RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3038 episodi

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

12 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 55 03.12.2024

Alles is uiteindelik gereed vir die konsert, maar skielik is daar ‘n probleem met die akteurs. Vrot Rot daag by Bella se huis op.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 54 02.12.2024

Hantie laat haar nie deur haar wond van stryk bring nie. Mildred gee verwarrende instruksies oor wat Wessel en Francisco moet doen.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 53 29.11.2024

Francisco lê ‘n klag by die polisie, en dreig Bella om haar aanvalle te staak. Finale voorbereidings vir die konsert word getref.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 52 28.11.2024

Hulp daag op in ‘n uitsonderlike vorm. Die vooruitsig van ‘n nag op die hospitaal se plastiekstoele is glad nie aanloklik nie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 51 27.11.2024

Mildred waarsku die sersant oor die ramp wat besig is om in die bos af te speel. Die reddingspan begaan ‘n groot fout.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 50 26.11.2024

Kersie vermoed dat ‘n ramp besig is om te gebeur, en kry ‘n reddingspan bymekaar. Die reddingspan ondervind egter probleme van hulle eie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 49 25.11.2024

Hantie en Wessel verkeer in doodsgevaar toe ‘n rustige besoek aan die waterval skeefloop.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 48 22.11.2024

Hantie besluit om vir Wessel haar geheime plekkie in die bos te gaan wys, maar hulle word deur ‘n ongure karakter ingewag.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 47 21.11.2024

Willem tart die noodlot. Die dorp vier bruilof, maar dinge loop skeef, en die saal moet dringend ontruim word.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 46 20.11.2024

Wessel verduidelik sy besluit om terug te keer Verlatensrus toe. Kersie gooi alle norme en tradisies oorboord, en maak ‘n lewensveranderende skuif.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 45 19.11.2024

Bella kry besoekers in die tronk. Die dorp is verras toe daar onverwags drie volgelaaide vragmotors aankom.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 44 18.11.2024

Sersant Huffnagel konfronteer vir Bella. Willem het kreatiewe idees vir die teater. Later besluit hy om buitekant in die donker te gaan skilder.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 43 15.11.2024

Bella en Vrot Rot jaag deur ‘n slaggat op pad stad toe, en bars twee buitebande. Willem steel ‘n hooibaal.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 42 14.11.2024

Bella en Vrot Rot besluit om te vlug. Mildred moedig vir Kersie aan om weg te doen met tradisie, en hef in eie hand te neem.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 41 13.11.2024

Willem skilder vir Kersie, maar dinge verloop nie heeltemal glad nie. Hy het ook ‘n paar voorstelle oor die restourasie van die teater.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 40 12.11.2024

Willem verdwaal op pad na Verlatensrus, en Kersie is onmiddelik verlief. Bella skuil ondergronds, en bekla haar lot teenoor Vrot Rot.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 39 11.11.2024

Sonder die teater lyk dit onwaarskynlik dat Verlatensrus sal oorleef. Hantie dring daarop aan dat Wessel sy konsert eerder in Pretoria aanbied.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 38 08.11.2024

Hantie pamperlang haar ouma. Kersie voel sleg oor al die ongelukkigheid wat haar ma veroorsaak het. ‘n Brand breek uit.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 37 07.11.2024

Daar is konsternasie by die wynkelder. Mildred gee vir Bella ‘n kosbare geskenk. Kersie stel voor haar ma dink versigtig na oor alles wat sy aangevang het.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 36 06.11.2024

Kersie konfronteer haar ma oor Mildred se aanhouding. Sy het ‘n moeilike besluit om te maak, en neem ‘n drastiese stap.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 35 05.11.2024

Bella stel onbillike eise aan Mildred, maar dié maak dit duidelik dat sy nie ‘n katjie is om sonder handskoene aan te pak nie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 34 04.11.2024

Bella dreig vir Mildred. Hantie en Wessel skrik toe hulle aasvoëls in die veld gewaar.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 33 01.11.2024

Sersant Huffnagel besoek die potensiële misdaadtoneel in die bos. Bella pluk ‘n roos en bring dit wynkelder toe met ‘n spesiale versoek.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 32 31.10.2024

Kersie moet ‘n front voorhou. Hantie en Wessel verken die plaaspaaie, en sien hoe Bella en Vrot Rot iets verdags aanvang.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 31 30.10.2024

Wessel en Francisco los per ongeluk een van die dorp se mees tergende raaisels op. Die soektog na Mildred begin in alle erns.

Ascolta il podcast Middagvervolgverhaal su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici