RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Regsake: Die Aktekantoor; Klousules in kontrakte waarvan verbruikers moet weet 12.10.2026 22:13
12 Oktober 2026: Tiaan Joubert fokus op die werksaamhede van die Aktekantoor. Est-Marié McCallahan bespreek ‘n onlangse hofuitspraak wat te doen het met die Verbruikerswet en verskaffers wat sekere klousules in kontrakte baie duidelik onder 'n verbruiker se aandag moet bring, en dit nie net in die fynskrif kan wegsteek nie.
Regsake: Gesinsadvokate; Vakansieklub-kontrakte 05.10.2026 22:24
5 Oktober 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die rol en werk van ‘n gesinsadvokaat. Elsa Kruger Willemse beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die strik van lewenslange vakansieklub-kontrakte.
Regsake: Wat doen die balju? Werknemer moet R2,8 miljoen terugbetaal oor leun 28.09.2026 21:31
28 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die balju. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor ‘n onlangse hofuitspraak wat handel oor ‘n werknemer in Kaapstad wat R2,8 miljoen aan haar werkgewer moet terugbetaal omdat sy gejok het oor haar werkservaring.
Regsake: Meester van die hof; Peetouers 21.09.2026 22:18
21 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die Meester van die hof. Familieregkenner Elmari Richter verduidelik wat die reg oor peetouers sê.
Regsake: Skenkingsbelasting; Testamente, boedels en trusts 14.09.2026 22:46
14 September 2026: Elsa Kruger-Willemse praat oor die kuns van gee, en wat jy moet weet van skenkingsbelasting in Suid-Afrika. Volker Kruger bespreek die geldigheid van 'n testament sonder 'n datum, inkomstebelasting by trusts, die verkoop van 'n huis sonder die erfgename se toestemming, en ander vrae oor testamente, boedels en trusts.
Regsake: Agterstand by Meesterskantoor in Johannesburg 07.09.2026 21:36
7 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat onder meer oor die voortslepende agterstand van die Meesterskantoor in Johannesburg. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor die regte van lewensmaats in terme van die intestate erfreg, onderhoudseise teen bestorwe boedels en eise vir verlies aan onderhoud ná die dood van 'n lewensmaat in 'n motorongeluk.
Regsake: Vroue se erfreg; Surrogaatskap 31.08.2026 17:37
31 Augustus 2026: Prokureur Susan de Wet praat in die die laaste episode van die reeks oor vroue en die reg oor die ontwikkeling van vroue se erfreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuisen praat oor surrogaatskap in Suid-Afrika.
Regsake: Maritale mag; Padongelukkefonds vertraag afhandeling van boedel 24.08.2026 18:02
24 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die vierde episode oor vroue en die reg oor maritale mag. Prokureur Susan de Wet beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die Padongelukkefonds, wat verband hou met ‘n eis wat na jare nie uitbetaal is nie, en ‘n boedel wat as gevolg daarvan nie afgehandel kan word nie.
Regsake: Nuwe wetgewing oor kinders en sosiale media 17.08.2026 22:21
Est-Marié McCallahan praat in die derde van vyf insetsels oor vroue en die reg, oor die ontwikkeling van vroue se stemreg. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor nuwe wetgewing, en hoe dit die veiligheid van kinders sal beïnvloed in ‘n wêreld wat deur sosiale media oorheers word.
Regsake: Vrouedag; Die aanstuur van WhatsApp-boodkappe 10.08.2026 17:47
10 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die tweede aflewering vroue en die reg oor Vrouedag. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek ‘n onlangse saak oor WhatsApp-boodkappe wat aangestuur is, en of die aanstuur daarvan moontlik haatspraak aangehits het of nie.
Regsake: Vroue en die reg; Bekentenisse 03.08.2026 17:57
3 Augustus 2026: In die eerste van vyf aflewerings in ‘n reeks oor vroue en die reg vertel prokureur Est-Marié McCallahan oor hoe die regstelsel ontwikkel het sodat vroue ook toegang kon kry tot regsberoepe. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.
Regsake: Afwesigheid weens siekte en sieknotas 27.07.2026 22:27
27 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die laaste van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad en ander belangrike liggame in ons regslandskap. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afwesigheid weens siekte en sieknotas, na aanleiding van getuies by die Madlanga-kommisie wat sieknotas ingehandig het om hulle afwesigheid te regverdig.
Regsake: Regspraktisyns en die Regspraktykraad; Verborge gebreke en 'n voetstootsklousule 20.07.2026 21:35
20 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert -praat in die derde van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy fokus op wat dit in praktyk vir regspraktisyns beteken om deur dié raad gereguleer te word. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n hofsaak wat handel oor of ‘n koper die verkoper vir verborge gebreke aanspreeklik kan hou in weerwil van 'n voetstootsklousule.
Regsake: Die neem van foto’s en video’s in openbare plekke 13.07.2026 22:37
13 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die tweede van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy verduidelik wat hierdie regsliggaam vir jou kan beteken. Prokureur Est-marie McCallahan praat oor wat jy mag en nie mag doen met die neem van foto’s en video’s in openbare plekke.
Regsake: Wat doen die Regspraktykraad? Is POF aanspreeklik wanneer slagoffer selfdood pleeg? 06.07.2026 22:42
6 Julie 2026: Tiaan Joubert verduidelik wat die Regspraktykraad is, die raad se verhouding met die publiek en praktisyns, en watter ander regsliggame daar is om van bewus te wees. Prokureur Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor of die Padongelukkefonds aanspreeklik is wanneer 'n ongelukslagoffer later selfdood pleeg.
Regsake: Personeelafleggings; Werking van howe 29.06.2026 19:52
29 Junie 2026: Dr. Gerrie Ebersohn praat oor arbeidsreg en personeelafleggings. Elsa Kruger-Willemse verduidelik die hierargie en die werking en toeganklikheid van Suid-Afrikaanse howe.
Regsake: Skadevergoeding vir onregmatige arrestasie; Mag jou werk jou summier afdank? 22.06.2026 22:59
22 Junie 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek ‘n saak wat handel oor wanneer jy skadevergoeding van die Staat vir onregmatige arrestasie en aanhouding kan eis. Tiaan Joubert verduidelik of jou werkgewer jou summier mag wegjaag. Hy beantwoord onder meer vrae oor wat substantiewe billikheid behels, wanneer ‘n verhoor moet plaasvind, en of dit waar is dat jy eers drie waarskuwings moet kry vo...
Regsake: Outeursreg; Aftreeouderdom 15.06.2026 16:00
15 Junie 2026: Patentprokureur Bianca Luwe praat oor outeursreg, wat mense soms dink slegs op skrywers, kunstenaars en musikante van toepassing is. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek die arbeidsreg met betrekking tot jou aftreeouderdom.
Regsake: Konsepgedragskode oor toegangsbeheer 08.06.2026 21:29
8 Junie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die Inligtingsreguleerder se konsepgedragskode oor toegangsbeheer by geboue en komplekse. Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaargaande boetes.
Regsake: Hofsaak teen Kaapstad Munisipaliteit oor ekstra heffing 01.06.2026 22:18
1 Junie 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek ‘n onlangse hofsaak teen die Kaapstad Munisipaliteit oor 'n ekstra heffing vir grondeienaars. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor hoe families hulle rykdom oor generasies heen bewaar.
Regsake: Laster in die werkplek; Padongelukkefonds en eise vir kapings 25.05.2026 17:16
25 Mei 2026: Arbeidsregkenner Johan Botes bespreek ‘n uitspraak van die Hoogeregshof in Polokwane oor laster in die werkplek. Susan de Wet bespreek ‘n saak oor wanneer die Padongelukkefonds aanspreeklik gehou kan word vir beserings wat tydens ‘n kaping opgedoen is. Sy bespreek ook ‘n saak oor ‘n passasier wat ‘n motor se handrem opgetrek het terwyl die bestuurde...
Regsake: Tussentydse onderhoud & die ignorering van regsdokumentasie 18.05.2026 20:02
18 Mei 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek 'n hofsaak oor twee lewensmaats wie se paaie geskei het. Die vraag is of die vrou tussentydse onderhoud van die man kan eis, hangende die litigasie oor die verdeling van hulle bates. Prokureur Tiaan Joubert verduidelik wat met jou kan gebeur indien jy regsdokumentasie sou ignoreer.
Regsake 11 Mei 2026 11.05.2026 20:18
Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor erflatings en erfgename wat sterf. Prokureur Est-Marie McCallahan praat oor die beskerming van diere. Het diere regte in Suid-Afrika?
Regsake 4 Mei 2026 04.05.2026 23:26
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon wat geld in ‘n Ponzi-skema belê het sonder dat hy geweet het. Hy praat ook oor selfoonmaatskappye se verantwoordelikheid ten opsigte van bedrieglike boodskappe wat op hulle netwerke gedeel word. Igna groet Regsake ná 34 jaar. Hy deel van sy mooiste herhinneringe.
Regsake 27 April 2026 27.04.2026 17:41
Igna Klynmsith praat oor regstelsels, en wat dit behels. Hy praat ook oor die anominiteit van minderjariges wat misdade gepleeg het.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.