RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3039 episodi

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

13 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

DOR deur Anton Treurnich - Episode 41 13.11.2023

Rikus, Mia en Bouw is op pad myn toe om die ander te gaan red, maar hoe hulle daar sal inkom is ‘n ander storie. Lucy en Ruby laat nie op hulle wag nie, en is self besig om ‘n plan te beraam om uit te breek. Sal hulle uitgevang word?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 40 10.11.2023

Bouw vat Caleb na sy werkswinkel toe. Daar wys hy vir hom al die verskillende soorte wapens waaraan hy gewerk het. Bouw is bereid om saam met Caleb-hulle teen die myners te veg, én hy het ‘n plan. Ruby probeer by Remus uitvind presies hoe die myn werk, en watter tyd die beste sal wees om te probeer uitbreek. Sal Remus vir Ruby se planne val?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 39 09.11.2023

Die gemeenskap van Matjiesfontein kry die boodskap dat hulle mense as gyselaars aangehou word. Nou moet hulle besluit wat hulle gaan doen, en dit lyk nie goed vir ons helde nie. Hulle mag dalk uitgelewer word aan die myn. Lucy en Ruby bedink ‘n plan om uit die myn te ontsnap.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 38 08.11.2023

Romulus en Remus lê beslag op die bakkies en mense wat van Matjiesfontein af gekom het. Hulle wil die terroriste hê, en hou die mense as gyselaars aan. Caleb en Mia soek die ou kaart van Kaapstad se kanale wat iewers in die hotel op Matjiesfontein weggesteek is.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 37 07.11.2023

Lucy se naam word getrek om die aflewering by die myn te gaan maak. Caleb wil niks daarvan weet nie. Ruby besluit om saam te gaan. Romulus en Remus maak planne om die besending van Matjiesfontein aan te val.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 36 06.11.2023

Rikus is nog baie swak, en sukkel om te loop. Ons groep helde mag op Matjiesfontein bly totdat Rikus sy kragte herwin het, dan moet hulle weer die pad vat. Caleb wys vir hulle sy tuine en bye. Romulus en Remus gaan Matjiesfontein toe om oor hulle volgende bestelling vir die myn te onderhandel. Hulle wil hê die mense van Matjiesfontein moet die aflewering by die myn gaan doen. Sal hulle?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 35 03.11.2023

Die gemeenskap van Matjiesfontein moet besluit of Rikus, Caleb, Mia en Ruby daar kan bly. Met Rikus wat nog baie siek en swak is, sal dit katastrofies wees as die groep weer die pad moet vat. Romulus en Remus vind uit waar die mense is wat Max soek, en begin hulle eie planne beraam om hierdie mense te vang.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 34 02.11.2023

Caleb en Ruby ontdek die boeregemeenskap van Matjiesfontein, en hoe daar geboer word in en om ‘n ou hotel. Bouw help hulle met medisyne en kos, maar maak dit ook duidelik dat sy gemeenskap nie sommer vreemdelinge verwelkom nie. Romulus en Remus wil nie meer Max se bevele uitvoer nie, maar hy weet hoe om hulle op hulle plek te sit.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 33 01.11.2023

Mia en Rikus verlaat die Bakkie-kamp om water te gaan soek. Hulle water raak min, en die hitte van die dag is besig om hulle te verswelg. Hulle dink hulle sien iemand, maar is dit net hulle verbeelding? Romulus en Remus is besig om die vier terroriste langs die pad te soek. Hulle kom op ‘n bakkie af. Is Caleb en Ruby nog daar?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 32 31.10.2023

Rikus gewaar myntrokke op die pad, en besluit om tot die aand te wag om verder te reis. Rikus en Caleb kom agter dat die trokke op pad Laingsburg toe is. Die hitte en min water takel die span vinniger af as wat hulle gedink het. Rikus besluit dat hulle ‘n agterpad verby Laingsburg moet vat. Is dit ‘n goeie idee?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 31 30.10.2023

Ons helde maak dit lewendig uit Seweweekspoort uit. Ruby verduidelik aan die groep wat die groot skat is wat die Karoo onder die oppervlak wegsteek. Rikus maak weer kontak met Rex, en wil weet hoe dit met Lucia gaan.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 30 27.10.2023

Mia, Rikus en Caleb kom agter dat dit nie net Misty en Storm is wat agter hulle aan is nie. In die grotte besef hulle dat daar net een manier is hoe hulle sal wegkom. Hulle moet egter versigtig wees soedat dit nie in hulle gesigte ontplof nie.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 29 26.10.2023

Caleb, Mia en Rikus besluit om Die Poort te verlaat, en saam met Ruby die pad te vat. Misty en Storm besluit dat die drie te veel weet, en nie toegelaat kan word om te gaan nie. Hierna volg ‘n jaagtog deur die gange en grotte van Die Poort.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 28 25.10.2023

