RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 epizód

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Health

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 4.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Leefwêreld van die gestremde 12 Junie 2022 12.06.2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede, wat die afgelope 85 jaar ondersteuning en hulp aanbied. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwasse persone met verstandelike en liggaamlike gestremdhede in Mpumalanga.

Leefwêreld van die gestremde 5 Junie 2022 05.06.2022

Fanie du Toit gesels met Janine Stampher van Camphill Village aan die Weskus. Dit is in 1964 gevestig, en was die eerste sentrum vir gestremde volwassenes in Suid-Afrika. Hulle maak plaasprodukte, en is veral bekend vir hulle rogbrood. Jacqui January gesels met Jessica en Johannes Gribb, ‘n blinde paartjie wat voluit lewe en nou goud los geslaan het in die Nasionale Rolbalkampioenskap in die afdel...

Leefwêreld van die gestremde 29 Mei 2022 29.05.2022

Fanie du Toit gesels met 'n ma oor die hantering van gestremde en nie-gestremde kinders in dieselfde huishouding. Jacqui January vind meer uit van die maatskaplike dienste wat Badisa aan die mees kwesbare persone lewer. Hulle sorg vir ouer mense met funksionele gestremdhede en jong kinders en gesinne in nood.

Leefwêreld van die gestremde 22 Mei 2022 22.05.2022

Fanie du Toit gesels met Tersia de Kok oor die hearX Stigting. Hulle fokus op die bewusmaking van wat blootstelling aan geraas vir lang periodes aan jou gehoor doen. Jacqui January gesels met Alcinon Cloete van Steinkopf in Namakwaland oor die Namaqua Wheelchair Clinic, ‘n nie-winsgewende maatskappy wat rolstoele te herwin, herstel en onderhou vir behoeftige mense. Dit is die enigste maatskappy in...

Leefwêreld van die gestremde 15 Mei 2022 15.05.2022

Die Tygerberg Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede bestaan al sedert 1932.  Van die grootste uitdagings waarmee hulle te kampe het, is openbare vervoer vir persone met gestremdhede. Gebaretaal word by die Universiteit van die Vrystaat aangebied, en sowel doawe as horende studente kan in die vak fokus tot op doktorale vlak. Daar is nou ook ‘n aanlynkursus beskikbaar vir die publiek wat ge...

Leefwêreld van die gestremde 8 Mei 2022 08.05.2022

Akteur Erik Holm vertel van sy houtdraaiwerk, en hoe hy as kwadrupleeg weer moes leer om kitaar te speel. Aniki Theart is ‘n dansinstruktrise en afgetrede onderwyseres. Sy het n.a.v. haar eie uitdagings begin dans, leer nou vir kinders met gestremdhede om ook te dans.

Leefwêreld van die gestremde 1 Mei 2022 01.05.2022

Fanie du Toit gesels met akteur Erik Holm oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot die ongeluk waarin hy sy nek gebreek het. Jacqui January gesels met 'n joernalis en skrywer oor navorsing wat is gedoen is oor die impak wat verslagdoening oor geestesongesteldhede op joernaliste het.

Leefwêreld van die gestremde 24 April 2022 24.04.2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat, en 'n projek vir werkskepping vir persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met rolbalspeler Herman Scholtz. Hy het slegs 5% sig, en is al plaaslik en internasionaal bekroon vir sy vaardighede as rolbalspeler.

Leefwêreld van die gestremde 17 April 2022 17.04.2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van Epilepsie SA. Jacqui January gesels met 'n enkelma oor die uitdagings van ouers met kinders met spesiale behoeftes en gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 10 April 2022 10.04.2022

Fanie du Toit kry antwoorde na aanleding van luisteraarsvrae oor die rabat op die invoer van aangepaste voertuie. Emile Gouws gesels ook saam oor outisme. Jacqui January gesels met 'n boervrou wat, ná 'n motorongeluk, 'n tetrapleeg is.

Leefwêreld van die gestremde 3 April 2022 03.04.2022

Fanie du Toit gesels met Jakkie Pieters, 'n rolstoelgebruiker, oor onsekerhede en ondersteuning ná 'n traumatiese ongeluk. Jakkie gee ook praktiese raad en idees oor die hantering van 'n gestremdheid. Jacqui January hoor van Deone Erasmus, wat siggestremd is, en haar seun wat Suid-Afrika in Julie by die Wêreld Lyndanskompetisie in Engeland sal verteenwoordig.

Leefwêreld van die gestremde 27 Maart 2022 27.03.2022

Fanie du Toit praat met  Gavin Davids oor die werksaamhede van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede in die Vrystaat. Jacqui January gesels parapleeg Brunhild Strauss.  Hy vertel van sy deelname aan ‘n 109 km fietsresies om geld in te samel vir rolstoele vir mense in sy gemeenskap in Namakwaland.

Leefwêreld van die gestremde 20 Maart 2022 20.03.2022

Fanie du Toit gesels met 'n ma oor haar verhouding met haar dogter wat Downsindroom het. Sy vertel ook van die verhouding met die ander kinders in die gesin. Jacqui January kyk na Meervoudige Sklerose. Wêreldwyd kry meer vroue as mans dit, en dis ongehoord in die meeste Afrikalande en lande naby die ewenaar.

Leefwêreld van die gestremde 13 Maart 2022 13.03.2022

Fanie du Toit praat met Emile Gouws, wat met outisme gediagnoseer is. Hy is aangewys as raadslid van die  Internasionale Outistiese Navorsingsraad. Jacqui January leer meer van van die interessanthede van gebaretaal, soos die rol van 'n werkwoord  en gebaretaal as 'n universele taal.

Leefwêreld van die gestremde 6 Maart 2022 06.03.2022

Fanie du Toit vind meer uit oor post-polio-sindroom en hoe dit behandel word. Jacqui January gesels met Yolande van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Oudioloë oor Wêreld Gehoordag wat op 3 Maart gevier is. Sy vertel van die hoofoorsake van gehoorverlies, waarvan geraas bo aan die lys is. 

Leefwêreld van die gestremde 27 Februarie 2022 27.02.2022

Fanie  du Toit kyk na die outismespektrum, en idees vir  gestruktureerde dramaterapie. Jacqui January gesels met ‘n ma oor haar tienjarige seun met spesiale behoeftes. Sy vertel van die waardevolle lesse wat sy by haar seun geleer het,  wat nie die vermoë het om homself in woorde uit te druk nie.

Leefwêreld van die gestremde 20 Februarie 2022 20.02.2022

Fanie du Toit kyk na redelike akkomodasie in die werkplek. Sy gas vertel van die leemte t.o.v. die bewusmaking vir die behoeftes en benodigdhede van mense met gestremdhede. Jacqui January hoor watter hulp daar is vir volwassenes met gestremdhede om 'n profiel op die internet op te stel vir werkplasing. Die profiel is toegangklik vir werkgewers deur 'n eenvoudige elektroniese proses.

Leefwêreld van die gestremde 13 Februarie 2022 13.02.2022

Fanie du Toit kyk na die opleiding van gidshonde en hoe siggestremdes te werk kan gaan om te registreer vir 'n gidshond. Jacqui January gesels met 'n vrou wat haar vierjarige babaseuntjie aan die dood moes afstaan a.g.v. 'n seldsame kanker. Sy vertel van die gesin sy uitdagings, en van Rainbows and Smiles wat ondersteuning en hulp aan ouers bied.

Leefwêreld van die gestremde 6 Februarie 2022 06.02.2022

Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat serebraal gestremd is. Sy vertel van die verskilllende uitdagings van volwassenes en kinders met hierdie toestand. Jacqui January kyk na die aanpasbaarheid, aanvaarding en selfverryking om met jou uitdagings en gestremdhede saam te leef.

Leefwêreld van die gestremde 30 Januarie 2022 30.01.2022

Fanie du Toit kyk na die ondersteuning, hulp en praktiese raad wat die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede aan gestremdes bied. Jacqui January kyk na die aanpasbaarheid van kinders met gestremdhede by skole en in koshuise.

Leefwêreld van die gestremde 23 Januarie 2022 23.01.2022

Fanie du Toit hoor van die uitdagings van nieregeringsorganisasies en die dienste van die Nasionale Departement van/vir Persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n geleentheid vir mense met gestremdhede om opgelei en geplaas word te word in die arbeidsmark.

Leefwêreld van die gestremde 16 Januarie 2022 16.01.2022

Fanie du Toit hoor van 'n onafhanklike sentrum wat 'n tuiste bied en hulp verskaf aan mense met mobiliteitsuitdagings. Jacqui January hoor van die Kaapstad Vereniging vir Persone met Fisiese Gestremdhede, wat help met basiese voedselnood.

Leefwêreld van die gestremde 9 Januarie 2022 09.01.2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede en uitreikaksies van die Upington en Benede Oranjerivier vereniging vir persone wat leef met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres wat spesialiseer in gebaretaalonderrig. Sy vertel van die uitdagings en interessanthede om 'n taal aan gehoorgestremde studente te leer.

Leefwêreld van die gestremde 2 Januarie 2022 02.01.2022

Fanie du Toit gesels met 'n kwadrupleeg wat ondersteuning bied aan ander met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n parapleeg wat in die Wes-Kaap reis. Hy gee terugvoer oor die toegangklikheid van die toeristegeriewe vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 26 Desember 2021 26.12.2021

Marlene Swiegers vertel van die uitdagings wat met outisme gepaardgaan, met spesifieke verwysing na ouers en opvoerders. Tamelyn Bock is gekroon as Mej. Rolstoel SA. Sy vertel van die swaarkry en lekkerte om aan dié kompetisie deel  te neem. Sy sal Suid-Afrika in Oktober 2022 in Mexiko verteenwoordig.

Hallgasd a(z) Leefwêreld van die Gestremde podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.