RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

20. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

20 Jaar van vrot vissous 30.07.2026

Ná 20 jaar word ‘n dorp in Kanada verlos van die reuk van vrot vissous. ‘n Maatskappy het die fasiliteit met 110 tenke net so gelos. Dit gaan uiteindelik verwyder word.

Talentkompetisie vir 50-plussers 29.07.2026

Cor Uys vertel vir Martelize Brink van ‘n talentkompetisie vir mense bo 50. Hy sê by die Andante Plus 50-kompetisie is wen nie so belangrik soos deelname nie. Dis ‘n geleentheid om jou talente af te stof.

Martin se passie vir fotografie 29.07.2026

Martin de Kock (39) vier vanjaar sy twintigste jaar as fotograaf. Haidee Muller-Isaacs het hom destyds ontmoet toe sy as joernalis by Huisgenoot gewerk het. Martin was pas klaar met skool, en superentoesiasties. Saam het hy en Haidee die langpad aangedurf agter stories aan. En dan was daar die keer toe hulle moes weghardloop vir Prins Harry se kwaai sekuriteitswagte! Ja, hulle het perfekte foto's...

Politikus se KI-blaps 29.07.2026

‘n Kanadese politikus het die internet aan die gons nadat hy ‘n toespraak gelewer het, wat met behulp van KI geskryf is. Die raad wat KI gegee het, is per ongeluk in die toespraak ingesluit.

Êrens oorsee: Oesbekistan 28.07.2026

Sanger Emilie Minnie vertel vir Martelize Brink van sy ervarings in Oesbekistan, waar hy skoolhou.

Pienk appels 28.07.2026

Calla du Toit praat oor die ontwikkeling van appelvariëteite soos Pink Lady, wat jare kan duur.

Yskaste vir mense 28.07.2026

In Japan is daar nou yskaste wat gemaak vir een mens om in te pas. Die doel is om vir ‘n kort tydjie die erge hitte te ontsnap.

In die wêreld van landbou 27 Julie 2026 27.07.2026

In hierdie week se landbounuus: Graan SA spreek sy misnoeë uit oor die JSE se besluit oor sojaboon-liggingsdifferensiaal; Mosambiek wil sy afhanklikheid van Suid-Afrikaanse groente verminder; die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging doen ’n beroep op die landbouminister om ’n nasionale voëlgriep-inentingsprogram te bespoedig; en rosyntjieprodusente oorskry die honderd duisend ton leweringsmerk.

Ingrid se liefde vir Korea 24.07.2026

Mediapersoonlikheid Ingrid Jones het tydens 'n besoek aan haar dogter in Seoel, Suid-Kore,a halsoorkop verlief geraak op dié land en sy kultuur. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs wat sy alles ervaar het doer anderkant die water.

Speseryroete: Dille 24.07.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor dille, wat vars of as saad gebruik kan word.

Beenhaarteistering 24.07.2026

Weens hitte moedig die regering in Japan mans aan om hul baadjie-en-das-werksdrag te ruil vir kortbroeke, t-hemde en tekkies. Vroue kla nou oor beenhaarteistering met dié dat hulle daarin moet vaskyk. Om hulle in ag te neem, laat laser somminge mans nou hulle beenhare.

Parfuum uit die veld 23.07.2026

By die Kogman & Keisie-gasteplaas op Montagu maak Liana Jansen van FIJN Botanicals parfuum uit die veld. Jy kan ‘n dag saam met haar in die ryk geskiedenis van die omgewing pluk en delf. Johan Rademan was daar.

Jonk: Meer kos, minder kalorieë 23.07.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe jy kos kan kies wat jou toelaat om meer te eet en voller te voel, maar steeds minder kalorieë in te kry.

Miere op die nagereg is tronksake 23.07.2026

Die eienaar van ‘n restaurant met 2 Michelinsterre in Seoel is in die moeilikheid oor miere op die spyskaart. Buiten vir ‘n boete van sowat R224 000, vra aanklaers ook vir ‘n jaar tronkstraf.

Jason Baartman ken van appels 22.07.2026

Haidee Muller-Isaacs het die 2017-naaswenner van die Agri's Got Talent-sangwedstryd opgespoor. Jason Baartman was destyds 'n algemene werker, en deesdae is hy 'n junior produksiebestuurder wat sy storie met appels ken. Hy kweek sommer self appelbome, vertel dié jong landbouman van Ceres.

Wat kan ons leer by... Ethiopië (Deel 2) 22.07.2026

Dr. Mandie Uys vertel wat ons kan leer by Ethiopië, en die laaste Salomoniese keiser, Haile Selassi.

Paaldansfiasko 22.07.2026

‘n Paaldans het skeef geloop in Amerika. Toe die paal skuif, tref dit ‘n brandsproeier wat twee woonstelle met waterskade gelaat het.

Êrens oorsee: Kobuleti, Georgië 21.07.2026

Arnold Bothma vertel vir Martelize Brink van Georgië se kultuur. Dié oudpolisieman het afgetree in die dorp, Kobuleti.

Bradley se vakmanskap uit die 19de eeu 21.07.2026

Ystersmid Bradley Cloete werk met vuur wat tot 1 800 grade Celsius warm kan wees. Johan Rademan het op Soetmelksvlei gaan kyk hoe hy ‘n klinknael maak.

Japan se spookinspekteurs 21.07.2026

In Japan oornag mense in sogenaamde spookhuise om te bewys dat daar niks ongehoord gebeur nie. ‘n Sertifikaat help dan om die waarde van die eiendom te verhoog, siende dat mense huiwerig is om ‘n gestigmatiseerde eiendom te koop of huur.

Drie keer 'n week in die Kruger! 20.07.2026

Sonia Dillon vertel vir Martelize Brink dat sy en haar man Curtis, minstens drie keer per week die Nasionale Krugerwildtuin besoek en verfilm. Hulle waarnemings is te sien by DustBugs Travel, 'n YouTube-kanaal.

In die wêreld van landbou 20 Julie 2026 20.07.2026

In hierdie week se landbounuus: ‘n Nuwe diensverskaffer aangestel om die staat se brandbestuurprogram te koördineer. Agbiz waarsku teen ekonomiese onsekerheid in die tweede helfte van die jaar. AgriSA kondig ’n vennootskap aan in die geveg teen landelike misdaad. ‘n Span van die Universiteit Stellenbosch wen vanjaar se Veeplaas/Stockfarm-studentevasvrakompetisie.

Die gaarmaak van atipiese vleissnitte 20.07.2026

Prof. Phillip Strydom vertel hoe atipiese beesvleissnitte, soos picanha, gaar gemaak behoort te word.

Krokodil-sekuriteit 20.07.2026

Israel se Minister van Omgewingsbeskerming het die Nylkrokodil herklassifiseer as 'n versorgde wilde dier. Dít baan die weg dat die diere by gevangenisse ingespan kan word vir sekuriteit.

Francois is versot op branderroei 17.07.2026

Van kindsbeen af is Francois Steyn versot op branderplankry, wat later in kompeterende branderroei (Waveski) ontwikkel het. Hy het al Suid-Afrika verteenwoordig in branderroei, en is eersdaags op pad om Peru se branders aan te durf. Johan Rademan het met hom gesels oor dié sport, en hoe hulle dit vir ontwikkelingsdoeleindes inspan.

Hør på podkasten Driesestig i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.