeg. Anders is hulle te swaar vir die kuswag se helikopter se wen-as om hulle te kan red.
Minder applous, meer aksie 10.09.2026 9:10
“Suid-Afrika het nie nog ’n Vrouemaand nodig wat met applous eindig terwyl die stelsel dieselfde bly nie.” Die Tears-stigting doen ’n beroep op die polisie, gesondheidsdienste, werkgewers, skole, universiteite en die burgerlike samelewing om van simboliese insluiting na werklike deelname deur oorlewendes te beweeg. Celeste Louw, hoofbestuurder van dié stigting, het met Haidee Muller-Isaacs gesels.
Blind, dronk en ver van die huis afgetrek 10.09.2026 1:39
Anthony Hall is in Engeland 240 km van sy huis af van die pad afgetrek. Hy was dronk, maar hy is ook siggestremd. Hy kan lig sien, en het agter ‘n swaarvoertuig se ligte aangery op pad Skotland toe.
Jonk: Skoonheidsbehandeling vir mans 10.09.2026 9:21
Dr. Ria Smit praat oor skoonheidsbehandeling vir mans, wat al hoe meer gereeld versoek word.
Witblitsstook op Soetmelksvlei 09.09.2026 6:32
Die ou mense het dikwels wyn en vrugte gestook, en die alkohol is vir medikasie en plesier gebruik. Dié tradisie word nog op Soetmelksvlei gedemonstreer. Johan Rademan het vir Curtley Hofman gevra oor dié wonderkuur wat op ‘n 1897-vertoonplaas gebruik kan word.
Hoëspoed sportbra’s 09.09.2026 1:36
Vrouefietsry het vanjaar ‘n vars skandaal. Daar is ‘n opstop-praktyk bekend as borsstroombelyning. As die dames se borsarea vergroot word, kan daar 'n vermindering van tot 3,6% in lugweerstand wees.
Êrens oorsee: Lapland, Finland 08.09.2026 13:58
Coenraad Spaumer gesels met Martelize Brink op die eerste dag van sy restaurant, Petronella, se nuwe seisoen in Saariselkä, Finland.
Fotografie-uitstalling op Seepunt se Promenade 08.09.2026 5:29
Sancia Cilliers vertel vir Martelize Brink van ‘n fotografiekompetisie waar die uitstaande foto’s op Seepunt se Promenade uitgestal word.
Krap is goeie besigheid 08.09.2026 1:11
In China is daar nou ‘n diens waar jy sagkens gekrap word met spesiaal ontwerpte naels. Die doel is om te ontspan, spanning te verlig en slaap te verbeter.
Perde by Nampo Kaap 07.09.2026 9:18
Rudi Riek vertel vir Martelize Brink van die verskillende perderasse wat vanjaar te sien is by Nampo Kaap op Bredasdorp.
In die wêreld van landbou 7 September 2026 07.09.2026 5:35
In die landbounuus: Graan SA is bekommerd oor reëntekorte in die Swartland; Agbiz sê stygende internasionale koringpryse is te laat vir verdere plaaslike aanplantings; SA Canegrowers verwelkom die regering se verhoging van die dollargebaseerde verwysingsprys vir suikerinvoere; en China is nou die wêreld se grootste produsent van makadamias.
Gesondheidsaansprake by vleis 07.09.2026 11:31
Prof. Phillip Strydom praat oor die gesondheidsaansprake en persepsies van veiligheid by vleis.
Mededingende grafgrawe 07.09.2026 1:10
Daar is onlangs ’n grafgrawe-kompetisie in Hongarye gehou. Spanne van twee het met pik en graaf deelgeneem. Die wenspan het ‘n uur en 21 minute nodig gehad.
Alma van die Karoo 04.09.2026 9:31
Die borrelende Alma Janse Van Rensburg woon deesdae in Welgelegen in Kaapstad se noordelike voorstede, maar sy onthou steeds haar wonderskone kinderdae op Sutherland in die Karoo. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs jy moet blom waar jy ook al geplant word.
Jacques Erasmus, die koning van konfyt 04.09.2026 5:10
Jacques Erasmus vertel van die SA Inlê-kampioenskap waar Hemelhuijs se Hedgerow-bessiekonfyt aangewys is as produk van die jaar. Dit het die konfytkategorie gewen. In die marmalade-afdeling het Hemelhuijs se Kumquat Conserve gewen.
Vreemde navorsing 04.09.2026 1:24
Vanjaar se Ig Nobel-toekennings het weer vreemde navorsing vereer. Onder die wenners is daar die ontdekking dat kakkerlakmelk drie keer soveel energie as koeimelk bevat. Dit het die prys vir chemie huis toe geneem.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds