RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

29. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

Pieter se visuele stories 04.06.2025

Pieter Serton is 'n visuele storieverteller. Hy werk al twee dekades in die TV-bedryf. Hy was eers 'n grimeerkunstenaar en stilis, en nou omskep hy TV-stelle en “kleur" leefvertrekke in wanneer hy sy slim dekortruuks inspan. Hy is 'n produksieontwerper by 'n groot produksiehuis en hoof van die kunsdepartement. Pieter het al allerhande stelle gebou vir verskeie gewilde TV-programme.

Vergeet De Aar Nie 04.06.2025

Albie Stodart vertel vir Martelize Brink van die Vergeet De Aar Nie-organisasie, en sy grootwordjare op die dorp.

Poppe op die swartmark 04.06.2025

Labubu’s is gewilde poppe. Verkope in die VK is gestop oor geweld wat by die winkels uitbreek om dié skaars poppe te koop. China se doeane konfiskeer tasse vol Labubu’s wat vir die swartmark bestem is.

Êrens oorsee 3 Junie 2025 03.06.2025

Leonie Fourie vertel van die afhanklikheid dat die skip moet inkom by Ilulissat in Groenland. As die ys die skepe uithou, raak voorrade min. Sy en haar man Jasper woon al drie jaar daar.

Die vrou agter Somerset-Oos se naamsverandering 03.06.2025

Noudat Somerset-Oos in die Oos-Kaap KwaNojoli heet, het die Jakes Gerwel Stigting navorsing gedoen oor Nojoli en haar mense. Mariska Spoormaker hoor by Theo Kemp, besturende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, wat die navorsing opgelewe het.

Saffraan in Suid-Afrika 03.06.2025

Bennie Engelbrecht vertel van saffraanverbouing in Suid-Afrika.

Miljoene bye in ongeluk 03.06.2025

Veertien-miljoen bye was los nadat ’n vragmotor, wat duisende korwe vervoer het, omgeslaan het naby die grens tussen Amerika en Kanada.

Die motnavorser - Deel 2 02.06.2025

Die medeskrywer van MOTHS OF SOUTHERN AFRICA AND THEIR CATERPILLARS, Hermann Staude, sê daar is die afgelope 12 jaar sewe keer meer navorsingresultate bereik oor motte, as in die hele vorige eeu. En vir landbou is dit ontontbeerlike navorsing.

Maatskaplike werkers in die pleegsorgstelsel 02.06.2025

Sjean Smit praat oor die rol van maatskaplike werkers in die pleegsorgstelsel. In Suid-Afrika is daar meer as 300 000 kinders in pleegsorg, hoewel die behoefte selfs groter is.

Hoe't julle ontmoet? 2 Junie 2025 02.06.2025

Bernard Smit vertel vir Martelize Brink hoe ’n motorfiets se verkoop gemaak het dat hy sy vrou Marijke ontmoet het.

Sampioene en visioene 02.06.2025

Twee stappers in New York het 911 gebel om die geselskap se derde lid se dood aan te meld. Die derde lid het egter ook 911 gebel! Hulle het GEhallusineer van sampioene wat hulLE geëet het, en het hulle die sterfte verbeel.

Juan “Brok” Harris 30.05.2025

Juan “Brok” Harris het ná bykans twee dekades se eersterangse rugbywedstryde sy stewels opgehang as gevolg van ‘n besering in die VRK-kragmeting tussen die Stormers en Benneton. Hierdie naweek speel drie Suid-Afrikaanse spanne (Bulls, Sharks en Stormers) in uitklopwedstyde om ‘n plek in die halfeindstryd. Johan Rademan het met dié gerespekteerde stut gesels, wat met ysters en al om die been na Sko...

360 Speseryroete - Deel 83 30.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van vet en olie om kos te geur. Dis die sesde smaak.

'n Lewe met MS 30.05.2025

Christelle Taute praat op Wêreld Meervoudige Sklerose Dag oor haar pad van 25 jaar met die siekte.

Weghol-sweefskerm 30.05.2025

‘n Chinese man het sy nuwe sweefskerm getoets, toe skep die wind hom tot 8 500 meter bo seevlak!

Judi Hattingh se Kanna 29.05.2025

Die dertienjarige Judi Hattingh het onlangs 'n Kanna-toekenning gekry as Beste Nuweling by 2025 se KKNK. Haidee Muller-Isaacs het ingeloer by haar skool in Durbanville, waar sy met die talentvolle tiener en haar ouers, Jacus en Lina, gesels het.

Reach for a Dream se Chad le Clos-ervaring en Pantoffeldag 29.05.2025

Ivor Cleary vertel vir Martelize Brink van ‘n Reach for a Dream se Chad le Clos-ervaring, en Pantoffeldag.

Jonk 29 Mei 2025 29.05.2025

Dr. Margaretha le Roux praat oor jou oë wat met die tyd verander, en nuwe lense wat jy kan laat inplant.

'n Naam moet klink soos dit gespel is 29.05.2025

Ouers in Japan moet voortaan by geboorteregistrasie ‘n fonetiese spelling saam met die gewone spelling van ‘n naam voorlê aan die plaaslike owerheid. As die twee nie klop nie, moet daar ‘n ander naam gekies word.

Ontmoet die Pretpark-Pretoriuse 28.05.2025

Dit kan hoe sleg in ’n land gaan, maar in ‘n pretpark sal jy altyd skaterlag hoor, want wat is nou lekkerder as om spookasem te eet en die verskillende ritte te geniet? Mariska Spoormaker het hoogtevrees, maar sy het verkies om op die Groot Wiel met die Pretoriusse te gesels, want hulle vier generasies in die pretparkbedryf het hulle al na groot hoogtes geneem.

Kinderliedjies in opvoeding 28.05.2025

Marthie Nel Hauptfleisch praat oor die rol van kinderliedjies in opvoeding.

Oneerlike professor in eerlikheid 28.05.2025

Harvard Sakeskool het ‘n professor wat wêreldbekend is vir haar werk op die gebied van eerlikheid en etiese gedrag, se ampstermyn opgeskort weens oneerlikheid. Sy het data gemanipuleer om haar hipoteses te ondersteun.

Êrens oorsee 27 Mei 2025 27.05.2025

Lelanie Badenhorst vertel vir Martelize Brink van die lewe in die Bahamas, die see, die sand en ‘n fees van vrugte in seisoen.

Haidee ry treintjie 27.05.2025

Andries Keyser se passie vir treine het 'n obsessie geword, en toe bou hy eiehandig 'n indrukwekkende treinspoor met brûe en tonnels en die mooiste lokomotiewe in 'n park net buite Stellenbosch. Een van sy stoomlokomotiewe is na sy ma Doreen vernoem. Haidee Muller-Isaacs en haar gesin het gaan treintjie ry.

Die belangrikheid van speel in opvoedkunde 27.05.2025

Arbeidsterapeut Lize Brönn praat oor die belangrikheid van speel vir opvoedkunde en terapie.

Hør på podkasten Driesestig i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.