RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3039 episodi

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

13 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

DOR deur Anton Treurnich - Episode 16 09.10.2023

Rikus, Mia en Lucia probeer om ‘n ou bakkie aan die gang kry. Dit kan hulle wegkomkans uit Klaarstroom wees. Robbie en Rikus kom agter dat die Dor-mense meer as net die water wil hê. Hulle wil die dorp wil oorneem. Saam probeer hulle vir Debbie oorreed dat hulle almal moet vlug, maar sy weier.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 15 06.10.2023

Rikus en Robbie is vasgekeer in ‘n spelonk, wat omring is deur die Dor-mense. Lucia begin beter voel, maar vertel vir Mia dat sy nie meer die krag het om verder te gaan nie. Max maak kontak met Rikus en dreig hom om aan te hou spioneer op die mense rondom hom.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 14 05.10.2023

Mia probeer by Debbie uitvind hoekom sy in Klaarstroom wil aanbly, al raak die plek gevaarliker by die dag. Rikus en Robbie vind meer uit oor die Dor-mense en wat aangaan met die waterbron.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 13 04.10.2023

Klaarstroom bied veiligheid en rus vir ons helde, maar alles is nie pluis nie. Die waterbron lewer nie meer die water wat dit altyd het nie, en daar is ‘n groter gevaar wat die dorp van buite bedreig. Debbie en Robbie kom voor as goeie mense, maar is hierdie veilige hawe ‘n glashuis?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 12 03.10.2023

Rikus, Mia, Lucia en Caleb moet deur Meiringspoort kom, maar met die weermag en polisie orals, is dit ‘n moeiliker taak as wat hulle gedink het. Lucia sukkel om by te hou, en haar geswelde voete is ‘n teken van groter gesondheidsprobleme. Die dorpie, Klaarstroom, is hulle enigste hoop. Sal hulle almal dit maak?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 11 02.10.2023

Rikus, Mia en Lucia kruip weg ná die mislukte poging om waterbronne van Staatsveiligheid aan te val. Hulle besef hulle is nie meer veilig in Kaapstad nie. Caleb maak sy verskyning, en saam besluit hulle om te vlug. Die enigste plek waarheen hulle kan gaan, is die geen-toegang-gebied, die Karoo. Max bly warm op hulle spoor.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 10 29.09.2023

Die bakleiery by die stasie begin, en Rikus besef gou die weerstandsbeweging besig is om te verloor. Hy probeer vir Mia en Rachel red sodat hulle kan wegkom terwyl hulle nog kan. Maar waarheen? En wat van Caleb? Is hy saam met die ander doodgemaak?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 9 28.09.2023

Max en Rachel wag by die stad se beheerkamer vir die trokke met die water om by die stasie aan te kom. Caleb, Mia, Lucia en Rikus lê die besending voor. Hulle besef gou dat daar baie meer van Staatsveiligheid se spesiale magte die besending vergesel as wat hulle gedink het. Maar hulle is te diep in om nou kop uit te trek...

DOR deur Anton Treurnich - Episode 8 27.09.2023

Mia kry die inligting wat Caleb nodig het oor die groot besending water wat op pad is na die treinstasie. Hulle vind uit dat Max Trighardt op hulle spoor is,m en dat sy nooit weer sal kan teruggaan na haar werk toe nie. Caleb en Rikus kom tot ‘n ooreenkoms. Rikus word deel van die weerstandsbeweging. Hulle almal moet regmaak om die groot waterbesending te kaap.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 7 26.09.2023

Mia stel vir Lucia aan Caleb voor. Lucia wil ook help met die rewolusie, maar is daar vir haar ‘n plek in die gevaarlike groep? Max sit druk op Rikus om uit te vind wat Caleb se planne is.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 6 25.09.2023

Mia besluit om deel te word van Caleb se ondergrondse weerstandsbeweging. Caleb het net een voorwaarde - dat sy haar werk hou. Hoekom? Max se generaal-baas wil resultate hê. Hulle moet van die terroriste begin arresteer. Max en Rachel vind uit dat daar ‘n groot watervrag vervoer gaan word. Sal die weerstandbeweging dit probeer kaap?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 5 22.09.2023

