RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Education

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 11.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Taaldinge 4 Mei 2025 04.05.2025

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se akademiese tydskrif, die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, fokus in sy Maart-uitgawe op Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal, 'n viering en 'n besinning.  Die bestuurshoof van die Akademie, dr. Annelise de Vries, die uittredende hoofredakteur, prof.  Ina Wolfaarst-Grabe, en die twee gasredakteurs, proff. Nerina Bosman en Wannie Carstens, vert...

Taaldinge 27 April 2025 27.04.2025

Die bekende joernalis en vervaardiger, Erns Grundling, vertel vir Ina Strydom meer oor die televisiereeks, Die stories van Afrikaans. Die reeks ondersoek die ontstaansgeskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans.

Taaldinge 20 April 2025 20.04.2025

Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 100 jaar oud, maar die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans strek veel verder as een eeu gelede. Die voormalige hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, gaan haal die verhaal by die begin. Dit is deel 2 van die gesprek met Ina Strydom.

Taaldinge 13 April 2025 13.04.2025

Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 100 jaar oud, maar die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans strek veel verder as een eeu gelede. Die voormalige hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, gaan haal die verhaal by die begin. Dit is deel 1 van die gesprek met Ina Strydom.

Taaldinge 6 April 2025 06.04.2025

DF Malherbe was die eerste professor in Afrikaans in die land, en wel by die destydse Grey Universiteitskollege, die voorloper van die Universiteit van die Vrystaat. Dié Universiteit vier Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal met ‘n spesiale DF Malherbe-gedenklesing. Dr. Francois Smith en prof. Henning Pieterse van die UV se Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans vertel vir Ina Strydo...

Taaldinge 30 Maart 2025 30.03.2025

In die aanloop tot die feesvierings om Afrikaans se 100-jarige bestaan as amptelike taal te vier, val die fokus op ‘n projek oor vroeë gesproke Afrikaans, en die tekste van die jare 1820 en verder. Die vryskutakteur, Zach Botha, vertel vir Ina Strydom waar die belangstelling vandaan kom, en wat die projek behels.

Taaldinge 23 Maart 2025 23.03.2025

Die eindredakteur van die WAT, Gerhard van Wyk, en die Senior Mederedakteur, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die los en vas skryf van woorde; en die herkoms van woorde soos huigel en runderpes.

Taaldinge 16 Maart 2025 16.03.2025

Een van die heel voorste terminoloë in Afrikaans, dr. Mariëtta Alberts, vertel vir Ina Strydom meer oor die noodsaaklikheid van terminologieontwikkeling, hoe terminologie in Afrikaans ontwikkel het sedert die eerste vakwoordeboek in 1918 verskyn het, en watter gebreke daar tans is.

Taaldinge 9 Maart 2025 09.03.2025

Wat gebeur met die “met” in ‘n konstruksie wat al meer teëgekom word: “ek gaan saam my vriende braai” – terwyl dit eintlik “ek gaan saam met my vriende braai” behoort wees, en wat veroorsaak die weglating?  Ina Strydom se gas is die taalpraktisyn en skrywer, Sophia Kapp.

Taaldinge 2 Maart 2025 02.03.2025

Sê ‘n mens iets in Afrikaans, of op Afrikaans? Waar kom die uitdrukking "die reën stuif neer" vandaan? Dié en ander taalnavrae word beantwoord. Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, en die eindredakteur, Gerhard van Wyk, is saam met Ina Strydom in die ateljee.

Taaldinge 23 Februarie 2025 23.02.2025

‘n Baanbrekerwerk oor Afrikaans het onlangs verskyn: Afrikaans Linguistics – a contemporary perspective, onder die redakteurskap van proff. Nerina Bosman en Wannie Carstens. Dis ‘n handboek oor die Afrikaanse taalkunde, in Engels geskryf. Hulle vertel vir Ina Strydom waar die idee vandaan gekom het, wie bygedra het, en wat die doel van die boek is.

Taaldinge 16 Februarie 2025 16.02.2025

In die laaste in die reeks van drie programme oor houers, vertel Jana Luther van die WAT vir Ina Strydom meer oor woorde en uitdrukkings wat met blik en blikgoed verband hou.

Taaldinge 9 Februarie 2025 09.02.2025

Die nuwe bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, dr. Annelise de Vries, praat oor die eerste paar maande van die jaar: die Geskiedenissimposium en JBM Hertzoggedenklesing, ‘n studentesimposium, en wat hulle beoog vir Internasionale Moedertaaldag.

Taaldinge 2 Februarie 2025 02.02.2025

Ina Strydom en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, neem bestek op van die stand van Afrikaans in 2024.  Watter positiewe dinge het gebeur, wat is bestendig, en waar flikker die rooi ligte?

Taaldinge 26 Januarie 2025 26.01.2025

Die handboek, Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde, se derde, hersiene uitgawe is pas vrygestel. Die redaksie, proff. Adri Breed, Nerina Bosman en Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom meer oor die veranderinge, die waarde en die medewerkers. Die boek is ook nie net vir studente bedoel nie, maar sal vir enigeen met ‘n belangstelling in Afrikaans van waarde wees.

Taaldinge 19 Januarie 2025 19.01.2025

Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom meer oor bottels en flesse, vate en balies en kuipe – en hoe dié woorde in Afrikaans neerslag vind. Dit is die tweede program in ‘n kort reeks oor houers of holgoed.

Taaldinge 12 Januarie 2025 12.01.2025

Beteken kwes en kwets dieselfde? Wat is die verskil tussen verseker en vir seker, en hoe word dit gebruik? Dié en ander taalnavrae word beantwoord saam Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Taaldinge 5 Januarie 2025 05.01.2025

Aktrise Cindy Swanepoel vertel vir Ina Strydom meer oor twee ATKV-projekte waarby sy betrokke was. Een het oor idiome gehandel en die ander oor limerieke.

Taaldinge 29 Desember 2024 29.12.2024

Waarom word internasionale plekname soos Albania in Afrikaans as Albanië vertaal, en wat is die beginsels wat toegepas word? Wat is die verskil tussen leerling en leerder?  Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord luisteraars se taalnavrae saam met Ina Strydom.

Taaldinge 22 Desember 2024 22.12.2024

Die mens berg en versamel al van die vroegste tye af in kruike en kalbasse en ander hol goed. ‘n Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Jana Luther, vertel vir Ina Strydom meer oor dié houers, en hoe die woorde in Afrikaans neerslag gevind het in uitdrukkings en spreekwoorde.

Taaldinge 15 Desember 2024 15.12.2024

Ina Strydom praat met Nadine Fouché-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaans-grammatika vir die onderwys, oor bysinne.

Taaldinge 8 Desember 2024 08.12.2024

Waar kom Afrikaanse vloekwoorde vandaan? Die taalkundige, Prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom meer oor die herkoms van karnallie, maaifoedie en gigolo; en hy praat ook oor vloekwoorde as belangrike aanduiders van taalverandering.

Taaldinge 24 November 2024 24.11.2024

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) bied ‘n groot aantal dienste en projekte aan, en dié lys groei jaarliks aan. Die bestuurshoof, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom wat alles die afgelope jaar gebeur het.

Taaldinge 17 November 2024 17.11.2024

Verskeie studies het reeds die groot leesbegripprobleem by Suid-Afrikaanse skoolkinders uitgewys. Prof. Elize Vos van die vakgroep Afrikaans in die NWU se Fakulteit Opvoedkunde, vertel vir Ina Strydom meer oor die probleem, die strategieë om dit op te los, en watter rolspelers betrokke is en moet wees.

Taaldinge 10 November 2024 10.11.2024

Baie taalgebruikers sukkel met die los en vas skryf van woorde, en dikwels word gesê “een begrip is een woord”, maar dit is nie ‘n goeie maatstaf nie. VivA se projekbestuurder: skoolgrammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten, verduidelik aan Ina Strydom watter meer doeltreffende maniere daar is om te bepaal of woorde los of vas geskryf moet word. En dan is daar nog altyd die Afrikaanse Woo...

Hallgasd a(z) Taaldinge podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.