RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

29. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

Melk vir sukses 27.05.2025

Daar is ‘n bygeloof dat ‘n renjaer ‘n koei moet melk om die Indy 500 te kan wen. Voor die afgelope naweek se wedren het Pato O’Ward al twee keer tweede gekom, maar het nog nie die koei gemelk nie. Ná Vrydag se melkery het hy ‘n vierde plek gekry...

Die motnavorser - Deel 1 26.05.2025

Daar is ongeveer 270 000 motspesies in die wêreld. In Suidelike Afrika is daar meer as 20 000. Hermann Staude, ‘n ingenieur met ‘n belangstelling in motnavorsing, en medeskrywer van MOTHS OF SOUTHERN AFRICA AND THEIR CATERPILLARS, vertel vir Johan Rademan meer van motte en sy navorsing.

Hoe't julle ontmoet? 26 Mei 2025 26.05.2025

Johan Crous vertel vir Martelize Brink van sy en sy vrou, Carmen, se ontmoeting in Duitsland in 1975. Hy is Afrikaans, sy is van Chili en haar moedertaal is Spaans. Dinge het in Duits gebeur.

Water breek op lug 26.05.2025

‘n New Yorkse plaaslike TV-nuusaanbieder het haar drie uur lange oggendskof begin, twee ure nadat haar water gebreek het. Sy het werk verkies bo wag by die hospitaal!

Liewe Lister, wat ‘n enjin! 23.05.2025

Vir meer as 150 jaar het die getroue Lister-enjin plaaspompe laat werk en die ligte laat skyn, maar nou word sommige van dié staatmakers as skroot verkoop. Die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjin-klubs doen hulle bes om die belangstelling in Listers behoue te laat bly, al moet ’n Lister oopgesny word, het Mariska Spoormaker gevind.

360 Speseryroete - Deel 82 23.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die verskil tussen boullion en aftreksel as geurmiddel.

Politiek in die Verre Ooste 23.05.2025

Politiek in die Verre Ooste is sensitief. Japan se Minister van Landbou het bedank omdat hy gesê het hy koop nie rys nie, hy kry dit verniet. In Suid-Korea kan jy nie koffie bestel met ‘n naam wat dieselfde is as dié van ‘n presidensiële kandidaat nie. Dis te polities van aard.

Fynbos-Lego 22.05.2025

Christoff van Wyk vertel vir Martelize Brink van ‘n fynbostema Legostel wat hy ontwerp het. As dit genoeg stemme kry, mag Lego oorweeg om dit te vervaardig.

Susan se staptogte 22.05.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met oudsendeling Susan Murray oor haar werk in die Noord-Kaap, Malawi en Zimbabwe saam met haar man. Hulle gesels ook oor die staptogte wat haar uiteindelik gehelp het om haar man se dood te kon verwerk.

Jonk 22 Mei 2025 22.05.2025

Dr. Ria Smit praat oor koffie as ‘n kuur. Jy kan dit drink vir sy voordele, maar ook aan jou vel aanwend.

Vlieënde taxi’s vir Olimpiese Spele 22.05.2025

Vir die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles word daar beplan om lugtaxi’s beskikbaar te hê. Dit vlieg soos ’n helikopter, en kan tot vier passasiers op ‘n slag vervoer.

Johann Maarman se nuuspad 21.05.2025

Gesoute joernalis Johann Maarman vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy grootwordjare as een van elf kinders in die Swartland. Sy huiswerker-ma het groot drome vir hom gekoester, en sy pa was ongeletterd. Vandag is Johann adjunkredakteur van Die Burger.

Narkotikat 21.05.2025

‘n Kat is by ‘n gevangenis in Puerto Rico gevang met pakkies dagga en heroïen wat aan dit vasgemaak is.

Êrens oorsee 20.05.2025

Beatrice Grobler vertel van die lewe in Motherwell, Noord-Lanarkshire, Skotland.

Kunsvlyt by Nampo 20.05.2025

Die onlangse NAMPO-Oesfees in Bothaville in die Vrystaat was groot! Meer as 87 000 besoekers, 377 vliegtuie, 69 helikopters en meer as 900 uitstallers. Johan Rademan het Dirkie van der Merwe uitgevra oor kunsvlyt, en hoe dit in ‘n volwaardige onderneming kan groei met ‘n beskeie platvorm soos ‘n stalletjie by ‘n fees.

Kernenergie uit thorium 20.05.2025

Dr. JJ van Zyl vertel vir Martelize Brink van die voordele om thorium te gebruik om kernenergie op te wek. China het nou ‘n thoriumreaktor.

SA wen weer goud by Chelsea 20.05.2025

Leon Kluge vertel vir Martelize Brink dat span Suid-Afrika weer goud gewen het by vanjaar se Chelsea Blommeskou met hulle uitbeelding van die Kaapse blommeryk.

Boeke en bendes 20.05.2025

Vier lede van ‘n bende in Japan is in hegtenis geneem omdat hulle kantoor binne ’n radius 200 meter van ‘n biblioteek af is.

Respiratoriese uitdagings by voëls 19.05.2025

Veearts dr. Kaylin du Plessis praat oor respiratoriese uitdagings by voëls, wat met die koms van winter kop uitsteek.

’n Ewige onderwyshart 19.05.2025

Omdat sy ‘n harde en vasbytpad gestap het tot by haar onderwysgraad op 47 jarige ouderdom, het juffrou Margaret Meyer, nou afgetree, begin om kinders wat sukkel met lees, op die vlot letterpad te help. Mariska Spoormaker het gaan inloer.

Hoe't julle ontmoet? 19 Mei 2025 19.05.2025

Arrie Henn vertel vir Martelize Brink van vele toevalighede voor hy en Rénaldia mekaar toe werklik ontmoet het.

Magna Carta-"kopie" is toe ware Jakob 19.05.2025

’n Dokument wat as ‘n kopie van die Magna Carta in 1946 aan Harvard verkoop is, is toe al die tyd die ware Jakob. Dit is in 1300 deur koning Eduard I onderteken.

Langspeelplate weer gewild 16.05.2025

Langspeelplate word al hoe meer gewild onder die jeug, en hulle  skroom nie om te betaal nie. Haidee Muller-Isaacs praat met kenners oor die invoer van vinielplate en platespelers wat weer uit die solder gehaal word. Eben Groenewald en sy seun Zihann vertel ook van hulle liefde vir vinielplate.

360 Speseryroete - Deel 81 16.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kosmaak met suurlemoen.

Jou baba is nié koninklik nie! 16.05.2025

In Nieu-Seeland moet babaname aan wetgewing voldoen. King en Prince is die twee gewildste name wat nié geregistreer mag word nie.

Hør på podkasten Driesestig i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.