RSG

RSG Sport

Sports AF ↓ 394 epizód

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Sports

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 3.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Gholf vir siggestremdes 03.10.2026

Johan Rademan gesels met Ernst Conradie oor gholf vir siggestremdes. Die gesprek kyk na wat die sport behels, hoe dit gespeel word deur iemand wat nie kan sien nie, die status van die sport in Suid-Afrika en die komende wêreldkampioenskap.

Branderski in SA 03.10.2026

Johan Rademan gesels met Dawid Mocke oor die stand van die sport in Suid-Afrika en wêreldwyd. Hy is ‘n viermalige wêreldkampioen, en sy seun Samuel is die verdedigende junior wêreldkampioen. Dawid verduidelik ook wat banderski alles behels en die tegniese aard daarvan.

Tatjana swem weer kompeterend 03.10.2026

Viermalige Olympiese-medaljewenner Tatjana Smith het teruggekeer na kompeterende swem, twee jaar nadat sy die swempet opgehang het ná die Olimpiese Spele in Parys. Sy woon nou in die Kaap, en kon maar net nie van die swemgogga ontslae raak nie. Fritz Klaaste het met haar gesels.

Boogskiet in SA 03.10.2026

Johan Rademan gesels met Wilhelm Greeff, die bestuurshoof Boogskiet Suid-Afrika, oor die stand van die sport in Suid-Afrika ná 'n baie suksesvolle nasionale kampioenskap in Jeffreysbaai. Die gesprek raak aan die tegniese deel van die sport, klubs, ontwikkeling en die bevordering van boogskiet.

Tussen die sportblaaie: KITSIE: MEMOIR OF A BOMB-SQUAD BOK 03.10.2026

Heinrich Schulze blaai deur Michael Vlismas se boek, KITSIE: MEMOIR OF A BOMB-SQUAD BOK.

Koffiesport 3 Oktober 2026 03.10.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Sporttrivia: Verre Noord Rugby 26.09.2026

Heinrich Schulze kyk na die geskiedenis en bydrae van die Verre Noord-streek (Limpopo) tot Suid-Afrikaanse rugby.

Dwelms in sport (Deel 2) 26.09.2026

Phil Loots gesels met dr. Louwrens Erasmus, ‘n provinsiale atleet, bekroonde sportadministrateur en spandokter van skool- tot internasionale vlak, oor dwelms in sport. Juice, sap, steroïede, sportdwelms, wat jy dit ookal noem, is 'n wesenlike probleem. Daar word selfs gesê dat skoolkinders meer skuldig is aan "juice"-gebruik. Hoe kan dit beheer word? Hierdie gesprek en strek oor paar episodes. Dis...

Koffiesport 26 September 2026 26.09.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Kittie is ’n voorste toutrekker 26.09.2026

Kittie Terblanche is Tug of War International Federation se Vroue Toutrekker van die Jaar vir 2026. Phil Loots gesels met haar om agter die kap van die byl te kom van toutrek in Suid-Afrika en wêreldwyd.

Marnus van Huyssteen oor e-sport 19.09.2026

Marnus van Huyssteen, hoof van ASEM Corporate, gesels oor Varsity Esports, die toename van mededingende e-sport onder studente en die geleenthede wat dié vinnig groeiende bedryf vir jong Suid-Afrikaners skep.

Op die pedale: RSG spanlede voltooi die 35km MTB Classic 2026 19.09.2026

RSG se Carla Mackenzie en Anmané Eckhard het aan die MTB Classic 2026 deelgeneem. Hulle vertel van hulle ervaring van die roete, die uitdagings en die lekkerte van bergfietsry.

Breyton oor Bokke, All Blacks 19.09.2026

Breyton Paulse gesels oor die eeuoue Springbok-All Black-wedywering, die passie van twee rugbylande en die rol van rugby in Suid-Afrika se identiteit. Hy deel ook sy perspektief op speelstyle, die belang van spanidentiteit en Rassie Erasmus se invloed op die Springbokke se sukses.

Tussen die sportblaaie: THE BOK WAY 19.09.2026

Heinrich Schulze blaai deur PJ Claasen se boek, THE BOK WAY: UNLOCKING THE SPRINGBOKS’ SECRET TO PERFORMANCE, CULTURE AND SUCCESS IN BUSINESS.

Koffiesport 19 September 2026 19.09.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Darryn Binder wen MotoAmerica Supersport in debuutseisoen 19.09.2026

Nadat hy die wereld van MotoGP aan die einde van 2025 vaarwel geroep het, het Suid-Afrika se Darryn Binder geskiedenis gemaak deur vanjaar se MotoAmerica Supersport-titel in sy debuutseisoen in te palm. Dive Bomb Darryn soos hy alom bekendstaan, het met dié titel nuwe vuur in sy loopbaan geblaas, en mik nou selfs hoër.

Koffiesport 12 September 2026 12.09.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Kitsie: Memoir Of A Bomb-Squad Bok 12.09.2026

Phil Loots gesels met sportskrywer en verslaggewer, Michael Vlismas, oor sy boek, KITSIE: MEMOIR OF A BOMB-SQUAD BOK. Onderwerpe wat belig word is die dinamiek agter die skryf van 'n memoir soos hierdie een, die man agter die rugby: van skoolseun tot internasionale rugbyster, die nekbesering wat Steven Kitshoff se loopbaan tot stilstand geruk het, en sy lewe ná rugby.

Dwelms in sport (Deel 1) 12.09.2026

Phil Loots gesels met dr. Louwrens Erasmus, ‘n provinsiale atleet, bekroonde sportadministrateur en spandokter van skool- tot internasionale vlak, oor dwelms in sport. Juice, sap, steroïede, sportdwelms, wat jy dit ookal noem, is 'n wesenlike probleem. Daar word selfs gesê dat skoolkinders meer skuldig is aan "juice"-gebruik. Hoe kan dit beheer word? Hierdie gesprek en strek oor paar episodes. Dis...

Sporttrivia: Die All Blacks van 1928 12.09.2026

Heinrich Schulze gesels oor die All Blacks van 1928, en 'n 98-jaar oue wedstrydprogram.

Koffiesport 5 September 2026 05.09.2026

'n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met 'n effense tong-in-die-kies-benadering.

Amy du Plessis, die Suid-Afrikaner van Nieu-Seeland 05.09.2026

As jy verby die geraas van die Bokke en die All Blacks se kragmetings kyk, sien jy ander karakters. Een van hulle is Amy du Plessis van die Black Ferns. Fritz Klaaste het haar by die FNB-stadion opgespoor.

Die fenomeen Bayanda Walaza 05.09.2026

Kan jy vir Matthews “Loop en Val” Motshwarateu se unieke hardloopstyl onthou? Suid-Afrika se nuwe naelloopsensasie, Bayanda Walaza, ontlok net soveel gesprek oor sy styl. Fritz Klaaste kyk na Walaza se prestasies en uniekheid.

Tussen die sportblaaie: MR WILMAN’S MOTORING ADVENTURE 05.09.2026

Heinrich Schulze blaai deur Andy Wilman se boek, MR WILMAN’S MOTORING ADVENTURE: TOP GEAR, GRAND TOUR AND TWENTY YEARS OF MAGIC AND MAYHEM

Die droommyl (Deel 2) 29.08.2026

Sydney Maree het sy eerste droommyl in 1987 gehardloop toe hy nog op skool was - 3:57.9. Sy beste tyd stel hy in 1981 op - 3:48.83. Hy is steeds die enigste gebore Suid Afrikaner wat die myl onder 3:50 kon hardloop. Wat is ’n droommyl, en waarom is dit so ’n besonders? Die Dagbreek-straatmyl vind op Woensdag 7 Oktober in Victoriastraat, Stellenbosch, plaas. Daar is sewe wedlope met 17 afdelings, e...

Hallgasd a(z) RSG Sport podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.