RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Gratis borsondersoeke op die platteland 07.08.2023 9:29
Cecil Munch vertel hoe die organisasie, I love Boobies, sport gebruik om vroue in plattelandse gebiede gratis toegang tot borsondersoeke en mammogramme te gee.
Voortvlugtige se viering beland hom in tronk 07.08.2023 1:54
Voortvlugtigte Italianer Vincenzo La Porta is deur die polisie in foto’s raakgesien waar hy sy sokkerspan se oorwinning gevier het. Hy is ná elf jaar se soek op ‘n Griekse eiland aangekeer.
Die Shackleton-ongeluk van 60 jaar gelede 04.08.2023 11:39
John Wilson vertel vir Martelize Brink van die Shackleton 1718 van 35 Eskader wat 60 jaar gelede op 8 Augustus 1963 in Stettynkloof naby Worcester neergestort het.
Die gerieflikste sitplek op 'n vliegtuig 04.08.2023 12:35
Cobus Toerien vertel vir Martelize Brink waar die gerieflikste plek is om op 'n vliegtuig te sit.
Seline Kasner se uitreike in Thailand 04.08.2023 9:55
Haidee Muller-Isaacs kuier by Seline Kasner op Joostenberg Vlakte. Hulle gesels oor haar besoeke aan gevangenes in Thailand, die uitreike waarby sy betrokke is, die volmaanpartytjies en haar hospitaalbesoeke.
Wêreld se oudste liggaamsbouer 04.08.2023 1:52
Jim Arrington is op 90 die wêreld se oudste liggaamsbouer. Hy neem deel in die oor 70 en oor 80 kategorieë, maar hoop dat daar ‘n bo 90 kategorie by liggaamsboukompetisies geskep sal word.
Brigitte se avonture 03.08.2023 9:32
Brigitte Joubert vertel van die uitdagings wat jy in ‘n avontuurwedren kan verwag. Sy neem in Oktober deel aan die Avontuurwedren Wêreldkampioenskap op Kouga in die Oos-Kaap.
Pierneef se Johannesburgstasie-panele 03.08.2023 8:44
Pierneef se Johannesburgstasie-panele is in veilige toesighouding in die Rupertmuseum in Stellenbosch. Johan Rademan het met kurator Eliz-Mari Schoonbee hieroor gesels. Hy hoor ook van Irma Stern se Zanzibar-periode.
Inheemse kennis in die wetenskap 03.08.2023 8:58
Prof. Josef de Beer en Chad Frans vertel vir Martelize Brink hoe inheemse kennis die wetenskapkurrikulum meer toeganklik kan maak vir kultureel diverse kinders.
Stadige atleet, geskorste administrateur 03.08.2023 2:26
‘n Video van ‘n baie stadige atleet by ‘n internasionale byeenkoms het daartoe gelei dat die voorsitter van Somalië se Atletiekfederasie geskors is.
Melanie du Bois – sakevrou en aktrise 02.08.2023 14:32
Melanie du Bois gesels met Martelize Brink oor haar lewe as sakevrou, haar persoonlike uitdagings en haar dae as Felicity in 7de Laan.
Kyk jou kind pornografie op die internet? 02.08.2023 10:08
Kyk jou kind pornografie op die internet? 'n Ongeskikte vraag, maar dalk is dit 'n meer relevante vraag as wat 'n mens dink, want op navorsingsvlak is daar groot kommer oor die toenemende aantal kinders wat verslaaf is aan pornografie op die internet. Mariska Spoormaker praat hieroor met professor Darelle van Greunen, direkteur van die Sentrum vir Gemeenskapstegnologie by die Nelson Mandela Univer...
Dokumentêr oor leeuvergiftiging 02.08.2023 8:50
Joernalis Pieter Steyn vertel vir Martelize Brink van Besmet, ‘n dokumentêre rolprent oor leeuvergiftiging. Dit debuteer later vandeesmaand by die Silwerskermfees.
Bier gebrou met gryswater 02.08.2023 1:31
’n Luukse woonstelgebou in Amerika het ’n waterskoonmaakstelsel waar die stortwater, wasmasjienwater en skottelgoedwater herwin word, en dan gebruik word om bier te brou.
Potch se historiese geboue 01.08.2023 11:36
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van Potchefstroom se historiese geboue en die uitdaging met kleigrond.
Mienke Ehlers, stilis en aktrise 01.08.2023 10:43
Haidee Muller-Isaacs gesels met stilis en aktrise Mienke Ehlers oor stylwenke, nuwe geleenthede en drome wat waar word. Mienke is stadig maar seker besig om haar goed in die TV-bedryf in die wurm - voor én agter die skerms.
Visvang en mariene beskermde gebiede 01.08.2023 6:49
Pierre de Villiers praat oor visvang en mariene beskermde gebiede. Hy vertel hoe vangste om die gebiede gemonitor word om te sien watter impak bewaring het.
Skotland se boomdrukkampioen 01.08.2023 2:00
Martina Sanchez-Wilson is gekroon as Skotland se boomdrukkampioen. Die kompetisie se drie katogorieë is spoeddrukkies, toewyding en vryslag.
Rehabilitasie van wilde diere by Zanchieta 31.07.2023 8:59
Miekie Wiese-van Tonder vertel vir Martelize Brink van die rehabilitasie van wilde diere by Zanchieta naby Bloemfontein. Sy vertel onder andere van Elsa die leeu wat vir ‘n nekoperasie by ‘n mensehospitaal was.
Doodservaring bring Michelle by Ysterman 31.07.2023 9:50
Was dit nie vir haar doodservaring in 2007 nie, sou die Baaise sportvrou, Michelle Enslin, nooit aan enige Ysterman-kompetisies deelgeneem het nie. In 2018 is sy twee keer as vrouewêreldkampioen in haar ouderdomsklas bekroon - onderskeidelik in die 70,3 Ysterman-kompetisie in Gqeberha en daarna die vol Ysterman-kompetisie in Hawaii. Michelle gaan in Oktober Hawaii toe om weer aan die vrouewêreldys...
Nathan Tantraal se skryfwerk en misdaad 31.07.2023 9:05
Nathan Trantraal vertel hoe sy skryfwerk omgaan met misdaad op die Kaapse Vlakte.
Onskuldige man moet rekening vir 17 jaar in tronk betaal! 31.07.2023 2:22
‘n Britse man, Andrew Malkinson, wat 17 jaar onskuldig in die tronk was, moet volgens wet vir sy lewenskostes in die tronk te betaal.
Barbiepoppe vir versamelaars 28.07.2023 9:53
Vicky Grobler vertel vir Martelize Brink hoe sy skaars Barbiepoppe vir versamelaars invoer.
Van die San en Griekwas tot Laurens van der Post 28.07.2023 8:24
Jacqui January het gaan tee drink by Lina Kapp op die Vrystaatse platteland. Lina vertel van haar skuif na die rustigheid van Philippolis, en van inwoners uit die verlede - die San-mense, die Griekwas en sir Laurens van der Post. Die dorp is vandag 'n reënbooggemeenskap met ruimte vir 'n Van der Post-tuin en Karookunstenaars.
Mensvel as kunswerk 28.07.2023 2:21
Katie Taylor het haar eie oorskot vel gelooi tot leer, en gaan dit uitstal as kunswerk om deel te vorm van haar doktorsgraad in beeldende kunste.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.