RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Taaldinge 19 November 2023 19.11.2023 21:57
Die Afrikaanse Onderwysnetwerk het onlangs ‘n beraad gehou oor die stand van Afrikaanse onderwys, waar hulle op bepaalde fokusgebiede besluit het. Die bestuurshoof van die AON, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die fokusgebiede is, en wat die pad vorentoe is.
Taaldinge 12 November 2023 12.11.2023 19:28
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat is goeie Afrikaans vir hardeware en sagteware van ‘n rekenaar? Wat is ‘n ewenaarsvoor? Waar kom die woord bykans vandaan? Hoekom is dit verkeerd om te sê “die wedstryd was gespeel”? Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee.
Taaldinge 5 November 2023 05.11.2023 18:38
Waarom word Hamas uitgespreek as “Ghamas” al word dit met ‘n h gespel? En plaaslik word Radebe uitgespreek as Ghadebe. Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom wat alles ‘n rol speel by die uitspraak van woorde en name in vreemde tale.
Taaldinge 29 Oktober 2023 29.10.2023 21:02
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel vir Ina Strydom van die verband tussen armoede en onderwys, en watter rol Afrikaans het om te speel, n.a.v. die Hertzoggedenklesing wat hy onlangs gelewer het by die SAAWK.
Taaldinge 22 Oktober 2023 22.10.2023 24:52
Die internasionaal-gerekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, vertel vir Ina Strydom waar Internasionale Woordeboekdag vandaan kom, wat op 16 Oktober gevier is. Hy vertel ook wat die jongste ontwikkelinge op die gebied van woordeboekmaak is, en hoe kunsmatige intelligensie die toekoms van die vakgebied sal raak.
Taaldinge 15 Oktober 2023 15.10.2023 20:02
Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die WAT beantwoord luisteraarsvrae.
Taaldinge 8 Oktober 2023 08.10.2023 18:04
‘n Taalpraktisyn van Akademia, Sarita Blignaut, vertel vir Ina Strydom meer oor die tema van vanjaar se Vertaaldag, en wat dit in die praktyk beteken. Sy vertel ook van die vertaalproses, en wat die toekoms vir vertalers inhou teen die agtergrond van die ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie.
Taaldinge 1 Oktober 2023 01.10.2023 18:27
Skoolkinders se gebrekkige leesvermoë het verreikende gevolge, want volgens ‘n PIRLS-verslag kan slegs 19% van leeringe in Graad 4 met begrip lees. Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom wat ouers en opvoeders kan doen om kinders se leesbegrip te verbeter.
Taaldinge 24 September 2023 24.09.2023 24:48
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, is besig met verskeie projekte ter bevordering en bewaring van Afrikaans in al sy fasette. Die bestuurshoof, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van die projekte, insluitend ‘n taal- en tegnologietoer vir skoolkinders, onderwyshulpmiddels en die uitgewery.
Taaldinge 17 September 2023 17.09.2023 22:18
Die bestuurshoof van die ATR, dr. Conrad Steenkamp, en die kultuur- en taalaktivis, dr. Willa Boezak, vertel vir Ina Strydom van ‘n werkswinkel oor Afrikaans en die Griekwa. Die tema was Afrikaans, taal van my voorouers – taal van my kinders.
Taaldinge 10 September 2023 10.09.2023 18:39
Milanie Vosloo, die projekbestuurder van Afrikaans.com, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle leerhulpmiddels wat gratis beskikbaar is. Hulle praat ook oor die belangrikheid van moedertaal en moedertaalonderrig.
Taaldinge 3 September 2023 03.09.2023 22:04
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat aan bod kom, sluit onder meer in die verskil tussen lankmoedig en verdraagsaam; die herkoms van ensemble, riemtelegram en stinkryk; en die rede waarom onmiddellik op dié manier gespel word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Taaldinge 27 Augustus 2023 27.08.2023 20:25
Waarom gebruik ‘n mens woorde soos dinges, of watsenaam? En watter funksie het “uhm” in ‘n gesprek? Prof. Donovan Lawrence, hoof van die department Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Wes-Kaapland, vertel vir Ina Strydom meer oor plekhouers en stopwoorde.
Taaldinge 20 Augustus 2023 20.08.2023 21:33
Die gesogte Jan H. Maraisprys vir ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op ‘n hoë vlak in Afrikaans, is vanjaar toegeken aan die letterkundige, prof. Louise Viljoen van Stellenbosch. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor haar werk en loopbaan.
Taaldinge 13 Augustus 2023 13.08.2023 21:03
Luisteraars se taalvrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van nommers, syfers en getalle; die herkoms van die uitdrukkings streepsuiker kry en riemspring; en die verskil tussen gebruiker en verbruiker. Alet Cloete en Gerda Odendal van die W.A.T. verskaf die antwoorde op die vrae wat Ina Strydom namens die luisteraars vra.
Taaldinge 6 Augustus 2023 06.08.2023 25:08
Die Internasionale Federasie van Vertalers is ‘n beroepsorganisasie vir vertalers, tolke en terminoloë. Onlangs is ‘n streeksentrum vir Afrika in die lewe geroep. Die ondervoorsitter, prof. Eleanor Cornelius van die Universiteit van Johannesburg, vertel vir Ina Strydom wat hierdie organisasie doen.
Taaldinge 30 Julie 2023 30.07.2023 24:59
‘n Baie belangrike navorsingsprojek oor variasie in Afrikaans is onlangs aangekondig. Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ProVaria handel, en waarom die projek van stapel gestuur word.
Taaldinge 23 Julie 2023 23.07.2023 23:50
Iemand sing van ‘n boer in beton; ‘n groep noem hulleself ‘n Boere boy-band; vir sommige mense beteken dit ook die polisie. En dan is daar nog die mense wat kos op die land se tafels sit. Wat beteken boer en Boer vandag? Prof. Marné Pienaar van die Universiteit van Johannesburg het ‘n akademiese artikel geskryf waarin sy die gebruike en betekenis ondersoek.
Taaldinge 16 Julie 2023 16.07.2023 22:37
Hoekom skuif kerke en gemeentes so maklik van Afrikaans na Engels as geloofstaal? Die Afrikaanse Taalraad ondersoek dié kwessie. Die ondervoorsitter van die ATR, dr. Hendrik Theys, die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom wat die agtergrond tot die ondersoek is, en gee inligting oor ‘n simposium wat beplan word om die skakel tussen t...
Taaldinge 9 Julie 2023 09.07.2023 24:21
Die kwessie van standaardtaal is die afgelope tyd in die kollig. Daar is diegene wat meen “standaard” sluit mense uit. Maar wat is standaardtaal; wat is die doel daarvan; hoe werk dit elders in die wêreld; en is dit nodig om ‘n standaardtaal te hê? Die gesaghebbende taalkundige, prof. Ernst Kotze, beantwoord Ina Strydom se vrae.
Taaldinge 2 Julie 2023 02.07.2023 20:01
Waarom gebruik ‘n mens ‘n komma as desimale skeier, en nie punt nie? En waarom kan ‘n mens nie maar net soos wat die gewoonte geword het, van biljoen praat in plaas van miljard nie? Die vertaler en taalpraktisyn, Tom McLachlan, vertel vir Ina Strydom wat die rede hiervoor is.
Taaldinge 25 Junie 2023 25.06.2023 24:21
Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs ‘n seminaar gehou met die tema: Die einde van Standaardafrikaans? Die kommissie se voorsitter, Suléne Pilon, vertel vir Ina Strydom wat hulle gedagtegang oor dié kwessie is.
Taaldinge 18 Junie 2023 18.06.2023 23:50
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee, en vertel onder meer wat “kiri slam” beteken wat in ‘n gedig van ID du Plessis voorkom; en waar die woord “iesegrimmig” vandaan kom.
Taaldinge 11 Junie 2023 11.06.2023 22:47
Afrikaans is oor twee jaar 100 jaar oud. Die projek om dié geleentheid te vier, is onlangs aangekondig. Teen hierdie agtergrond is dit dan ook nodig om bestek te neem van Afrikaans se infrastruktuur: wat is daar, en in watter toestand is dit? Prof. Wannie Carstens van die NWU verduidelik vir Ina Strydom wat Afrikaans se infrastruktuur is, en hulle besin oor onderhoud en instandhouding.
Taaldinge 4 Junie 2023 04.06.2023 22:46
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van manlike en vroulike vorme; waarom tagtig met ‘n t begin en nie “agtig” is nie; en die verskil tussen insette en insae. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.