Mia, Rikus en Caleb beweeg deur die waterpyp om van onder uit Die Poort te kom. Buite tussen die klowe ontmoet hulle vir Ruby, en wat sy te sê het oor Misty en Storm is afgryslik. Storm en Misty hou hulle oog oor Rikus en Caleb, met die hoop dat hulle Ruby sal kan oorval.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 27 24.10.2023

Max en Rachel arriveer by Die Poort, en sorg dat hulle van ‘n afstand af kan dophou wat gebeur. Caleb en Rikus moet deur die waterpype gaan om vir Rachel te ontmoet. Mia is besig om vir Storm van Rikus-hulle se plan te vertel.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 26 23.10.2023

Max en Rachel maak gereed om Klaarstroom te verlaat. Max besluit om iets te doen wat selfs vir Rachel skok. Misty belowe vir Mia die een ding wat sy meer as enige iets anders wil hê. Al wat sy moet doen, is om haar vriendskap met Rikus en Caleb op te offer.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 25 20.10.2023

Misty en Storm is bekommerd oor die besending wat hulle moet aflewer. Misty besluit om vir Mia aan hulle kant te kry deur haar iets aan te bied waarvoor sy nie kan nee sê nie. Caleb en Rikus los ‘n teken vir Ruby dat hulle haar wil ontmoet.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 24 19.10.2023

Mia word saam met die ander jonger vrouens weggehou van die res van die gemeenskap. Rikus en Caleb wil uitvind hoekom, en verlaat hulle kamers sonder toestemming. Hulle vind vir Mia en wat sy hulle laat hulle besef dat hierdie Eden meer as net een slang en boom van goed en kwaad het.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 23 18.10.2023

Misty en Storm neem vir Mia, Caleb en Rikus in. Die Poort is ‘n Eden in die middel van die Karoo met vrugtebome en kamers met krag en sagte beddens. Dis te wonderlik om waar te wees, en dit gee veral vir Rikus ‘n ongemaklike gevoel op die krop van sy maag. Blykbaar is Ruby, die vrou wat Caleb-hulle soek, iewers naby die mense van Die Poort, maar sy bly self nie meer daar nie. Die groot vraag is ho...

DOR deur Anton Treurnich - Episode 22 17.10.2023

In die Seweweekspoortpas is daar ‘n afdraaipad wat na Die Poort lei. ‘n Klein brug en groot afgrond staan tussen Mia, Caleb en Rikus en hulle bestemming. Nes hulle dink hulle het veiligheid bereik, is daar iemand met ‘n geweer wat vir hulle wag. Sal hulle bakkie deel word van die wrakstukke wat onder in die vallei lê, of sal hulle Die Poort kan binnegaan?

DOR deur Anton Treurnich - Episode 21 16.10.2023

Rikus, Caleb en Mia is oppad na Seweweekspoort, maar eers moet hulle verby Ladismith kom waar ‘n motorfietsbende die dorp oorgeneem het. Rikus waag sy lewe om die ander twee genoeg tyd te gee om weg te kom. Max is nog warm op hulle spoor, en probeer inligting uit die mense van Klaarstroom kry.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 20 13.10.2023

Ons helde oorkom die bedreiging van Die Dor-mense. Dis tyd vir hulle om die pad te vat. Daar is iemand belangrik wat hulle kan help, diep in Seweweekspoort. Een van die groep besluit om agter te bly. Max en Rachel is op ons helde se spoor.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 19 12.10.2023

Die Dor-mense is besig om Klaarstroom te oorval. Rikus besef hulle sal die grot waar die leier is, moet opblaas. Robbie en Debbie gaan saam met hom, maar die kans dat hulle dit in die grot in sal maak. is skraal. en nog minder dat al drie lewendig uit die grot sal kom. Max en Rachel verlaat Kaapstad met een doel voor oë.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 18 11.10.2023

Max en Rachel maak gereed om die pad Karoo toe te vat. Robbie probeer ‘n laaste keer vir Debbie oorreed om saam met hom na Die Hel toe te gaan, maar sy wil niks weet nie. Rikus en Mia maak gereed om die Dor-mense aan te val.

DOR deur Anton Treurnich - Episode 17 10.10.2023

Max vertel vir Rachel dat hulle self agter die terroriste moet aan. Rachel wil nie, maar Max oorreed haar wanneer hy ‘n groot geheim met haar deel. Rikus probeer die mense van Klaarstroom oorreed dat die enigste manier om hulle dorp te red, is as hulle almal saam veg teen die Dor-mense.

Ascolta il podcast Middagvervolgverhaal su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici