RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Sinead O' Connor 1966 - 2023 27.07.2023 10:27
Joernalis en musiekkenner Danie Marais vertel vir Martelize Brink van Sinead O' Connor se lewe vol hartseer, en haar rebelse houding teen die verwagtinge van die musiekbedryf.
Vistarus - Plek van omkeer, plek van hoop 27.07.2023 10:06
Die Baai se binnestedelike sendingstasie, Vistarus wat met groot welslae verstotenes, verslaafdes en weerloses op ’n nuwe lewenspad help kom,vier sy 25e bestaansjaar. Dit is 'n besonderse mylpaal, want die meer as 200 siele in Vistarus word sonder enige staatsubsidie gehuisves, gevoed, gerehabiliteer en lewensvaardighede aangeleer. Mariska Spoormaker het gaan kuier, en met die intrapslag Zettie Ma...
Die vader van die atoombom 27.07.2023 11:54
Lydia von Wielligh-Steyn vertel vir Martelize Brink van Julius Robert Oppenheimer, die vader van die atoombom, op wie se lewe die film, Oppenheimer, geskoei is.
'n Vakansie in die Maldives word tronksake 27.07.2023 1:27
‘n Lid van Oekraïne se parlement is in die Maldives opgemerk terwyl amptenare nié die land mag verlaat nie. Die voorval word ondersoek, en indien hy skuldig bevind word, kan hy drie jaar tronkstraf kry.
Chanette se vyftigste boek! 26.07.2023 15:50
Chanette Paul gesels oor haar loopbaan as skrywer, en haar aanslag tot skryf. Haar 50e boek sien vanjaar die lig.
Millie gaan Malawi toe 26.07.2023 8:14
Milly Saunders was jare lank tot haar aftrede, die teedame by 'n groot vissersmaatskappy. Vandag is sy huiswerker om die pot aan die kook te hou. Sy het ’n reuse hart vir haar gemeenskap, en vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy en 'n vriendin op eie stoom na Malawi is om daar te gaan hand bysit.
#againstperiodpoverty 26.07.2023 8:43
Lindsay Adams vertel vir Martelize Brink van miljoene Suid-Afrikaanse meisies se uitdaging om skool by te woon weens ‘n tekort aan sanitêre produkte. #AGAINSTPERIODPOVERTY versprei sanitêre produkte in behoeftige skole.
Minister in hegtenis ná diefstal by haar huis 26.07.2023 2:35
‘n Minister van Ghana is in hegtenis geneem toe sy ‘n diefstal by haar huis by die polisie aanmeld. Sy word ondersoek vir korrupsie nadat daar glo sowat R250 miljoen se kontant, handsakke en juweliersware uit haar huis gesteel is.
Vioolsdrift- en Nakopgrensposte 25.07.2023 10:32
Frans Ferreira vertel vir Martelize Brink van die Noordkaap se twee kommersiële grensposte, Vioolsdrift en Nakop, wat hy help bou het.
Leer babas om in water te dryf 25.07.2023 4:16
Lizette Botha gesels met Martelize Brink oor die belangrikheid om kinders te leer swem, en hoe babas te leer om te dryf.
Hoe beoordeel mens 'n restaurant? 25.07.2023 10:15
Kosghoeroe Herman Lensing gesels oor restaurantbeoordeling. Hy is ‘n nuwe beoordeelaar by vanjaar se Eat Out-toekennings.
Nuwe tromrekord vir Allister 25.07.2023 3:28
Allister Brown het vir ‘n derde keer ‘n nuwe rekord opgestel vir die langste tromsessie deur ‘n individu. Dit staan nou op meer as 150 ure!
Bosluisoordraagbare siektes 24.07.2023 9:37
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor bosluisoordraagbare siektes. Sy waarsku teen laks wees met voorkoming in die winter.
Apie op 'n stokkie by die Parlement? 24.07.2023 7:07
Daar’s ‘n apie op ‘n stokkie, sê ‘n ou kinderrympie, maar daar was werklik so ‘n apie op ‘n stokkie naby die Parlement in Kaapstad se agterdeur. Johan Rademan het met die kurator by Izikomuseums in Kaapstad, Esther Esmyol, gaan kuier en op hierdie interessante storie afgekom.
Die prokureur wat die sakevrou ‘gered’ het 24.07.2023 8:15
Dit was ‘n prokureur wat meer as 25 jaar gelede geweier het om haar as 20-jarige te laat sekwestreer, wat haar tóg op die pad van entrepreneurskap gehou het, vertel die Baaise sakevrou Elana van Rooyen. Sy is die eienaar van onder meer die Continental-slaghuise en nou mede-eienaar van die Bramon-wynplaas naby Plettenbergbaai. Mariska Spoormaker het met haar in Bramon se restaurant gepraat.
Jong Iere stap langs die kokaïenkus 24.07.2023 1:27
Jong Iere het verlede week langs die strand gaan stap in die hoop om kokaïen te vind wat daar uitspoel. Dit het gebeur in dieselfe week wat ‘n skip met 5,3 ton kokaïen aan die kus van Sisilië vasgetrek is.
Boek oor SA musiekspele 21.07.2023 11:09
Norman Smuts vertel vir Martelize Brink van sy navorsing oor Suid-Afrikaanse musiekblyspele, wat die inheemse identiteit weergee.
Duisende Barbies in versameling 21.07.2023 7:18
Elzette Barnard vertel vir Martelize Brink van haar versameling van 4 500 Barbiepoppe.
Die veiligste sitplek op 'n vliegtuig 21.07.2023 3:23
Cobus Toerien vertel waar die veiligste sitplek in ‘n vliegtuig is.
Melkbos en sy mense 21.07.2023 10:58
Skrywer en joernalis Ilza Roggeband gesels oor die oop harte van die Melkbosstrand-gemeenskap waar sy, 'n gebore Johannesburger, nou al byna 20 jaar lank nesgekop het. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan kuier waar sy ook vir Karen Dreyer ontmoet het, met haar hart vir die kinders uit agtergeblewe gemeenskappe.
Burgers met piek sous! 21.07.2023 2:41
Die Barbie-film maak ‘n indruk op die wêreld. In Brasilië is daar selfs burgers op die mark met skreeupienk sous.
Die trommels, die professor en die boek 20.07.2023 9:49
Uit Nelson Mandelabaai kom die storie van drie generasies vroue van dieselfde gesin, stowwerige trommels in die motorhuis, die Anglo-Boereoorlog, en die emeritus-professor wat aan die werk gespring het. Dié professor is Tilla Olivier, en Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.
Lyksakke teen die hitte 20.07.2023 1:49
In Amerika gebruik dokters lyksakke met ys om pasiënte met ernstige hitte-uitputting af te koel.
Boek oor SA se kernwapenprogram 20.07.2023 13:44
Lydia von Wielligh-Steyn vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se kernwapenprogram, waarvan haar pa, Nic, deel was. Hy het gehelp met die bou én aftakeling van die kernwapens.
Veelsydige Marciel se verskeie loopbane 19.07.2023 14:20
Aktrise, model en TV-aanbieder Marciel Hopkins gesels oor hoe om geleenthede te skep, en hoe dit rigting gegee het aan haar verskillende loopbane.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.