RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

20. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

360 Speseryroete: Die inlê van sitrus 17.07.2026

Jacques Erasmus van Hemelhuijs vertel sitrusvrugte die beste is om in te lê, die kortpaaie en die regte verhouding tussen vrugte, suiker en water.

Hubert en vriende ry fiets vir 'n goeie saak 16.07.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met oudskoolhoof Hubert Titus. Hy en sy vriende, onderwyser Lukas Minnie en motorwerktuigkundige Leon Hougard ry fiets van Rundu af in Namibië tot in Worcester as deel van ‘n fondsinsameling vir evangelisasie, asook 'n kosprojek vir haweloses. Hulle mikpunt is om 2 500 km af te lê, en hulle vorder fluks.

Jonk: Infrarooi-maskers 16.07.2026

Spesialis dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen verduidelik waarvoor infrarooimaskers gebruik word, en of dit veilig en effektief is.

Oom Henry van Wellington 15.07.2026

Oom Henry Slamet was 'n gewilde skoenmaker op Wellington. Hy was een van die Bolandse dorpie se bekendste en geliefde inwoners, en deel van Wellington se geskiedenis. Met sy knap vaardigheid en absolute toewyding het hy nuwe lewe gegee aan skoene wat ander lankal sou weggooi. Oom Henry is onlangs oorlede. Haidee Muller-Isaacs gesels met die skrywer Daniël Lötter oor sy herinneringe van dié besonde...

Wat kan ons leer by... Ethiopië (Deel 1) 15.07.2026

Dr. Mandie Uys vertel wat ons kan leer by Ethiopië.

Êrens oorsee: Camino Francés, Spanje 14.07.2026

Christine Coetzee en Lara Stepčić vertel van hulle ervaring van die Camino Francés in Spanje.

Meer blouwalvisse besoek Weskus 13.07.2026

Maryke Musson van die SA Vereniging vir Marine Biologiese Navorsing, wat uShaka Marine World insluit, vertel van die magiese blouwalvis.

In die wêreld van landbou 13 Julie 2026 13.07.2026

In hierdie week se landbounuus: Die rooivleisbedryf verwelkom die nuwe nasionale beheermaatreëls vir bek-en-klouseer. Kaapstad bied in 2027 die Royal Agricultural Society of the Commonwealth se landboukonferensie aan. Graan SA sê boere moenie die skuld kry vir hoë voedselpryse nie. ’n Ontwikkelingsprogram in die Noord-Kaap fokus op groter marktoegang vir opkomende wolprodusente.

Alternatiewe vleissnitte 13.07.2026

Phillip Strydom, professor in vleiskunde by die Departement Veekundige Wetenskappe aan Stellenbosch Universiteit vertel van alternatiewe vleissnitte soos picanha, flat iron, denver, bavette en flank steak.

Rouan, die tuiemaker 10.07.2026

Rouan Ontong is ‘n tuiemaker by Soetmelksvlei, waar ‘n 19de eeuse werkende interaktiewe plaaswerf uitgebeeld word. Hy lewer daagliks demonstrasies. Rouan is een 1 van slegs 5 tuiemakers in die land, en hy is die jongste van ‘n handvol vakmanne wat nog die masjiene systap en self hand aan die ploeg slaan. Johan Rademan het by hom gaan inloer.

360 Speseryroete: Die verwerking van wildsvleis 10.07.2026

Annatjie Reynolds gee praktiese wenke oor die verwerking van wildsvleis.

Vlieg sonder papiere 10.07.2026

‘n Vlieënier het vir 17 jaar lank by Air Canada as kaptein gewerk, sonder die regte lisensie. Sowat 900 vlugte later kom hulle dit toe agter.

Die verpleegsters van Karl Bremer 09.07.2026

Die Karl Bremer-hospitaal in Bellville in Kaapstad se noordelike voorstede is vanjaar 70 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs het drie van die heel eerste bruin verpleegsters opgespoor wat desjare daar begin werk het, nadat die hospitaal oopgestel is vir almal.

Jonk: Geprosesseerde kos 09.07.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe moderne geprosesseerde kos ontwerp word in laboratoriums.

Grondboontjiebotterkuns 09.07.2026

Die Nederlandse konseptuele kunstenaar, Wim T. Schippers, is verlede maand oorlede. Ter herdenking stal Museum Boijmans Van Beuningen sy werk, Pindakaasvloer, uit. Dit is 263 kg se grondboontjiebotter, wat 2 cm dik in die vorm van ‘n 25 vierkante meter heksagoon gesmeer is.

Sandra op 78 08.07.2026

Op 78 is die bekroonde aktrise, Sandra Prinsloo, nog aan die gang in die vermaakbedryf. Trouens, soms kan sy self nie glo dat sy al sterk op pad 79 toe is nie. Haidee Muller-Isaacs het met haar gesels oor nuwe dinge in 2026, en oor die ou dae in die bedryf.

Wat kan ons leer by… Die Koningin van Skeba 08.07.2026

Dr. Mandie Uys vertel van die Koningin van Skeba wie se seun by koning Salomo die eerste van sy bloedlyn was, wat vir byna 3 000 jaar in Ethiopië regeer het.

Tweedehandse borsinplantings 08.07.2026

In Rusland druk die ekonomie, en vroue verkoop hulle borsinplantings aanlyn op die tweedehandse mark nadat dit verwyder is. Jy kan egter nie die prostese weer vir iemand anders inplant nie.

Êrens oorsee: Roemenië 07.07.2026

Casper Kruger gesels oor die lewe in Băbana, naby die stad Pitești in Roemenië.

Sorgverlatersprogram vir jongmense 07.07.2026

Alda Fourie vertel vir Martelize Brink van Engo Vrystaat se sorgverlatersprogram wanneer jongmense te oud word om in jeugsorgsentrums te bly.

Besteel terwyl hy steel 07.07.2026

Jalen Godard het in Maryland in die VSA sy rieme styfgeloop toe sy motor gesteel is terwyl hy inbreek by ‘n winkel. Toe hy die diefstal by die polisie aangee, sit hulle een en een bymekaar, en vir Jalen in boeie.

Troeldiere se tandgesondheid 06.07.2026

Dr. Elizna Boag praat oor troeldiere se tandgesondheid, en veral die aandag wat gegee moet word aan klein hondjies en katjies.

In die wêreld van landbou 6 Julie 2026 06.07.2026

In vandeesweek se landbounuus berig ons onder meer oor pogings om die prestasie van die Kaapstad hawe te herstel; AgriSA se kommentaar op ‘n verslag van die Nasionale Energiereguleerder; die prestasie van Suid-Afrika se melkbedryf; en ‘n kommerwekkende verslag oor plaagdoderreste in talle alledaagse kossoorte.

Joanie Voss oor RSG se matriekafskeidprojek 06.07.2026

Joanie Voss gesels met Martelize Brink oor haar ervaring as begunstigde van RSG se 2025 matriekafskeidveldtog saam met die Elizabeth Galloway Academy of Fashion.

Troeteldier se as om jou oë? 06.07.2026

Grimeerkunstenaar Claire Hobson het haar hond se as met pigment gemeng, en semipermanente oogomlyner daarmee laat tatoeër, met die idee dat hy steeds die wêreld deur haar oë kan ervaar.

Hør på podkasten Driesestig i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.