RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 52 04.09.2023 10:55
Richard, Tanya en Dennis kom bymekaar om na die ‘skoon’ opname van meneer X te luister. Dit word vinnig duidelik dat hulle na Izel se stem luister. Richard verduidelik hoe sleg dit ná die diefstal by Cilliers, Cilliers en Vennote gaan.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 51 01.09.2023 12:30
Richard besoek Karl by die hospitaal. Karl weier om enige verdere behandeling te aanvaar, en dobbel nou met sy lewe. Al die geld het uit die trustfondse verdwyn, en Izel is nêrens te vinde nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 50 31.08.2023 11:25
Susan en Essie is besig met inkopies toe Johan skielik sy verskyning maak. Susan kan hom nie oortuig om haar uit te los nie, en sy word gedwing om drastiese aksie te neem.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 49 30.08.2023 13:25
Tanya en Richard besluit uiteindelik op ‘n datum vir hulle troudag. Richard speel oop kaarte oor wat hy glo die nagevolge sal wees as meneer X suksesvol is in sy pogings om die trustfondsgeld te steel. Susan besoek Karl by die hospitaal. Die besoek het gevaarlike nagevolge vir een van hulle.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 48 29.08.2023 12:19
Dennis en Richard deel inligting oor die geheimsnnige meneer X, en wat hy met al die gesteelde geld sal doen as hy dit eers in die hande gekry het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 47 28.08.2023 12:18
Susan besoek Richard op kantoor. Sy is vasbeslote om met die skeisaak voort te gaan. Richard verduidelik dat Karl in die moeilikheid is oor die geld wat uit die trustfondse verdwyn het. Susan hoor nou vir die eerste keer van meneer X en sy dreigemente.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 46 25.08.2023 13:11
Essie besoek haar pa, en dis nie lank voor hulle begin stry oor die geld wat Karl uit Susan se rekening gesteel het nie. Meneer X dreig Karl ‘n laaste keer oor die geld wat uit die trustfondse verdwyn het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 45 24.08.2023 13:25
Karl sukkel om ʼn lys van privaatspeurders by Izel te kry. Susan laat vir Magda weet dat Lauren nou veilig in ʼn gastehuis bly, en wil hoor of sy as ʼn buitepasiënt by Nova behandel mag word. Meneer X dreig om Karl se misbruik van die trustfondse te onthul.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 44 23.08.2023 13:21
Lauren bel vir Susan om haar te laat weet dat sy veilig is. Susan oorreed haar om iewers saam met haar te gaan. Lauren skrik as sy besef waarheen hulle gaan.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 43 22.08.2023 14:28
Dokter Lewis wil by Susan hoor of sy weet waar Lauren is. Nadat Susan met haar ma oor Lauren se toekoms praat, besef sy dat sy die enigste persoon is wat Lauren sal kan help.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 42 21.08.2023 12:20
Johan, wat weier om te glo dat Susan nie op hom verlief is nie, kom ongenooid vir haar kuier. Susan sê vir hom om te loop, maar hy weier. Bettie probeer om haar dogter te help.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 41 18.08.2023 12:50
Terwyl Richard and Dennis oor die probleme tussen Susan en Karl gesels, bel meneer X vir Richard. Die bangmaakpraatjies van meneer X maak Richard woedend, en iets wat hy sê versterk Richard se vermoede oor wie agter die geheiomsinnge stem skuil.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 40 17.08.2023 12:38
Lauren laat weet Susan dat sy nie langer by Nova sal bly nie. Sy het ʼn vriend in Groenpunt wat vir haar blyplek sal gee. Susan vertel vir haar ma en dogter dat sy teruggaan universiteit toe.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 39 16.08.2023 14:46
Richard begin vermoed dat Izel nie so onskuldig is as wat sy voorgee nie. Karl sterk by die hospitaal aan. Hy beplan om al die geld wat hy weggedobbel het weer by die casino terug te wen.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 38 15.08.2023 14:54
Vir die eerste keer nadat sy by die Nova Rehabilitasiesentrum weg is, word Susan gekonfronteer met die drang om weer te begin drink.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 37 14.08.2023 12:02
Dennis speel vir Richard een van die opnames van meneer X, wat hy onwettig bekom het. Dis die eerste keer wat Richard meneer X se stem hoor. Tanya laat weet vir Karl dat daar berigte is dat Karl ʼn tweede hartaanval gehad het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 36 11.08.2023 14:07
Susan besoek Magda vir ʼn opvolgsessie. Vir die eerste keer is sy eerlik oor haar gevoelens teenoor haar familie en die mans in haar lewe.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 35 10.08.2023 14:20
Karl probeer weer om Richard te oortuig om die sake teen hom terug te trek. Izel kan nie glo dat Karl besluit het om op te gee, en meneer X te gee wat hy vra nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 34 09.08.2023 13:36
Lauren bel vir Susan, sy is weer lus om weg te hardloop. Susan glo sy het haar oorreed om by Nova te bly. Richard probeer, sonder sukses, om Johan te oortuig om van Susan te vergeet.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 33 08.08.2023 13:42
Om dankie te sê vir hulle harde werk met haar dogter se saak, nooi Bettie vir Richard, Dennis en Myburgh na ʼn Griekse restaurant. Myburgh en Bettie leer mekaar ʼn bietjie beter ken.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 32 07.08.2023 13:50
Karl neem Susan na ʼn deftige restaurant om vrede te probeer maak. Johan maak onverwags sy verskyning.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 31 04.08.2023 14:08
Essie en haar ouma kom haal vir Susan by Nova Rehabilitasiesentrum. Susan moet gewoond raak aan haar nuwe lewensruimte.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 30 03.08.2023 14:14
Dis Magda en Susan se laaste privaatsessie. Sy het nou 30 dae by die sentrum spandeer en, Magda voel dat Susan huis toe kan gaan. Susan groet vir Lauren, en die twee van hulle doen iets spesiaal om te verseker dat hulle mekaar nie sal vergeet nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 29 02.08.2023 12:40
Johan bel vir Richard in ʼn desperate poging om sy verhouding met Susan te red. Richard deel met Dennis dat hy nie meer vir Izel vertrou nie. Iets is nie reg nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 28 01.08.2023 13:48
Susan en Magda sit vas oor Lauren. Magda wil hê dat Susan al haar energie aan haar eie probleme spandeer.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici