RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Regsake 20 April 2026 20.04.2026 23:24
Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor die betaling van tussentydse onderhoud. Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor wat die afkondiging van ‘n nasionale ramp behels. Spesialisgas, Est-Marié McCallaghan praat oor 'n nuwe wet wat beter beskerming aan bejaardes sal gee.
Regsake 13 April 2026 13.04.2026 21:47
Igna Klynsmith bespreek belangrike nuwe reëls wat gemeenskapsskemas sal bëinvloed. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n geskeide paartjie met ’n minderjarige, wat steeds nie kan ophou baklei nie. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afleggings na aanleiding van ondernemings wat afskaal of tot niet gaan.
Regsake 6 April 2026 06.04.2026 23:53
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor teistering. Spesialisgas Volker Kruger bespreek twee interessante regsvrae. Moet die eerste vrou toestemming gee vir die sluit van 'n gebruiklike huwelik met die tweede vrou? En, kan kinders daarop aandring dat die oorskot van 'n oorledene vir vaderskaptoetse opgegrawe word?
Regsake 30 Maart 2026 30.03.2026 18:02
Igna Klynsmith praat onder meer oor kuber-afknouery. Spesialisgas Susan de Wet bespreek die saak van ‘n mnr. Zilwa teen die Wes-Kaapse LUR vir Vervoer en Openbare Werke en die Minister van Polisie omdat hy onder meer sonder ‘n lasbrief deur ‘n provinsiale verkeersbeampte in hegtenis geneem is.
Regsake 23 Maart 2026 23.03.2026 21:38
Igna Klynsmith bespreek huwelike buite gemeenskap van goedere. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n hofsaak wat handel oor die geldigheid van ’n testament. Die oorledene het die testament met 'n duimafdruk geteken, en daar is geargumenteer dat sy onbehoorlik beïnvloed is.
Regsake 16 Maart 2026 16.03.2026 22:41
Igna Klynsmith praat oor motorongelukke, en padreëls wat verontagsaam word. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor ‘n Wes-Kaapse regter se beweerde onregmatige besetting van eiendom, en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond.
Regsake 9 Maart 2026 09.03.2026 20:54
Igna Klynsmith bespreek die onwettige besetting van private eiendom. Michelle van der Merwe, ’n patentprokureur, praat oor kunsmatige intelligensie, en aan wie sekere skeppings nou eintlik behoort - al is jy die een wat die inligting ingevoer het.
Regsake 2 Maart 2026 02.03.2026 15:14
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag deur ‘n vrou wat ‘n kontrak by ‘n bank geteken het, en haarself as borg verbind het vir haar vriendin. Spesialisgas Susan de Wet praat oor of die Padongelukkefonds aanspreeklik gehou kan word wanner ‘n motorbestuurder iemand opstelik met ‘n motorvoertuig raak ry.
Regsake 23 Februarie 2026 23.02.2026 21:30
Igna Klynsmith bespreek twee sake wat handel oor zero-verdraagsaamheidsbeleid rakende alkoholgebruik in die werksplek. Spesialisgas Est-marié McCallahan vertel van ‘n saak oor die installering van ‘n sonkragstelsel in ‘n kompleks op gemeenskaplike grond.
Regsake 16 Februarie 2026 16.02.2026 22:37
Igna Klynsmith praat oor egskeidings en bates wat verduister word om die ander party te banadeel. Hy bespreek ook ‘n saak waar ‘n tweejarige dotertjie in ‘n hospitaal beland het nadat sy geskok is deur ’n transformator, wat deur ‘n munisipaliteit op die grond aangebring is. Spesialisgas Marko Vermaak bespreek patente met betrekking tot modelontwerpe.
Regsake 9 Februarie 2026 09.02.2026 22:42
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat met die padongelukkefonds verband hou, en ‘n saak wat handel oor twee leerders wat deur hulle skool gestraf is omdat hulle gedamprook het. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor boedeluitgawes en belastingverpligtinge by afsterwe.
Regsake 2 Februarie 2026 02.02.2026 23:22
Igna Klynsmith praat oor wysigings aan dokumente deur die nuwe gesondheidsberoepsraad, wat kwessies soos die weerhouding en onttrekking van behandeling insluit. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n saak waar drie seuns met die vierde seun baklei oor hulle pa se testament, omdat hy bevoordeel word.
Regsake 26 Januarie 2026 26.01.2026 18:08
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n kind wat in die Kruger Wildtuin deur ‘n luiperd aangeval is. Hy praat ook oor die onprofessionele gedrag van sommige prokureurs, wat werkwerwing deur onder meer eiendomsagente doen om oordragte na hulle te kanaliseer. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die padongelukkefonds.
Regsake 19 Januarie 2026 19.01.2026 22:23
Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor ouderdomspensioen en onregmatigde ontslag. Hy vertel ook van ‘n handelmerkdispuut tussen Chicken Licken en KFC. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor 'n eiendomstransaksie wat skeef geloop het, en hoe belangrik dit vir mense is om te verseker hulle kom hulle verpligtinge in kontrakte na.
Regsake 12 Januarie 2026 12.01.2026 19:02
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor Jacob Zuma en die presidensie, waar hy beveel is om sy regskostes terug te betaal. Hy bespreek ook ‘n saak oor wie die regmatige eienaar van ‘n troeteldier is ná ‘n egskeiding . Elsa Kruger-Willemse praat oor sertifikate wat verkry moet word by die verkoop van onroerende eiendom, en die risiko van historiese munisipale skuld.
Regsake 5 Januarie 2026 05.01.2026 21:26
Igna Klynsmith bespreek ‘n navraag wat handel oor ‘n bedoel. Hy vertel ook van ‘n saak waar familielede ‘n liggaam wou laat opgrawe om DNS-toetse te laat doen om te bewys dat hulle wel familie is, en mag erf. Spesialisgas Metzi Klobbie bepreek belangrike veranderinge aan Suid-Afrika se patentstelsel.
Regsake 29 Desember 2025 29.12.2025 20:27
Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak oor ‘n huis wat afgebrand het, en of die koper die verkoper aanspreeklik kan hou vir die skade. Arbeidsregkenner Johan Botes vertel van arbeidswetgewing wat vanjaar verander en aangepas is.
Regsake 22 Desember 2025 22.12.2025 24:58
Igna Klynsmith praat oor die hof van klein eise, en bepreek ‘n saak oor ‘n pa wat sê hy kan nie meer in die behoeftes van sy outistiese dogter voorsien nie. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ’n saak oor ‘n bestorwe boedel waar die vrou nie volgens die man se testament van hom erf nie. Kan sy wel eis?
Regsake 15 Desember 2025 15.12.2025 20:11
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n gevangene, wat ‘n paar vrae gehad het oor sy eie saak. Hy bespreek ook ‘n vraag oor wat presies as lasterlik beskou kan word. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n pa se regte t.o.v. die besluit om ‘n swangerskap te beëindig.
Regsake 8 Desember 2025 08.12.2025 23:08
Igna Klynsmith bespreek die pligte van rolspelers in ‘n strafregsaak. Hy praat ook oor die ontvangs van gesteelde goedere. Spesialisgas Est-marié McCallahan vertel van ‘n dispuut tussen bure oor ‘n oprit.
Regsake 1 Desember 2025 01.12.2025 21:25
Igna Klynsmith bespreek ‘n appèlhofsaak oor ‘n munisipaliteit wat grond, wat aan ‘n ontwikkelaar behoort, probeer onteien het. Hy bepreek ook ‘n luisteraarsvraag oor die aankoop van ‘n plaas en ‘n serwituut. Elsa Kruger-Willemse praat oor die aanspreeklikheid van eienaars van troeteldiere wanneer die dier skade aan, of vir, ‘n derde party aanrig.
Regsake 24 November 2025 24.11.2025 22:48
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n vrou wat gediagnoseer is met demensie. Haar man wil weet hoe hy haar bates moet hanteer aangesien sy nie meer handelsbevoeg is nie, en hulle buite gemeenskap van goedere getroud is. Volker Kruger praat oor ‘n skadevergoedingseis teen ‘n restaurant.
Regsake 17 November 2025 17.11.2025 22:24
Igna Klynsmith verduidelik wat borgstellingsooreenkomste behels, en praat oor die indiensneming van onwettige immigrante. Volker Kruger bespreek ‘n hofsaak waar die leerstuk van "die bloedige hand erf nie” toegepas is.
Regsake 10 November 2025 10.11.2025 20:35
Igna Klynsmith bespreek die hofuitspraak van beweerde haatspraak deur Julius Malema. Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag ‘n oupa wat grond aan sy minderjarige kleinseun wil nalaat. Spesialisgas Lienki du Plessis praat oor ‘n paar handelsmerkhofsake.
Regsake 3 November 2025 03.11.2025 23:06
Igna Klynsmith praat oor ’n plaaseienaar, wat tydens ’n inbraak, ‘n verdagte noodlottig gewond het, en aangekla is van moord. Spesialisgas Elsa Kruger Willemse praat oor die belangrikheid van boedelwaarde wanneer jy trou met die aanwasbedeling, met verwysing na ‘n onlangse Appèlhof-uitspraak.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.