Rikus en Caleb ontmoet mekaar. Rikus wil deel word van Caleb se ondergrondse beweging, maar Caleb kan nie so maklik oorreed word nie, tot Rikus vir Caleb iets aanbied waarvoor hy nie kan nee sê nie. Mia en Lucia is op die strand, en soos dit later word, besef Mia dat Lucia nie net daar is om van haar man se as ontslae te raak nie.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 4 21.09.2023

Rikus besluit om saam met die polisie te werk as ‘n onderdekkingsagent. Lucia kry twee passe in die hande om see toe te gaan. Sy nooi vir Mia saam. Daar is ‘n klomp reëls waarby jy moet hou as jy see toe gaan, en Lucia is nie van plan om daarby te hou nie.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 3 20.09.2023

Mia kan nie kontak maak met haar kinders in Australië nie. Sy kry ook nie toestemming om oor provinsiale grense te reis om haar ouers te sien nie. Sy begin daaraan dink om deel van Caleb se weerstandsbeweging te word. Max en Rachel soek iemand wat hulle kan gebruik om hierdie weetsandsbewegings te infiltreer. Hulle ontmoet vir Rikus Woest...

DOR deur Anton Treurnich - Episode 2 19.09.2023

Max en Rachel begin hulle soektog na waterterroriste. Caleb probeer Mia oorreed om deel te word van sy stryd teen die stelsel. Lucia het haar man onlangs verloor, en wil sy as in die see gaan strooi. Hiervoor sal sy die wet moet oortree. Sy het ‘n briljante plan om die pas te kry wat sy nodig het.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 1 18.09.2023

Mia Fourie en haar buurvrou, Lucia Jones, bly in ‘n Suid-Afrika wat gebuk gaan onder die ergste droogte in die geskiedenis. Vir langer as twee jaar is daar ‘n noodtoestand en Vlak 5 waterbeperkings. Max Trighardt en Rachel de Caab is deel van die polisiemag wat die streng inperkings moet toepas. Ons ontmoet ook vir Caleb Mukkadiem, ‘n waterhandelaar, wat meer as net water verkoop.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Epiloog 15.09.2023

Die middagvervolgverhaal, Sestig Dae, se geheime is opgelos. Vind meer uit oor die karakters en die akteurs wat die rolle vertolk. Estel de Beer, senior regisseur: mandaat by RSG, het met van die akteurs in die storie gesels.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 60 14.09.2023

Die verloop van tyd het 'n helende uitwerking op al die karakters. Hulle kom bymekaar, en vang op.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 59 13.09.2023

Magda en Susan bespreek wat die vorige aand met Johan gebeur het. Susan is vasbeslote om ʼn nuwe paadjie te volg.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 58 12.09.2023

Johan bel vir Susan laat in die nag. Iets in sy stem klink nie reg nie, en Susan moet ʼn baie belangrike besluit neem.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 57 11.09.2023

Terwyl Tanya besig is om ʼn onderhoud met Lauren te voer, bel Richard met ontstellende nuus.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 56 08.09.2023

Die dag wanneer Bettie, Essie en Susan valskermspring breek uiteindelik aan. Wie sal waag en wie wil weghardloop?

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 55 07.09.2023

Susan en Lauren spandeer die dag saam. Hulle maak toekomsplanne en daag mekaar uit om beter te doen as wat hulle tot nou toe gedoen het.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 54 06.09.2023

Karl vra Richard om hom te kom sien waar hy in die hospitaal se hoësorgeenheid lê. Karl wil sy finale testament finaliseer.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 53 05.09.2023

Izel en Richard ontmoet. Richard probeer haar oortuig om haarself aan die polisie oor te gee. Izel verduidelik hoekom sy die geld gesteel het.

Ascolta il podcast Middagvervolgverhaal su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici