RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Maranatha help weerlose jong volwassenes werkvaardig maak 31.03.2021 10:58
Sowat 'n jaar en 'n half gelede het die regering dit verpligtend vir alle kinderhuise, wat staatsubsidies ontvang, om 'n drie jaar lange oorbruggingsprogram vir jong volwassenes na die werkende lewe aan te bied. In die verlede moes die kinders op 18-jarige ouderdom die kinderhuise verlaat. Mariska Spoormaker het met dr. Trudi Basson, direkteur van die Maranatha Jeugsentrum in die Baai, gepraat om...
Uitdagings vir die modebedryf 31.03.2021 9:24
Leonardo Snyman gesels met Martelize Brink oor die uitdagings vir die modebedryf en hoe modeskole dit aanpak.
Tholine Samuels, die wingerdvrou 30.03.2021 9:01
Tholine Samuels werk al 13 jaar in die wingerde as voorvrou by Diemersfontein. Sy geniet elke oomblik daarvan en al is sy kantoorwerk aangebied, verkies sy die buitelewe in die wingerde - sy verwys daarna as haar baba. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoekom sy so dol is oor wingerdplant en hoekom sy nooit iets anders as dit wil doen nie.
Historiese Huise Suid-Afrika 30.03.2021 10:14
Pieter Kotzé vertel vir Johan Rademan van die werk van Historiese Huise Suid-Afrika.
Ondersteun kinders met trauma 30.03.2021 6:52
Marthé Kotze vertel vir Johan Radaman en Martelize Brink van 'n program wat ouers, kinderversorgers en onderwysers help om trauma by kinders raak te sien en die kinders te ondersteun.
Bokkie, die geliefde troetelskaap 29.03.2021 9:43
Daar is baie huise vol troeteldiere, maar ‘n Baaise huis vat die koek, want hier vind jy tussen honde, katte en papegaaie vir Bokkie die skaap, wat al 12 jaar lank ‘n geliefde troeteldier vir Brenda Smit en haar gesin is. Mariska Spoormaker het by Bokkie en Brenda gaan kuier.
Volhoubare koringverbouing 29.03.2021 12:48
Jurianne Schreuder praat oor volhoubare koringverbouing.
The Estate op SABC 3 26.03.2021 7:19
Aktrise Nadia Valvekins vertel vir Martelize Brink van die nuwe SABC 3 drama, The Estate.
Cheslin Prins 26.03.2021 8:32
Cheslin Prins se pad was as tiener vol dorings. Vandag is hy die skakelbeampte by die gastehuis op Diemersfontein buite Wellington. Daarby is hy ook 'n aandeelhouer van die plaas se bemagtingsprojek,Thokozani. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy daar beland het en die twee toekennings wat hy al losgeslaan het.
Rubberboomplantasies bedreig 26.03.2021 11:03
Bosbouwetenskaplike Izak van der Merwe vertel vir Martelize Brink van die bedreigings vir rubberboomplantasies en di rubberbedryf.
Hou kietsie weg van dié lelies af 25.03.2021 7:10
Veearts dr. Liesel van der Merwe vertel vir Johan Rademan dat lelies giftig is vir katte.
Die mees gewilde werk 25.03.2021 12:31
Ruan Venter vertel vir Johan Rademan wat die mees gewilde werksrigtings op die oomblik is.
Theuns Coetzee van Bonnievale 24.03.2021 6:01
Haidee Muller-Isaacs het op Bonnievale by Theuns Coetzee, 'n argitektegnoloog, gekuier. Hy vertel hoekom hy betrokke is by die ontwerp van vaardigheidskole op die platteland. Haidee hoor ook meer oor sy drome vir sy tuisdorp, en hoe hy nie skroom om te help in die gemeenskap nie.
Covid-19 en TB 24.03.2021 10:12
Turberkulose epidemioloog dr. Arne von Delft praat oor TB tydens die Covid-19-periode.
Verkla roekelose bestuurder só 24.03.2021 11:11
Adjunk-direkteur Willie van der Merwe vertel hoe jy roekelose bestuurders kan verkla.
Fugardteater se deure sluit permanent 23.03.2021 12:43
David Kramer gesels met Johan Rademan oor die impak wat die sluiting van die Fugardteater het op musiekblyspele en Kaapse kultuur.
Pylsterte 23.03.2021 11:12
Maryke Musson vertel vir Johan Rademan van pylsterte.
Wêreld Waterdag 23.03.2021 9:11
Dr. TG Barnard praat oor die waarde en koste van water.
Val de Vie - Renier Swart 22.03.2021 15:10
Martelize Brink praat met Renier Swart, Direkteur: Verkope by Val de Vie, oor hoe jy eiendom op die landgoed kan bekom, en hulle nuwe aftreesentrum, Evergreen.
Val de Vie - Rolene Strauss 22.03.2021 11:33
Martelize Brink praat met Mejuffrou Wereld 2014, dr. Rolene Strauss, en haar vennoot dr. Ledivia Strauss, oor RevitaHealth.
Val de Vie - Ryk Neethling 22.03.2021 15:58
Martelize Brink praat met swemster Ryk Neethling, deesdae Direkteur: Bemarking by Val de Vie in die Paarl, oor die leefervaring in dié leefstyllandgoed.
Dr. Shantelle Weber 19.03.2021 9:07
Haidee Muller-Isaacs gesels met dr. Shantelle Weber, ‘n dosent aan die Universiteit Stellenbosch se teologiefakulteit, oor haar passie vir die jeug, en haar 2020 toekenning in die kategorie, Ontwikkelende Opvoeder.
Die Paarl se groen skool 19.03.2021 18:31
Martelize Brink besoek die Green School buite die Paarl om meer uit te vind oor die groen stelsels en tegnologie wat hulle gebruik, hoe leerders dit ervaar, praktiese opvoeding van 'n groen leefstyl en die kinders se vegetariese middagetes.
Nuwe eenheid vat hondgevegte vas 18.03.2021 9:18
Belinda Abrahams vertel vir Johan Rademan van Kaapstad se nuwe multidissiplinêre eenheid om hondegevegte vas te vat.
Depressie by jong kinders 18.03.2021 13:45
Johan Laten gesels met Johan Rademan oor depressie by kinders so jonk as vyf jaar.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.