RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 19 07.01.2025 14:44
Pikkie bevind hom in ‘n reuse penarie. Sy baas kom met ‘n blitsbesoek die kampterrein ondersoek. Arme Pikkie besef gou dit was dalk nie wys om op sy CV te jok net om ‘n gratis visvangvakansie in te katrol nie. Pikkewyne sonder broeikaste, geen vars brood, ‘n verstopte stortdrein, ongemerkte staanplekke en nat braaihout is maar net ‘n paar van sy probleme. Sommer gou spring Dollie in met sy premium...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 18 06.01.2025 14:43
Dis nog ‘n gewone dag in Pikkewynpark, en Suzette en Toontjies is aan diens om te sorg vir middagete wanneer die manne van die see af terugkeer. Toontjies is ‘n leermeester van formaat, nie net agter die kospotte nie, maar ook van die lewe. Toontjies leer vir Suzette die wonders van die see, snoekkuite, en hoe en wanneer om snoek te koop. Suzette leer vir Toontjies watter wyn pas by watter visdiss...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 17 03.01.2025 13:45
Ná Liefie se groot gyselaarsdrama en die broeis pikkewyn, besluit Suzette genoeg is genoeg. Sy pak haar tasse om huis toe te gaan. Die vakansie is verby! Dries is raadop, want hy wil graag langer bly. Ansie kom tot almal se redding, en spring dadelik aan die werk. Die groepie beplan om vir Suzette te bederf met ‘n aand van uiteet, ‘n borrelbad en mooi musiek. Ansie en Suzette deel ‘n spesiale oomb...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 16 02.01.2025 13:32
Henk merk op dat sy ma en pa die seevakansie geniet, en dat sy pa vir die eerste keer werklik ontspan. Dries droom oor ‘n huisie by die see, en begin al hoe meer aan die gedagte te herkou om dalk ‘n familievakansiehuis vir die Du Toits en die Louws te koop. Selfs Suzette het ‘n drastiese ommeswaai, en gaan stap selfs met Liefie op die strand en dra vir die eerste keer in haar lewe plakkies. Ongelu...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 15 01.01.2025 13:28
Dit is die eerste dag van die jaar, en die kampeerders skop dit af met Dollie se Louw-tradisie. Sy boot, Skommel, word gehaak vir ‘n dag op die water, braai en visvang. Henk is glad nie te vinde om douvoordag op die oop see te gaan ronddobber nie. Ansie stel hom gerus dat hy net helderkleurige swembroeke moet dra om nie haaikos te word nie. Henk is angsbevange en gooi jakkalsdraaie om so ver moont...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 14 31.12.2024 15:00
Dis die Oujaarsaand-partytjie, en Pikkewyn Park is in rep en roer! Ansie en Henk word ingedeel by die gesiggieverf-stalletjie, maar besef gou dat hulle dalk nog nie heeltemal gereed is vir kinders by dosyne nie. Tussen taai haasbekke wat geverf moet word, ‘n likkewaan wat gevryf mag word, en ‘n hok vol hoenders en marmotte is daar gou konsternasie in die kamp. Leopold, die likkewaan, ontsnap en he...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 13 30.12.2024 14:20
Daar is groot opwinding in die park. Dis die dag voor die jaarlikse oujaarspartytjie en feestelikheid. Pikkie bevind homself in ‘n penarie. Dit is broeiseisoen, en al wat ‘n pikkewyn is, is op hol. Ná ‘n groot gefuif, steel ‘n groep studente sy pikkewyn-springkasteel en laat dit beland in die strandmeer. Snoekbraaiers wat allergies is vir vis, ‘n vermiste springkasteel, ‘n vroetel-en-vryf-kampie s...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 12 27.12.2024 13:46
As daar nou een ding is wat enige kampeerder ‘n pyn in die blad gee, is dit ‘n opblaasmatras wat afblaas. Suzette kry net nie haar lê nie, danksy Liefie wat ‘n gat in die matras gebyt het. Toontjies leer vir Suzette hoe om enige gat of kraak toe te stop met blitsgom en bakpoeier. Suzette is bekommerd oor die baba se name, en voel dat dit net reg sal wees dat Henk en Ansie die kind familiename moet...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 11 26.12.2024 14:40
Dit is Tweede Kersdag, en Suzette se nerwe is dun geskuur. Die twee families se uiteenlopende musieksmaak sorg vir groot meningsverskille en kopseerpille. Dollie luister slegs na die Weskusvastrap, en Suzette verkies ‘n glasie verkoelde witwyn saam met die strelende klanke van Mimi Coertze. Dollie besluit om die Pretorianers te leer hoe om behoorlik kreef te eet. Suzette moet op haar tong byt en k...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 10 24.12.2024 14:31
Dis Oukersaand en die Pikkewynpark maak gereed vir geskenke uitdeel. Ansie wip haar sommer vroeg-vroeg vir Henk, wat met die lawwe voorstel vorendag kom dat hulle ‘n bietjie vakansiegees moet vang. Die geskenke word noukeurig nagegaan, en die noodhulpkissie se pleisters moet instaan as kleefband. Ansie verdwyn geheimsinnig om ‘n geskenk te gaan soek vir Liefie. Die geskenke word om die kampvuur ui...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 9 23.12.2024 13:23
Suzette se eerste nag as kampeerder verloop seepglad. Sy slaap soos ‘n baba, maar tot Henk en Dries se groot ontsteltenis, wanneer hulle besef hulle het per ongeluk ELKEEN vir Suzette twee slaappille ingejaag. Suzette ontwaak met kloppende hoofpyn, en almal moet bontstaan om haar te paai. Dries deel sy wyshede oor die huwelik en sewe sakke sout opeet met Henk. Geheime word gedeel en geseël met ‘n...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 8 20.12.2024 14:09
‘n Moeë groepie sluit uiteindelik aan by Dollie en Toontjies in Pikkewyn Park. ‘n Stokou GPS wat meer herbereken as bereken laat gou die gemoedere opvlam, tot hulle Dollie se kampvuur sien! Die eerste ontmoeting tussen ouers en skoonouers vind plaas. Liefie word natuurlik ook bekendgestel, maar word misgis as ’n rot, en word amper van kant gemaak, tot groot ontsteltenis van Suzette natuurlik. Ansi...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 7 19.12.2024 14:02
Die uittog word eers afgelas sodat Henk se onderstel op Vosburg vervang kan word. Liefie jaag ’n meerkat, en Ansie kom tot sy redding. Ná ‘n naelloop deur ‘n doringdraad en vars beesmis, lê Ansie vir Henk die grondreëls neer - Sy sal nié die hele vakansie na Liefie kyk nié! Henk besluit om sy stem dik te maak. Ongelukkig is Henk se woordkeuse en vasvat en vastrap van sy ma vir Suzette ‘n reuse kla...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 6 18.12.2024 14:17
Die sleepwaentjie is gehaak, die padkos is gepak en die Groot Trek na Pikkewyn Park begin - ongelukkig nie so seepglad soos beplan nie. Suzette se wasmasjien, dubbelbed en spieëlkas trek saam. Ongelukkig veroorsaak dit dat Henk se blindekolle versiende en bysiende is, en ná ‘n berekeningsfout tussen skerp links en regs beland Suzette se meubels in ‘n sloot tussen Carnarvon en Vosburg. ‘n Noodstop,...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 5 17.12.2024 13:51
Ansie is onsteld omdat hulle steeds by Henk se ma-hulle “kuier”, selfs al woon hulle net 20 km van hulle af. Henk gooi dadelik wal, en verduidelik dat hy net so bietjie langer wil vertoef om sy ma-hulle te help met die pakkery en beplanning. Ansie voel dat Henk se ma hom manupileer omdat sy nie haar sin kry nie, en nou die hulpelose-slagoffer-wat-nog-nooit-gekampeer-het-nie-troefkaart speel. Hulle...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 4 16.12.2024 13:42
Suzette het ‘n ernstige gesprek met Henk. Sy spreek dadelik haar kommer uit hoekom sy dink dat Ansie en haar familie nie van hulle dam se ganse is nie. Henk is seergemaak, en verduidelik aan sy ma dat as Ansie nie welkom is nie, is hy ook nie. Suzette moet ‘n belangrike besluit neem – sal sy Ansie verdra, en so haar verhouding met haar liefingseun behou, of sal sy vasskop en haar sin probeer kry?...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 3 13.12.2024 14:50
Die twee vroue in arme Henk du Toit se lewe, se gemoedere loop hoog. Suzette is steeds gekrenk deur die feit dat sy nie na haar enigste seun se troue genooi is nie, en Ansie is woedend oor Henk se matriekafskeidfoto saam met sy eks wat steeds teen die spaarkamer se muur pryk. Ná ‘n misverstand oor enkels, gene, dik bene en ‘n luukse vakansie op ’n eiland, lê Henk streng reëls neer wat sy ma moet n...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 2 12.12.2024 14:23
Henk en Ansie daag op by Henk se ouerhuis om die nuus te breek dat hulle die vakansie getroud is. Henk se ma, Suzette, maak sommer met die intrapslag geen geheim daarvan dat sy nie dink Ansie is troumateriaal nie, en noem haar gereeld “per ongeluk” Henk se eks-meisie se naam. Dan is daar ook Liefie, Suzette se liefling pug, wat ‘n swak blaas het, en Ansie se nuwe tekkies gebruik as ‘n grasperk. He...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 1 11.12.2024 13:36
Henk en Ansie du Toit is pas terug van hul drie weke lange wittebrood by Pikkewyn Park. Ongelukkig brand die huweliksvure nie lank nie toe hulle besef dit was ‘n reusefout om nie hulle ouers na die troue te nooi nie. Vinnig word beskuldigings rondgeslinger oor wie se ouers die ergste is. Henk kom met ‘n briljante plan na vore om te red wat daar te redde is. ‘n Tweede wittebrood saam met hulle ouer...
SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 60 (slot) 10.12.2024 13:06
Hantie en Wessel kan die onvermydelike nie langer uitstel nie. ‘n Onmoontlike keuse moet gemaak word.
SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 59 09.12.2024 15:01
In weerwil van tragiese nuus, duur die soektog na die akteurs voort. Bella moet haastig ‘n besluit maak - veg of vlug?
SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 58 06.12.2024 15:21
Wessel en Francisco soek tekens van die vermiste akteurs langs die plaaspaaie. Hantie en Mildred gaan vir ‘n wandeling deur die park.
SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 57 05.12.2024 15:02
Hantie en Wessel lees terugvoer oor die konsert aanlyn. Die soektog na die akteurs word verskerp.
SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 56 04.12.2024 15:01
Dis oomblikke voor die konsert, maar die uitdagings is nog lank nie verby nie. Op die nippertjie kry Hantie ‘n blink plan.
SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 55 03.12.2024 14:59
Alles is uiteindelik gereed vir die konsert, maar skielik is daar ‘n probleem met die akteurs. Vrot Rot daag by Bella se huis op.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici