RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3037 episodi

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

9 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 17 09.10.2026

Neels se wonde word verbind na die groot geveg. Lienkie het idees oor hoe op Neelsie te reklameer.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 16 08.10.2026

Die brand het geweldige gevolge. Verskeie mense word daarvan verdink dat hulle by die brand betrokke sou gewees het. Xander slaan munt uit die chaos en beskou die dele van die fabriek wat afgebrand het.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 15 07.10.2026

Jorrie vry hard na Lienkie, maar sy hou hom op ‘n afstand omdat sy voel dat sy hom nog nie goed genoeg ken nie. Hulle gaan daardie aand na die inwyding van ‘n nagklub in Nelspruit, en hulle gevoel vir mekaar raak hier skielik sterker.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 14 06.10.2026

Marnus neem Elzebet na sy huis bo teen die berg, en sy besef nou eers hoe ryk en invloedryk die man is, veral wanneer sy sy drieverdiepingpaleis sien. Sy verneem ook dat hy pas geskei het. Xander maak planne oor hoe om sy roomysfabriek van die grond af te kry.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 13 05.10.2026

Marnus en Xander ontmoet in die roomysfabriek, en daarna besef Elzebet dat sy nogal van Marnus hou. Dis die eerste keer dat sy so oor ‘n man voel. Shaun en Xander het ‘n lelike onderonsie.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 12 02.10.2026

Xander verras Elzebet met ‘n besoek nadat hy teruggekeer het, en ontdek iets in haar huis wat hy graag wil koop. Elzebet is te verbaas om behoorlik te reageer. Neels maak ‘n voorstel aan Mawiet oor hoe sy by sy nuwe koffieplek betrokke kan raak, maar haar hart is in die restaurant.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 11 01.10.2026

Ná die storm is Neels en Klara in ‘n geweldige argument betrokke. Elzebet maak ‘n groot bekentenis aan Mawiet. Mawiet weet nie herwaarts of derwaarts nie.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 10 30.09.2026

‘n Geweldige storm bars oor die vallei los en verspoelings vind plaas. Klara is genoodsaak om die nag by Neels oor te bly. Ou liefde begin weer kop uitsteek. Dan kry Lienkie ‘n skokkende tyding.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 9 29.09.2026

‘n Swaar storm steek op en die inwoners is bang dit is ‘n herhaling van Januarie se vloede. Neels help Klara oom haar paadjie te verstewig teen die watermassa wat kom en haar ooranghutte kan beskadig.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 8 28.09.2026

Lienkie, ‘n voormalige kelnerin by die restaurant, Suikerbossie, daag by die vulstasie op waar Jorrie diens doen, en wys hom op ‘n paar foute. Jorrie spring in en besluit om restourasie vir Lienkie te doen.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 7 25.09.2026

Daar is ‘n groot partytjie in Schoemanskloof, en almal, insluitend Neels en Klara, daag op. Hulle trek baie aandag. Ironies genoeg is die partytjie die oorsaak dat hulle opnuut hulle gevoelens vir mekaar besef, en agterkom dat hulle by die dag meer van mekaar hou.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 6 24.09.2026

Elzebet waarsku Klara teen Xander wat skielik verdwyn het. Hulle vermoed dat hy met skelmsstreke besig is. Klare doen navorsing oor hom op die internet en kry ‘n paar skokke.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 5 23.09.2026

Elzebet se huis word verbreek, en sy vat dit maar sleg. Dit was haar ouers se trots, met ‘n paar versteekte geheime. Xander verras Klara in die kloof, en dit lyk of hulle gevoelens vir mekaar begin kry.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 4 22.09.2026

Neels verduidelik hoe hy dit regkry om koffie in die vallei te kweek en nuwe boompies te bestel om aan te plant. Hy bots trompop met die verwaande Xander, terwyl hy aan sy nuwe koffieplek beplan.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 3 21.09.2026

Elzebet neem afskei van haar huis waarvan die mure nou uitgebreek gaan word. Xander sorg dat hy indruk maak in die vallei, maar dit is nie noodwendig positief nie. Hy ontstig die hele gemeenskap.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 2 18.09.2026

’n Vreemdeling, Xander, daag op ’n motorfiets in die kloof op, en krap die hele wêreld om. Neels, die koffieboer, en Xander op sy motorfiets, ontmoet in ‘n ou fabriek, en die vonke spat. Xander raak deeglik bewus van Klara.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 1 17.09.2026

Die pad in Schoemanskloof in Mpumalanga word verbreed om die verkeer meer geredelik te laat vloei. Dít raak ’n restaurant in ’n geskiedkundige huis nadelig. Die pad sal nou te naby die eienares, Elzebet Coetzee, se eiendom wees. Die dubbelpad bring dus baie verandering in lewens wat stagneer het, en verskeie mense raak ontwortel.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 30 05.08.2026

Sannie konfronteer Blikkies oor hoekom hy sy vriend Louw Visagie in die polisie genader het. Visagie lê besoek af by Frans en vra hom uit oor die selfone wat hy by die Nigeriër gekoop het. Blikkies bieg teenoor Pieter dat hy bloed hoes en vra hom om nie vir Klets te vertel nie.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 29 04.08.2026

Sannie bieg teenoor Pieter dat sy bekommerd is oor Frans, en vra Pieter om 'n kombers vir Frans te vat. Klets vertel vir Sannie dat speurder Louw Visagie by Blikkies kom kuier het. Sy dink dit het iets te make met Frans. Louw maak kontak met Pieter, en vra hom uit oor die selfone.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 28 03.08.2026

Frans is ontsteld wanneer Nico hom vertel dat Rachel moontlik by Moolman se nagklub as ontkleedanseres werk. Klets is nuuskierig om uit te vind waaroor Blikkies en Louw Visagie gesels. Blikkies vra Louw om Frans en Rachel uit Moolman se kloue te red.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 27 31.07.2026

Klets wil Blikkies versorg, maar hy is 'n moeilike pasiënt. Nico kry 'n boodskap van Frans om hom te ontmoet oor die selfone. Pieter vertel vir Blikkies van die gesteelde selfone waarmee sy pa en Nico smous. Blikkies besluit om vir Frans die skrik op die lyf te jaag, en so te verhoed dat Frans gevang word

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 26 30.07.2026

Sannie skop vir Frans uit, en sê hy moet die tent vat en by Groendam gaan bly, want dan is hy naby Giel se Gat om verder te drink. Pieter vra Nico om saam met hom te gaan om te kyk of Rachel by Moolman is. Blikkies word uit die hospitaal ontslaan en huis toe gestuur ná sy operasie. Klets sal hom versorg.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 25 29.07.2026

Sannie is verbaas wanneer sy uitvind dat Rachel terug is, en wil weet wat verkeerd geloop het met Alet. Pieter gaan soek vir Frans by Giel se Gat nadatFrans die vorige aand nie huis toe gekom het nie. Sannie is ontsteld wannear Frans dronk opdaag en boonop vir Moolman saamgenooi het om by hulle te kom eet.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 24 28.07.2026

Rachel besluit om by Alet se woonstel uit te trek en tydelik weer by Sannie en Pieter in die karavaan te gaan bly. Moolman pak die skuld op Alet dat Rachel nie meer by die nagklub wil dans nie, en vra haar om uit die woonstel te trek. Nico vertel vir Moolman dat hy Frans by Giel se Gat sal vind.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 23 27.07.2026

Die perd waarop Frans met Nico se geld gedobbel het, wen naelskraap die perderen. Frans besluit om dit met 'n bier te vier. Moolman laat glip aan Rachel dat hy Alet betaal het om Rachel te lok om by die nagklub te kom dans. Die Nigeriër, Gift, weier om die selfone aan Frans te verkoop.

Ascolta il podcast Middagvervolgverhaal su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici