RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3037 episodi

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

9 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 22 11.02.2025

Magda, Bettie en Susan is spesiale gaste van JP vir aandete. Ná ete sukkel Magda, effe dronk, om haar kajuit te vind. ‘n Groot man in ‘n hoodie wag in haar kajuit.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 21 10.02.2025

Susan, Lauren, Bettie en Essie speel shuffleboard op die promenadedek. Bettie en Susan is op vanaand se lys van gaste vir ete by die kaptein se tafel. Essie deel ‘n groot geheim.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 20 07.02.2025

Deon en Dennis ontmoet vir Madame Kyrioskie. Die twee speurders laat haar vinnig verstaan dat hulle weet wie sy is. Om die verkragter vas te vang, besluit hulle om tydelik vrede te maak.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 19 06.02.2025

Deon en Dennis ontmoet vir koffie. Hulle ruil inligting uit. Albert sluit by hulle aan met ‘n belangrike boodskap van Izel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 18 05.02.2025

Izel en Tanya ontmoet vir die eerste behoorlike onderhoud. Izel vertel stories oor haar verlede.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 17 04.02.2025

Susan en Lauren loop vroegoggend op die promenadedek. Hulle gaan na die kapel vir ʼn programvergadering. ʼn Onverwagse gas sluit by die vergadering aan.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 16 03.02.2025

Ná die goeie nuus, beplan Tanya en Richard hulle toekoms. Dennis kom kuier, en deel in hulle geluk oor die goeie nuus.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 15 31.01.2025

Tanya drink tee saam met Madame Kyrioskie. Izel vra vir Tanya om nog ‘n boek oor haar te skryf.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 14 30.01.2025

Essie kuier by Ouma, en ‘n onverwagse diep gesprek vind plaas. Albert laat weet vir Kaptein JP dat Madame Kyrioskie om drie uur ʼn spesiale gas vir tee sal ontvang. JP erken dat daar geen vordering is met die saak van die verkragter nie.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 13 29.01.2025

Dit is Susan en Deon se eerste afspraak. Hulle deel hulle gevoelens oor wat vir beide die ergste jaar van hulle lewe was.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 12 28.01.2025

Richard, Dennis en Tanya ontspan by die swembad. ‘n Helikopter land op die skip, en ‘n ou dame word uitgedra, en in haar rolstoel na haar privaatkajuit op die boonste dek geneem. Tanya word na Madame Kyrioskie se kajuit genooi.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 11 27.01.2025

Deon en Susan ontmoet per ongeluk op die dek. Izel en Albert maak planne vir die verskyning van Madame Kyrioskie.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 10 24.01.2025

Almal gaan aan boord die SS Salacia. Richard besoek Bettie, Susan en Essie in hulle kajuite. Die boot seil by Kaapstad hawe uit, en die avontuur begin.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 9 23.01.2025

Susan en Lauren ontmoet in die tuine by Nova Sentrum. Lauren is bly dat sy wel op die seevakansie saam met Susan gaan. Hulle bou weer aan hulle klipstapel, en ‘n paar geheime word onthul.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 8 22.01.2025

Dennis en Richard bespreek hoe hulle sal verseker dat al nege die uitgenooides aan boord gaan en veilig gehou word. Magda en Susan besluit of Lauren sterk genoeg is vir die bootreis.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 7 21.01.2025

Dennis ontmoet vir kaptein Deon Smit by ‘n koffiewinkel. Hulle gesels oor die verlede, en beraam planne vir wat aan boord die SS Salicina sal gebeur.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 6 20.01.2025

Tydens ʼn private sessie by Magda, erken Lauren hoe skuldig sy teenoor Susan voel. Richard en Tanya bespreek die verdubbeling van die geld, en neem ʼn besluit om aan boord die skip te gaan. Deon Smit, ʼn afgetrede polisieman, bel vir Richard.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 5 17.01.2025

Dennis en Richard ontmoet, en gesels oor die feit dat hulle maar min kon uitvind oor Madame Kyrioskie en haar boot. Dennis bel vir Albert, en probeer om die waarheid oor die bootreis uit te vind. Albert kondig aan dat Madame Kyrioskie besluit het om die geld wat hulle op die bootreis sal verdien, te verdubbel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 4 16.01.2025

Susan, Bettie en Essie word almal wakker wanneer daar in elkeen van hulle se bankrekeninge R30 000 gedeponeer word. Richard en Tanya word ook wakkergemaak deur die deposito’s. Hulle bespreek die moontlikheid van nog ‘n vitrobehandeling, wat dalk keer dat Tanya mag saamgaan op die bootreis.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 3 15.01.2025

Richard vra vir Susan, Bettie en Essie om te wag met hulle besluit oor die bootreis. Kaptein JP Swart bel vir Madame Kyrioskie. Hy is bekommerd omdat niemand haar uitnodigings al aanvaar het nie.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 2 14.01.2025

Almal wat uitgenooi is vir die plesierbootvakansie word helfte van die ‘omkoopgeld’ dadelik belowe. Richard vra vir Dennis om te kyk wat hy oor die bootreis kan uitvind. Susan gesels met Lauren om seker te maak of sy emosioneel gereed is vir die bootreis.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 1 13.01.2025

Essie word in die polisieselle aangehou, en Richard kom om haar te haal. Lauren is weer terug by Nova Sentrum vir behandeling deur Magda. Susan, Magda en Lauren word vir ‘n geheimsinnige tiendae lange plesierbootvakansie uitgenooi.

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 22 (slot) 10.01.2025

Dis die laaste dag van die vakansie, en die groot oppak begin. Henk se rug is in spasma van heeldag se staan en aartappels skil, en Ansie verras hom deur hom mee te deel dat hy vir Dollie moet help om vir Skommel te haak. Toontjies verloor per ongeluk Dollie se gesogte Harley Davidson Bar & Shield Flames-snoekerballe tydens die opslaan van hulle tafelblad – tot Dollie se groot ontsteltenis. Suzett...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 21 09.01.2025

Dries word deur Suzette oor die vingers getik oor sy ongesonde leefstyl. Die eerste lekkerny wat gesny moet word, is kondensmelkkoffie. Dries skop viervoetig vas, en beklemtoon dat hy klaar is met soja en amandelmelk – boontjies hoort in ‘n bredie en neute in koekstruif. Sommer gou kloof die egpaar hare oor die BBB van verstaan jou man en die alfabet van vrouwees. Dollie en Toontjies is druk besig...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 20 08.01.2025

Pikkie kom met ‘n voorstel na Henk en Ansie dat hulle ’n vis-en-skyfiestalletjie vir die dag moet opslaan. Hy probeer sy beste voetjie voorsit terwyl sy baas in die omtrek is, en sy enigste redding is Ansie se kraakvel-geelstert. Henk en Ansie oorweeg die opsies, en besluit vinnig dat ’n vis-en-skyfiestalletjie glad nie ‘n slegte idee is nie. Ansie verklap aan Henk dat sy graag weer sal wil begin...

Ascolta il podcast Middagvervolgverhaal su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici